Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 51 ontvang op 25/11/18 01H00

"Julle sal vir MY 'n volk wees en EK sal vir julle VADER en LEIER wees; julle HEILAND en ELOHIM sal EK wees omdat julle MY as eerste LIEFDE bo alles gestel en gehoorsaam het uit brandende LIEFDE.

MY kneg, MY Liefdeskneg, skrywe vir MY in die vroeë oggend uur; skrywe vir MY voor die sonsopkoms vir die nuwe dag, want die tyd is NOU!

MY Dogter van Sion, MY Sionsvesting! Wees vrolik in MY! Dit sê EK: loop oor van Vreugde en lof omdat EK, die LIEFDE, julle Bekragtig en MY Beloftes sal EK gestand doen! Eer MY elke dag, elke uur, elke minuut; met elke gedagte, met elke woord en elke daad, wees VRUGBAAR en die Vrugte van MY Volmaaktheid sal julle voed en EK sal al hoe meer LIG ENERGIE deur julle siele en harte straal vanuit MY Vaderhart. Aan julle wat EK dit bekend gemaak het en vir julle wat weet, dit sê EK: neem nou die Staf van LIEFDE en WAARHEID in MY op en verrig julle take en arbei VURIG in MY Wingerd! Die tyd is byna op en EK sal met hulle afreken wat MY vervolg en vervloek het; ook hulle wat die besoedeling as suiwer en die suiwere as besoedeld verklaar en MY kinders so onderrig het en sodoende hulle siele tot 'n verdere val gebring het.

Vandat MY Gilgal-Klipwiel opgerig is het daar baie verwikkelinge tot stand gekom deur MY VOLMAAKTE WIL en ORDE. Meer en nog meer sal aan julle openbaar word MY Boere-Gilgaliete wat MY liefhet en die Verbond bewaar in julle harte van liefde. Maar dit sê EK! Luister o ganse Aarde! Luister o Hemele:

DAAR KOM 'N NUWE DAG!

Berei voor! Wees gereed! EK sê weer: Wees gereed met julle ywerige harte van liefde, wees vinnig met jul voete om die armes te help, wees passievol met jul hande om MY kinders te voed. Wees vinnig om aandagtig te luister met harte vol suiwerheid en liefde, met 'n oop gemoed, gefokus op MY Wil en julle Moedertrooster, MY GEES VAN WAARHEID!

Daar kom 'n nuwe dag! Dit sê EK! Volhard MY kinders en seël julle af binne MY LIEFDESLAER, MY GILGAL! Volhard om julleself te verbeter, aanhoudend gefokus op MY hart inspraak in julle. Maar wees nie meer bewoë en hartseer nie MY kinders! Maak los van wat agter julle is en wees nie soos Lot se vrou nie. Die tyd is NOU en NOU is die tyd dat julle elke las en elke wond voor MY Voete kom plaas en in ALLE Geloof oor te gee aan MY. Vergewe mekaar MY kinders. Dit is een ding wat julle gekluister en gevange hou, en dit is onvergewensgesindheid. As julle mekaar nie kan vergewe nie, hoe verwag julle moet EK julle dan nou vergewe en ook, hoe sal julle dan ooit kan VRY wees?

Vergewe en seën hulle wat jou benadeel en die wonde aan jou hart en siel veroorsaak het. Want dit sê EK: Net deur die selfverloënde selfvernederende Barmhartige LIEFDE sal julle volkome Vryheid vind in en vanuit MY, die EWIGE Bron en Oorsprong van alle bestaan en lewe. Julle moet begin LEWE MY kinders en hierdie LEWE sal julle vind, maar net as julle WIL. Die WIL moet daar wees, want EK kan julle nie dwing nie, MY kinders. Julle moet WIL vergewe en genees. Julle moet WIL om MY met alles te vertrou en dan ook moet julle kan WIL om MY dan te gehoorsaam in LIEFDE BO ALLE LIEFDE.

Staan mekaar by in Gees van Liefde en sy aan sy op MY Liefdeswiel sal julle mekaar ondersteun en MY Saad van LIEFDE sal in julle harte neerdaal en julle sal Bekragtig word met MY Ewige Seën! EK IS! EK IS HY wat die ALLEEN ENIGE en EWIGE IS! Dit is EK MY kind, EK het jou lief! Neem op MY Barmhartigheid en vra MY vir Krag en so is jy geseënd met die LEEU wat aan jou sy loop."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205