Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 55 ontvang op 07/12/18

"Skrywe vir MY GEES en luister na MY Woord, MY kneg van LIEFDE. Hierdie moet aan MY Volk oorgedra word.

MY land, Suid-Afrika! Oor MY land sal EK MY Grimmigheid van Swael laat neerreën oor al die ongeregtighede en besoedeling wat gepleeg word. MY Boerevolk, luister na MY Stem! Die sprinkane sal alles verteer en die gediertes sal alles plunder wat julle so liefhet en verafgod! Alles sal van julle af weggeneem word, julle wat MY nie wou gehoorsaam nie! Daar kom 'n baie duistere nag oor julle land en die gees van die doderyk sal tussen julle kom sweef en die gif van die vervloekinge oor julle hoofde bring omdat julle ongeregtigheid tot bo aan die Hemele strek! Julle besoedeling en dwaasheid stink!

Maar vir julle wat MY aanbod van Beskerming en Verlossing aanvaar het met passie en LIEFDE, aan julle sal EK MY Beloftes gestand doen en geen haar op julle hoofde sal roer sonder dat EK daarvan weet nie. EK sorg vir julle! Vir julle wat nog nie te hore gekom het nie en wat nog in die gees van dwaling vasgevang is, hoor die Stem van Waarheid! Luister na Haar geroep in jul harte! Op die heel einde sal daar niemand wees wat vir MY kan sê dat hulle nie geweet het nie! Julle het 'n keuse of julle in die komende swart en rooi storms julle alles wil verloor en julle siele ook saam daarmee wil verloor. Julle moet kies of julle wil LEWE in MY en of julle vir ewig vir sterwe en 'n gevangene van vrees en gekners van tande wil wees. MY tyd is byna op en MY Beker van Toorn is vol! Hierdie is een van die LAASTE waarskuwings aan julle om julle liefdeloosheid en hoogmoed te staak en om na MY te kom sodat julle gewas kan word! Maar wee hulle wat hierdie Woorde van MY hoor en dan met 'n valse hart voor MY kom pleit vir Genade. Want EK stel geensins belang in louwarm harte wat twee meesters wil dien nie! Julle moet nou kies: LIEFDE SAAM MY OF HAAT EN SMART SAAM MY TEENPOOL! Dit is julle vrye wil wat julle uitvoer.

Neem nou MY Woorde en alle Openbarings vanaf MY deur alle Knegte vanuit MY ERNSTIG op en luister wat EK, julle liewe VADER en VERLOSSER te sê het! Waarom dink julle is EK JAHSHUA so streng in hierdie tyd? Dink julle EK is 'n EL van HAAT?! Dink julle EK geniet dit om Oordeel te bring oor hulle wat MY haat en MY kinders en volk vertrap? Dink julle EK het net 'n HART vol KWAAD dat EK so streng vermaan in hierdie tyd?! EK is so teleurgesteld!!"

(invoegsel: net na hierdie Woorde toe weergalm daar die alles-verskriklike donderweer in my hart en ek sien in my geestesoog hoe die hele aarde beef en hoe al die planete geskud word.)

"EK IS LIEFDE! Is dit nie die LIEFDE wat hier met julle praat nie? Wat dink julle is EK, julle dwase fariseërs en skrifgeleerdes! En jy Edom, jou dae is getel, so spreek die ALMAGTIGE VAN ABRAHAM, ISAK EN JOU BROER JAKOB!

HUIS VAN JUDAH! Hoor die Stem van jul VERLOSSER JAHSHUA! Volhard sonder vrees en ongeloof in MY en hou steeds aan om MY ander kinders te voed soos 'n Moeder. Doen dit in nederigheid, volgens Wysheid en MY alles omvattende en onvoorwaardelike LIEFDE.

Geloftevolk van MY VADERHART, dit is die aanloop tot ONS GELOFTE! Julle moet nou elke dag die Ramshoring blaas van LIEFDESDADE en julle moet sing sing sing! Vir julle, MY Boere-Gilgaliete, wat skouer aan skouer staan op MY WIEL: julle sal geseënd wees en Bekragtig word deur MY.

Vreesloos... MY kinders, VREESLOOS saam met DIE LEEU AAN JULLE SY! GEHOORSAAM MY vanuit LIEFDE uit jul harte! Vir julle wat nog nie gehoor het nie: Kom lê julle klipharte op MY Wawiel in Sion sodat die Draak sal wyk voor die Vier Wiele van die Boere-Ossewa! Die Jordaan se Waters sal MY GEHOORSAAM! Alles vir julle wat vir MY oopgemaak het en alle EER TOT MY! Want MY NAAM SAL VERHEERLIK WORD! EK IS WAT EK IS!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205