Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 47 ontvang op 13/11/18

"Kneg van MY Liefde, wees nou gehoorsaam om hierdie Woorde van MY te skrywe aan MY wederstrewige kinders. Wees getrou met die neerpen van MY Waarheid.

MY kinders, julle wil te veel leermeesters wees en te min luisteraars! Julle is besig om my, julle VADER teleur te stel en deur julle liefdeloosheid en onregverdigheid, MY Toorn op te wek! Julle bou julle hele bestaan op 'n selfopgemaakte waarheid deur middel van ervaring, blootstelling en vorige lering wat julle ontvang het rakende die Skrif. Julle staan vas daarop dat EK stom geword het na die boek van Openbaring en probeer MY Profete van vandag stilmaak en laster. Vir julle wat die Skrif op grond van Geregtigheid bestudeer het: Geregtigheid en die Wet daarvolgens sal julle waarheid wees! Julle wat die Skrif bestudeer op grond van die LIEFDE, wat EK IS, LIEFDE sal dan julle Waarheid wees en dit sê EK: die LIEFDE is die ENIGSTE WAARHEID omdat EK vir julle hierdie Weg van Waarheid kom wys het wat na die LEWE lei, die Ewige Lewe in en deur MY.

Ongelukkig is hoogmoed, geestelike hoogmoed, so 'n groot vyand van MY dat hierdie teenpool-eienskap julle so vinnig oorneem omdat julle nie die LIEFDE opneem nie en deur die mense gesien en gehoor wil word. EK sê: Al besit julle die sleutels van al MY vorige Openbaringe en Verborgenhede en ook die van die toekomstige, as julle nie die LIEFDE het nie dan beteken dit vir MY en julle siele niks! Al besit julle al die kennis van die Skrif en het julle ook blindelings die Skrif die hele Waarheid gemaak, maar julle besef nie dat EK oneindig en Almagtig is nie, beteken dit niks!

Leraars, leermeesters, fariseërs en skrifgeleerdes, EK het dit teen julle: Dat julle MY probeer voorskryf hoe EK moet praat, deur wie en wanneer! Julle verhoed die kindertjies om na MY te kom! Wee julle wat MY LIEFDE wil afwater en verkrag om julle eie waarhede en wil te pas! MY WOORD is ewig en onveranderlik, dit sal so bly! Dit sê EK, EK IS WAT EK IS!

Julle, leermeesters, wat ook MY Evangelie van MY Liefde verkondig, maar self nie daarin eens belangstel om dit op julle eie siele toe te pas nie, wee julle! Julle handelinge is 'n gejaag na wind en lei na die dood van julle siele!

Dit sê EK, EK haat sonde! Dit is drek wat teen MY LIEFDE en GEREGTIGHEID gegaan het en steeds vermenigvuldig dit om MY kinders te laat struikel! In die begin het Adam en Eva teen MY Gebod oortree en uit MY Toorn wou ek alles wat EK geskape het vernietig omdat MY WIL nie gerespekteer was nie! Dit was NET deur die intree van MY LIEFDE, dat EK Barmhartigheid bewys het en ook die BARMHARTIGHEID OP BARMHARTIGHEID! Maar steeds dink julle dat julle kan elke saak en elke broer of suster met die Geregtigheid, wat nie eens vanuit MY is nie, maar vanuit julle klipharte, behandel en straf asof julle die Almagtige Self is! Julle dink julle het mag en krag, maar EK sê vir julle wat die LIEFDE haat en Haar nie toepas nie, ALLES sal van julle af weggeneem word en julle sal MY Oordeel tegemoet gaan met MY Woorde: " EK ken julle nie!"

Julle is eiewys en eie-ek! Julle stel net belang in julle eie voordeel en bou julle eie trone van mag en eie-eer! Dan kom julle en probeer julle skuld voor MY en MY ander kinders regverdig verklaar deur julle eie dwase denke! Julle lieg en kyk met gemaskerde oë na mekaar en dan agterna gaan julle en skinder die uiterste drek oor julle naaste! Skinder is die satan self, dit sê EK! EK weet hoe hy werk, maar julle is te blind daarvoor!

Laat EK ook nog hierby sê: die Skrif alleen sou noodsaaklik en genoeg vir julle genees het om binne een dag in MY gebore te word en Bekragtig te word met MY Staf van Volmaakte LIEFDE! Maar deur julle liefde vir die wêreldse rykdomme en drek, het julle steeds geen ag geslaan op MY, MY Waarheid of MY Liefde vir julle nie! Julle het die wette en ordes van die wêreld aangeneem en uit die gemengde bloedbeker van die hoer gedrink! Waarom dink julle bring EK steeds en steeds MY Woord aan julle deur MY knegte? EK probeer om julle terug te kry by MY, julle Liefdevolle VADER!

Julle weet nie wat julle doen nie! Maar hoeveel kere moet EK, VADER, nog met MY stoute kinders praat voor EK gaan begin pakslae gee?

MY LIEFDE kan nie benadeel word nie en die Wet van LIEFDE kan nie verbreek word nie, want dan vat julle aan MY! Wees nou oophartig teenoor hierdie Woorde van MY aan julle.

As julle die LIEFDE verkondig, DOEN dit self ook! As julle die Waarheid verkondig, DOEN Haar self ook in julle lewens, want niks is voor MY verborge nie. EK sien alles wat julle in die skelm gewaad van julle skaapsklere doen! Hulle wat eerste wil wees ten nadeel van die LIEFDE, sal deur MY heel laaste geplaas word!

MY kinders, begryp nou hierdie waarskuwing van MY, julle VADER van Liefde! Los die wêreldse denkwyses en steun nie op julle eie kragte nie, omdat EK altyd daar is om julle te lei in ELKE aspek van julle lewens. Julle moet net begin by nommer een: DIE LIEFDE.

EK IS LIEF VIR JULLE. Open julle harte en kom offer vir MY. EK sal julle bevry en Bekragtig en EK sal altyd saam julle wees. Dit tyd is so min MY kinders, werk ywerig om julle denke en harte te suiwer tot Liefde.

Weet dat EK IS GETROU in elke Woord vanuit MY en daarop kan julle steun."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205