Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 49 ontvang op 16/11/18

"MY kinders, lieflingskinders is julle vir MY. EK bring Rus oor julle siele sodra julle oorgee aan MY Wysheid en vertrou dat EK julle sal lei in julle lewens. Bekommernis is 'n groot gevaar vir julle sieleheil en ook liggaamlike gesondheid. Ook is bekommernis 'n gevolg van ongeloof in my en MY Beloftes dat EK vir julle sal sorg en voorsien. Ja, julle moet arbei en sorg vir julle families en broers en susters, maar julle moet balans uitoefen deur om EEN te word met MY en toe te laat dat Ons saam kan wandel op julle lewens se paaie. EK wil nie net 'n VADER vir julle wees nie. EK wil vir julle soos 'n Broer en beste Vriend wees waarmee julle alles deel en waarmee julle gemaklik kan kommunikeer oor alle sake van julle lewens. Glo MY, EK is 'n goeie luisteraar, want EK luister na MY kinders wanneer hulle met Liefde en opregte hart na MY kom en gewillig is om nederig te wees. Maar EK antwoord ook soos EK volgens MY Wysheid en Liefde handel terwille van julle sieleheil. Julle siele moet gereinig word, want soveel van julle is siek. Dit is nie lekker vir julle VADER om julle so siek te aanskou nie, daarom moet julle na MY kom en MY deur "dik" en "dun" gehoorsaam en volg sodat julle harte genees kan word en omvorm kan word tot 'n vrugbare aarde vol vrugtebome wat die mooiste helderkleurigste vars vrugte vir MY en ook andere dra.

Hou moed MY kinders en strewe altyd na die Suiwerheid en Apartgesteldheid. Meng nie met die besoedeling en verslawing van die wêreld nie al lyk dit hoe vrugbaar! MY teenpool het ook vrugtebome waarvan die dop van elke vrug mooi lyk, maar binne-in wemel dit van wurms en suur afval!

Bekommer nie verder nie, raak kalm en wees rustig in julle harte. Kom rus in MY Skoot sodat EK julle kan omvou met MY arms en weet dat julle RUS by en in MY sal vind. MY LIEFDE bevry julle en bring vir julle nuwe Hoop en Vernuwing. Volhard in die LIEFDE en wees getrou aan julle Geloftes; voeg daad by julle woorde van goedgesindheid en goedhartigheid. Volhard om julle Geloof te versterk deur julle te voed met MY Brood en Wyn.

Volg die Stem in julle harte."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205