Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 67 ontvang op 03/01/19

"MY kind, MY Liefdesvegter, skrywe MY Woord vanuit jou hart, waar EK IS! EK kyk na MY kindertjies en hulle is maer en verlate. Hulle kort voeding vanuit MY Liefde en Waarheid.

MY kinders, julle betree nou 'n baie onsekere tydperk in julle land. Julle weet nie wat om te verwag nie en hier en daar kry julle idees of gedagtes van wat kan gebeur. Die duistere nag wat besig is om neer te daal is EK wat in MY Grimmigheid neerdaal oor hulle wat MY nie gehoorsaam het nie en wat doelbewus teen MY gelaster en gerebelleer het. Maar vir hulle wat MY gehoorsaam het en hulleself verseël het binne MY APARTGESTELDE LIEFDESLAER, sal EK 'n Vesting van Beskerming en Bekragtiging wees.

Maar julle moet nou in hierdie tyd haas om julle olielampe te vul met MY Olie van siele voeding. EK spreek so baie met julle, MY kinders en julle moet begin om MY Woorde te omhels en te begeer dat EK nog meer sal spreek. EK wil hê dat julle begin belangstelling toon in die Geestelike en dat julle die aardse sal los en oorgee aan MY Gewyde Wil. Maar wanneer julle dit doen, moet julle dit vurig en heelhartig doen. Julle moet vanuit Egipte uittrek, julle wat nog vasgevang is in die dwaling. Vir julle wat in die Woestyn is, volg MY in gehoorsaamheid om julle lewens en siele te suiwer en om te leer van MY Wet van LIEFDE. Vir julle wat vergader is by MY Gilgal-Laer, volhard om meer en meer voeding op te neem, sodat julle gereed kan wees vir die oorsteek na die Allerheiligste Beloofde Land.

Vir al MY Boere en boerkinders, EK nooi julle uit om hierdie laaste uur van Barmhartigheid oor Suid-Afrika te gebruik om terug te kom na MY, die MEESTER van Hemele en Aarde! Omvorm julle harte tot LIEFDE, met haas en dringendheid want EK wil begin, en EK sal MY VOLK red!

Moenie vrees en moenie huiwer nie, want in hierdie tyd soek EK ywerige werkers en daders van LIEFDE vir MY en julle naaste.

EK sê weer: VREES NIE! Want met MY Donderslag sal alle onheil van julle af wyk en vlug, maar dit hang af van julle vrye wil. Julle moet hard begin werk om julle wil te omvorm tot WERKSAAMHEID en ERNS om na MY te kom en MY bo alles lief te hê."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205