Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 70 ontvang op 08/01/19

"Skryf hierdie nou neer, MY kneg: Julle wat julle magsbasisse bou op grond van aardse rykdom en besittings, die bestemming vir julle siele lyk uiters duister en smartlik. Julle wat vreugde vind in aardse vermaak en afskuwelike dade, julle siele ontbind in dood en die Lewe is nie julle lot nie. Julle wil vriende met die wêreld en MY teenpool wees, maar MY verwerp julle in julle harte. Julle verval in dwelms en drank, en slawerny in drank is julle baas en meester, omdat julle nie WIL luister na MY Waarskuwings nie en julle wil ook nie MY hulp aanvaar nie. EK kan al MY hulp en leiding aanbied, maar as julle nie WIL verbeter en genees nie, dan kan EK niks doen nie. Ek benodig julle vrye werksame wil en erns as julle verlos wil word. Julle moet gehelp WIL word om omhoog bo julle afvallighede te styg en sodat EK julle kan vergewe na berou.

Vir julle wat nie wil luister nie, julle sal wegsink in julle eie selfgemaakte oseaan van besoedeling en sonde, omdat julle MY reddende Hand weggewys het. Maar MY Wil sal geskied en MY Stem sal gehoor word oor die ganse Aarde en julle sal weet dat EK IS WAT EK IS!

Los julle aardse denkwyses en dwaasheid, en begin fokus om LIEFDE te doen en uit te leef na julle naaste. Julle moet ophou fokus op wat julle julleself mee kan bevredig en begin kyk na die nood en tekortkominge van julle naaste. Begin dienend te lewe en julle sal sien hoe MY Woord en Lig lewend word in julle. Julle sal voel hoe MY Krag en Barmhartigheid gestand doen en ook vermeerder in julle lewens as julle begin en volhard om op die Geestelike te fokus en MY te gehoorsaam.

Wees nie bevrees nie en soek MY altyd eerste in alles en handel volgens MY Getroue Stem. MY Weg lei na die LEWE en julle siele moet MY Vryheid smaak. EK wil julle terughê as Liefdesiele wat hulle VADER bo alles wil behaag en liefhê.

Die tyd het gekom vir die weergalm van MY Sweepslag oor Suid-Afrika en julle, MY Boerevolk, julle moet terugkeer na MY en ophou om aan julle neuse rondgelei word deur die fariseërs en die nageslag van Esau!

Die LIEFDE gaan vanuit MY en keer terug tot MY omdat EK LIEFDE IS - Die Begin en die Einde, die Allesomvattende EK IS!

Waarom kan julle nog nie begryp dat die LIEFDE die enigste Weg tot verlossing en Oorwinning is nie? Oordink hierdie vraag en doen selfondersoek MY kinders en bid tot MY; praat met MY en laat MY toe om julle te brei en te vorm. Vertrou op MY en raak gehoorsaam."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205