Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 46 ontvang op 08/11/18

“Kind, MY kind, MY kneg! So spreek EK, JAHSHUA, die MEESTER van die WET, die HEMELE en AARDE:

MY Dogter van Sion, MY Liefling! So spreek EK, JaHWeH, EK IS WAT EK IS; JaHWeH van die Leërskare! Hoor die gedreun van MY Hartklop! GILGAL! GILGAL! Die Tyd is op MY Hande en EK berei voor vir MY kudde ‘n Seën van LIEFDE. MY Volk van Vrede, MY Volk van Waarheid… MY Oogappel!

Aan julle spreek EK, julle Geliefde VADER: Volhard nou in hierdie laaste tye met al julle ywer vir MY en MY Ryk! Gaan soek MY verlore skapies en bring vir hulle Brood vanuit hulle SKEPPER se Hand. Bring vir hulle MY Boodskap en MY Uitnodiging. Wees getrou aan die liefdesklank in julle harte en gallop ooreenstemmend MY Wil om so die Liefdeswerke te volbring in MY Naam. Sy het na MY toe gekom voor MY Voete en Sy het berig gebring dat Sy weer ‘n Woning gevind het en julle opregte gebede en seëninge het soos wierook voor MY Aangesig verskyn, LIEFLIK! EK IS en EK sê weer: EK IS GETROU AAN MY WOORD!

Maak los van die materie en neig geensins meer na die verlossing vanuit die wêreld en haar leiers nie. Twyfel geensins meer in MY Almag en Krag nie! Vertrou volkome nou op MY en aan hulle wat laste dra, dra dit met Vrolikheid van hart vir MY, want EK IS JAHSHUA! EK dra saam met julle! Bo alles sê EK aan MY Dogter van Sion: Vergewe en vergeet, bind die harte aan die hande en genees in MY LIEFDE. Bind styf teen mekaar op MY Gilgal en seën mekaar en al MY kinders met ywerige hartspraak en liefdesklank. EK kom MY Beloftes na en net soos ouds, sal EK intree vir MY Volk en daar sal geen meer smarte wees nie, omdat EK in jou midde sal wees as die LIG Self! Daarom sê EK, ontvlam julle kandelare en gee alles oor aan MY Wil van Volmaaktheid. Behou en bewaar MY Liefdesgebooie en wandel op die Weg van Wysheid en Barmhartigheid. Wandel op die Weg van Nederigheid en selfverloëning. LIEFDE - onvoorwaardelike, selfvernederende LIEFDE in so ‘n mate dat julle vir mekaar sal sterwe as opoffering van LIEFDE - die Traan van Barmhartigheid!

EK sê vir julle, elke traan van verlange na MY en MY Beloftes omskep EK in riviere in MY Hemele. Elke traan van Barmhartigheid en omgee vir julle volksgenoot omskep EK in Watervalle vanuit MY Berg van Volmaaktheid. EK sê, dit sê EK! Elke berouvolle traan wat MY kom smeek vir vergifnis, dit omskep EK in die Lewende Waters van die See van MY Barmhartigheid en met die wonde aan MY Hande verhef EK MY Gees en spreek julle VRY... VOLKOME, VRY!

MY Dogter van Sion, in MY Naam en Krag, bind alle magte van die duisternis in samesyn om MY Gilgal-Klipwiel en straal MY LIG uit in alle windrigtings en seën hulle wat jou vervloek! MY LIG-WARMTE-VUUR bestraal elke hart en soos die Pottebakker brei EK MY hartjies tot ‘n volkome MEESTERSTUK van MY LIEFDE. Wees geseënd MY Dogter, want oor jou sal MY Banier omhoog styg en MY Vrede sal jou deurdring en Bekragtig sodat jy vir MY die Moeder van MY Volk sal wees. Ja, MY Bruid, EK wil trou! Wees EEN met MY en volhard aan julle siele se skoonheid en werk ywerig om die kleed en linne te was. EK IS!

Soos die Hemele getuig van die Glansrykheid van JaHWeH,

So was daar om MY Klipwiel berouvolle klipharte gelê;

En so sal dit wees soos in die begin:

MY Nuwe Aarde en Hemele wat MY roem en julle LIEFDE besing!

Wag op MY, MY Dogter! Ons staan by die Jordaan, nog net ‘n klein rukkie MY Dogter. MY Wil moet geskied en MY Brood moet MY kinders versterk.

Wag op MY, MY Gilgaliete! Bly gefokus op MY.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205