Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 61 - Boodskap ontvang op 19/12/18

Daar het 'n Dag aangebreek in die geskiedenis van die Aarde... In die geskiedenis van JisraEL! In die geskiedenis van die Huis van Judah! Maar hierdie is geen geskiedenis wat verbygaan nie, maar eerder, die TOEKOMS!

16 Desember 2018 (Gehou by Dogter van Sion)...

GELOFTEDAG SAAM MET JAHWEH/JAHSHUA! Geloftedag saam my, Daniel, se liefste broers en susters. My liefde vir hulle is te groot om in aardse taal se beskryf...

Op die Laer van Gilgal, versamel VADER's kinders; Boere, Boerinne en Boerkinders met harte kloppend in afwagting van BLYDSKAP en OORWINNING en... VRYHEID!

Op die Vesting van SION daal die Arende neer en die Engeleskare versamel en bind harte aan hande voor die Aangesig van HOM en HAAR as EEN! Die seëlring in die mond van die Duif en die Wolkkolom daal neer oor SY BERG van APARTHEID en LIEFDE.

Ons sing en sing en sing! JAHSHUA se Diensvolk sing!

Knielend omvou in Gelofte-Woord voor die Troon van Volmaaktheid... Smekend boerehart voor U MAJESTEIT JAHWEH en ons pleit U Barmhartigheid en Krag!

Vergeef ons ons sondes en bevry ons van hom en haar wat U Volk byna amper verslind het en die Trourok bevlek het! VERGEEF ons!

U was daar en tussen ons het U vertoef in Moedergewaad en U het met traan na Boerekinders gekyk en op hierdie Dag, die DAG VAN ONS GELOFTE, het U ons aangeneem en die Huis het U behaag! 'n NUWE TYD BREEK AAN! U was ons! U genees ons!

Die Tyd waar die kindertjies die Ossewa trek met U, as Bruidegom, en U Bruid wat daarop sit... as EEN! Dapper met Liefdes-aandrywing trek Harte van GELOOF die Ossewa na die POORT van JERUSALEM en die strooimeisies bring eerbied voor die Wawiele van die Twaalfspeek! HARTE smelt en siele vermeld: DAAR IS HY, die Tyd het aangebreek!!!!

Die 5 Maagde roep en roep: KOM!!!!

Op 19 Desember, het my, Daniel, se gees ontwaak met Hemeleklank-woorde en ek sien Haar in WITGLANS beklee en uit Haar mond spreek SY: "MY Kind, MY Boerevolk, hoor MY geklank! Die Twee Geloftes: Bloedrivier en Gilgal Wiel - Hulle is die Twee Getuies! Hoor en sien! Dit is die Twee Getuies voor die AANGESIG van EK IS! Julle is SY OOGAPPEL en SY HART se Punt! Die Laatreëns van SEEN breek aan en die Tyd van Oorwinning is HIER! Die Twee Olyftakkies straal van GROEN en LEWE! Die Oes is gereed! MY MAN MY MEESTER, MY OPPERPRIESTER betree JERUSALEM, SY Stad van SION!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205