Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 48 ontvang op 15/11/18

"MY kind, MY kneg, jou VADER is met jou al die dae van jou lewe! Moet dit nooit vergeet! Deur elke moeilike situasie en deur elke beproewing wat EK oor jou wese stuur, suiwer EK jou deur MY LIEFDE en berei EK jou voor vir jou taak vir MY Koninkryk. Wees vrolik en EK Bekragtig jou met MY Krag van Vryheid en Waarheid. MY LIEFDE sal geskied op alle vlakke en MY Wil sal in MY Volmaaktheid ontvou en soos 'n sagte Duif te lande kom op die Aarde van elke kind van my wat MY soek en wat die regverdigheid en Liefde nastreef.

 

MY kinders, ja, EK kan 'n baie streng VADER wees met MY Woorde van vermaning en tugtiging. Maar weet dat dit is niks anders as MY LIEFDE vir julle nie. MY Vaderhart brand met MY Ewige Vlam van LIEFDE en sal nooit geblus word nie, omdat julle vanuit MY is, EK IS WAT EK IS, LIEFDE! In elke situasie wat oor julle lewens kom, is EK altyd daar met MY Leiding en Rigtingwyser. Julle moet net weet hoe en waar om MY te hoor. Julle moet innerlik gekeer wees en innerlik met MY wandel, want dit is waar EK is. EK is in jul harte en sagkens lei EK julle deur Haar, MY Waarheidsmoeder. Wantrou nie meer en bo alles wil EK beklemtoon: Geduld.

Julle moet Geduld beoefen in elke situasie deur te besef dat julle nie sonder MY Wil en sonder MY Tyd kan klaarkom nie, want net deur oor te gee aan MY en MY te volg kan julle saligheid, genesing en vryheid bekom. Net deur MY Gebooie te gehoorsaam in Vertroue en Geloof, sal julle MY Beloofde Liefdesland binnegaan. Al ken julle nie nou al die pad van môre of die gesteldheid van die toekoms nie, as julle MY gehoorsaam bo alles, dan kan julle verseker wees dat julle in MY Beloftes en Seëninge sal deel hê met 'n lewe toegewyd aan die LIEFDE en Waarheid. Julle sal gelukkig wees en geen bekommernis sal julle meer verhinder nie, omdat julle totaal op die Geestelike, op MY, gefokus is! Maar julle moet oefen op julle Geduld en sagmoedigheid in elke aspek en ook met elkeen van julle broers en susters. Onthou, net soos jy wat nou hier lees en waarmee MY Gees nou praat, aan MY behoort, net so behoort jou broers en susters ook aan MY en hulle sal met Geduld en LIEFDE hanteer word. Sy aan sy moet elkeen van julle MY Wawiel van LIEFDE aan die rol hou, want Boerevolk, MY Ossewa-Ark is op reis en julle moet seker maak dat julle aan boord kom deur die LIEFDE te beoefen elke dag en te bid in LIEFDE vir mekaar. Seën altyd en vervloek nooit! Staan mekaar by in MY Naam en volgens MY Weë van die Sewe.

Gehoorsaam MY Wet van LIEFDE MY kinders en EK nader tot julle in MY Barmhartigheid en Seën."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205