Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 59 ontvang op 14/12/18

“MY Geloftevolk, julle moet meesters oor julleself word en dan daarna ook meesters oor die elemente om julle, die natuur-skepping. Hoor wat EK vir julle sê op hierdie dag waarop die Son van Geregtigheid oor die horison van julle Aarde omhoog begin styg. Hierdie Son is EK wat LIG en WARMTE bring oor die vroegoggend Dou Druppels. Die veldblomme van jul Aarde word bestuif deur die Gees van Vertroosting en EK sê dat alles sal terugkeer na BALANS! Binne-in MY Koninkryk is EK gereed saam met al MY skare Boodskappers en Knegte van Apartheid en Waarheid. Vier Arende het so pas neergedaal oor MY Dogter van Sion en Hulle Vleuels is wyd uitgestrek oor MY Dogter. EK sal Haar bewaar en bekragtig met MY Staf van LIEFDE en VRYHEID. Daar is ‘n Berg oorkant die riviere van Kus, MY Berg! Onthou wat EK julle gesê het: MY Fonteine het oopgegaan en die laatreëns daal neer om julle Aarde te bevogtig en te bevrug met Nuwe Krag vanuit MY.

Die Riet wat geknak is in dorre droogland, sal weer omhoog opgerig word in Gelofteland, LEWENDE WATERLAND! Die hele wêreld sal sien dat EK IS WAT EK IS, en EK IS die BANIER van MY Boerevolk! Die Nuwe Dag, MY Dag, Julle Dag, ONS DAG! Hoor MY Dogter, hoor MY Getroue Volk! Edom sal deur MY weggedrywe word en voor MY Aangesig sal alle ongeregtigheid wegsmelt voor die Vuur van MY Toorn! Want GEEN sonde of duisternis bestaan in MY nie! EK wil hê dat dit ook so met julle sal wees. Lig herken LIG en die LIG weet wie is Lig, want vanuit die LIEFDE kom LIG, die OERBRON van VOLMAAKTHEID en VREDE! Die toring van Babel en die stad van Babilon is kragteloos gestel deur MY Toring van Migdol, MY Bergvesting, MY Berg van Apartheid, MY Oogappel, MY Hart se Punt!

Kniel nie voor Baäl en buig nie voor Egipte nie! Wees wakker, MY kinders en sluimer nie nou in hierdie Tyd van Beproewing en Loutering nie. MY Roosblom, ROOI van GLANS pyl jou LIEFDE tot in MY VADERHART en die armes het jy gevoed en aanvaar binne-in jou mure. Trane sal daar nie meer wees en smart en moord sal verbygaan. Leuens sal wyk en bedrog sal tot niet gaan, want EK as LIG, LEWE, LIEFDE bestraal en genees alle wonde van verraad, MY Boere. MY Boervroue en boerkinders, lank terug in konsentrasiekamp was julle noodkreet-traan gestort op MY Voetbank. Julle noodroep is verhoor en VERTROOSTING en VERLOSSING is julle Erfdeel en jul wonde sal EK omvou met MY Wonde aan Hande en EK sal HARTE aan HANDE bind tot verheerliking van MY die LIEFDE! Getrou is EK aan MY Woord!

MY Aarde sal geskud word en beef! Die ongeregtigheid sal tot in haar fondamente verkrummel word! Maar gedurende MY Tyd van Toetsing en Suiwering, sal EK al julle aardse liefdes van julle af wegneem en EK sal nasies gebruik as ‘n sweepslag van Tugtiging omdat EK, VADER SY kinders LIEFHET en EK kan dit NIE oor MY Hart kry dat een van MY skapies verlore gaan nie. Genees, MY kinders en staan dapper op en kyk omhoog in die Wolke en sien MY! MY Genade en Barmhartigheid is vir julle genoeg, maar julle moet OPSTAAN met wilskrag vanuit dapper hart!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205