Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 5 ontvang op 28 Julie 2018

“Skryf MY kneg, skryf met erns, vrywilligheid en gehoorsaamheid aan MY, jou Gewyde VADER, EK IS WAT EK IS! Oor en oor is dit bewys dat diegene wat MY Waarheid verwerp, nog altyd MY, MY kinders en MY knegte vervolg en verag het. Hierdie natuur wat sy oorsprong het uit die oeroue groot rebellie, gebeur binne MY Volk in MY Suid-Afrika, MY Boerevolk! EK sê vir julle, julle sal nooit ‘n Volk wees sonder opregte Liefde vir mekaar nie!

 

EK IS SPREEK! MY Klipwiel sal nie momentum verloor en teengewerk word deur enige mag buite MY nie! EK IS Almagtig en EK kies en doen volgens MY Tyd en Onbeperktheid! Julle, julle wat MY Waarheid verwerp het en MY aan die vloekhout vasgenael het, wee julle! Elke keer wanneer julle MY Liefde en Waarheid, as EEN, verwerp, nael julle MY weer vas aan die vloekhout van trotsheid en MY Bloed loop weer tot op die versoendeksel! Hoe Barmhartig is EK vir jou, o hartjie van klip! Hoeveel keer moet EK julle probeer nader en vir julle MY Hemele se Skatte en Rykdom aanbied net deur om na MY te luister?

“VADER, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” EK, die Barmhartige, EK het julle uitgenooi en nooi julle steeds uit om julle harte vir MY te kom gee en EK skenk julle die Mag van die Hemele saam met MY Hemelse Wapenrusting! Maar soos ouds, soek meeste van julle steeds ‘n aardse leier en verlossing vanuit julle eie krag of uit die krag van die mens! Waarom verwerp julle MY Krag en Liefde? MY Klipwiel in MY Sion sal aanhou draai totdat elke liewe siel wat soos slawe weg van MY af geruk was deur sonde, se hart uit vrye wil gesmelt het en na MY teruggekom het in MY Huis van Volmaaktheid. EK soek julle, MY kinders, terug by MY. Diegene wat nie wil terugkom na MY nie, gaan lees en stel ondersoek in en laat MY Gees Self soos ‘n Moeder vir julle sê wat gaan gebeur as Pa by die Huis kom na jy stout was gedurende die dag.

Voorwaar EK sê weer: Moenie voor MY kom staan en sê dat jy nie geweet het nie! Onthou, EK spreek ELKE dag met MY kinders en watter vader op jou aarde sal ‘n brief of boek skryf aan sy kind en daarna nooit weer op enige wyse met sy seun of dogter praat nie? EK IS die Lewende Woord, waarom wil julle MY beperk met julle beperkte verstand? Dit, terwyl EK vir julle sê om te EXODUS vanuit die draak wat julle vashou en julle so besig hou met die aardse! Voorwaar EK sê vir julle: Julle wat nie MY Gebod van Liefde tot MY en julle naaste DOEN nie, sal nooit verstaan nie en sal altyd blind bly met ‘n beperkte, onwyse en verharde verstand en hart! Julle is besig om te twis oor kleinlikhede en wie die meeste weet oor MY sake, maar binne julle harte is die stormwaters so onstuimig dat julle skip sink! Julle anker is nie in MY, die Oneindige Allerhoogste nie! Julle kan nie eens op die water loop nie, want julle vertroue is halfhartig.

MY Dogter MY Dogter! MY Fonteine het in jou oopgegaan en MY liefdesreëns het oor jou gekom! MY harte wat julle vir MY geoffer het, sal smelt en is besig om te smelt deur julle wat MY eerste soek, MY gehoorsaam, MY Liefdesgebod tot MY en julle naaste doen en ook, julle wat MY Koninkryk soek in Gees en Waarheid, julle Trooster!

Wee julle wat die Liefde verag en MY Wet vertrap! Wee julle wat MY knegte en dienaars vervolg en verswart by julle broers, want daar staan geskrywe: “Met die spotters sal gespot word!”. Waarom verwerp baie van julle MY Beloftes en MY Verordeninge? Julle wat MY Waarheid verwerp in ruil vir julle mensgeleerde waarheids-leuen! Julle moet julle eie trotsheid-beeld binne julle harte afbreek, want as jy MY wil vind, mag daar GEEN afgod in jou hele aarde, hart, siel, verstand en wese aanwesig wees nie! Kom na MY, raak rustig in jou hart en maak staat op MY Krag. Wanneer jy Woord en Brood ontvang op enige wyse, kom daarmee na MY en eet MY Brood in MY teenwoordigheid. Laat EK in jou hart spreek en luister aandagtig en met erns en fokus. Raak sag in jou hart en kom na MY Gilgal Klipwiel wat draai en in jou lewe sal die arend se gesang uitrys bo die kraai.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205