Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 66 ontvang op 28/12/18

"Daar is nog baie Water wat vanuit MY Hemele moet neerdaal om die saad van Geloof te laat ontkiem en te laat groei tot vrugdraende bome van prag en Lig.

MY Boere-Geloftevolk, wees nie bevrees oor die nag wat aanbreek en die oorlog wat dreig nie, want hulle wat MY as hulle EERSTE LIEFDE het sal niks oorkom en hoef niks te vrees nie. Julle Geloof moet versterk in MY en MY Beloftes. Vir julle wat nog verslaaf is aan die wêreldse besoedeling, hierdie is weereens MY oproep aan julle om daaruit te kom en te besef dat sulke drek baie skadelik is vir julle sieleheil. Julle moet Apartgestel bly binne MY LIEFDESLAER van Apartheid. Julle moet alle versoekinge bestry met MY Krag en Wysheid en bestry dit met Geloof en Werksame Wil. Wees 'n oorwinnaar!

Die nag van oorlog wat aanbreek en wat dreig om MY kinders uit te wis, dit sal 'n erge stryd wees met trane wat byna nie ophou sal vloei. Riviere van bloed sal daar wees en smarte sal hulle beetpak wat MY kinders vervolg het en ook hulle wat MY en MY Wet van LIEFDE onge­hoorsaam was. Net soos in die tyd van Noag word julle oor en oor gewaarsku om julle aardse denkwyses en ongehoorsaamheid te stop en om terug te kom na MY Weë van LIEFDE en WAARHEID. Maar die tyd is byna hier waar hulle wat nie wil luister nie, beetgepak sal word met die Gees van Verskrikking en EK sal besoeking doen en hulle besig vind met afgodery, lastering, vloek, seksuele misdaad, verbastering en liefdeloos­heid. Hulle sal pleit by MY vir Genade met onopregte hart wat sonder Liefde is vir MY, maar EK sal aan hulle sê:" EK ken julle nie omdat julle nie MY ken nie. En weet dat jy geen verskoning het nie omdat jy oor en oor gewaarsku was deur MY GEES en Woord!" Hulle sal 'n baie erge leerskool binnegaan en daar sal 'n gekners van tande wees omdat hulle die dogter van Babilon aangehang het uit trotsheid en hoogmoedige harte.

Maar MY kinders, julle moet volhard om MY Woord uit te dra en wees lewende voorbeelde van dapper kinders wat hul Skepper wil behaag te alle tye. Word een met MY in hart en siel. Wees LIEFDE BO ALLE LIEFDE met julle hele hart, siel, verstand en wese. EK het vir julle 'n Laer geskep deur MY GEES VAN WAARHEID. Julle word steeds uitgenooi om MY Gilgaliete te wees, want die Jordaan lê voor Ons en EK wil julle lei na die EENWORDING en Wedergeboorte van gees. EK wil julle hier by MY hê, hier in die Allerheiligste Apartheid in MY VOLMAAKTE LIEFDE.

Julle moet terugkeer na MY en EK staan julle altyd by met liefdeshulp, Krag en Wysheid. Maar dit alles hang af van julle wil en keuse of julle MY wil aanvaar en volg, en of julle in die wêreld van boosheid wil wegsink onder die vervloekinge van Deuteronomium 28.

Julle KAN dit doen MY kinders! Moenie vrees om MY te kies nie en moenie julle geliefdes meer lief hê as vir MY nie, want julle moet MY altyd kan kies bo alles. EK IS JALOERS en MY Vaderhart brand en ontvlam van LIEFDE vir julle. Kom en haal vir julle die Saad van Lewe in MY. Omvorm tot LIEFDE en wees gehoorsaam aan die oproep tot ontwaking in gees sodat julle kan LEWE en die dood sal julle nie smaak nie in alle Ewigheid!

Julle moet mekaar liefhê en medelye betoon met begrip en Wysheid teenoor mekaar. Wees eerder die laaste en die nederigste en dien jou broer of suster. Wees laaste, want wanneer EK sê dat die laastes eerste sal wees in MY Ryk, dan bedoel EK dit met ERNS en EK sal nie mee onderhandel word nie, omdat MY WOORD ewig onveranderlik is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205