Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 73ontvang op 17/01/19

“MY kneg, MY lieflingskind! Hier IS EK, in MY Woord by jou en in jou. EK laat jou nou die Woorde skrywe wat jy ontvang het gedurende die dag. Ja, dit was Sy wat jou aangeraak het, want EK het Haar nou gestuur as Trooster, omdat binne ‘n baie kort tyd, baie trane gestort sal word in MY land, Suid-Afrika. Trane van barmhartigheid, trane van siekte en leed, trane van dood en moord, trane van gebede… trane van spyte. Maar EK het julle baie gewaarsku en hoeveel kere vermaan om julle weë van ongeregtigheid op stop te sit, maar julle wou en wil nie luister nie. Die duister laat uur van die middernag breek nou aan en MY Sweepslag sal toegedien word om MY land te suiwer net soos EK die tempel in Jerusalem gesuiwer het! EK sal al die verkopers van bedrog en leuens verslaan en tugtig, want dit is hulle wat MY kudde mislei het. Dit is hulle wat die vals boodskappers en profete is – profete van MY teenpool, wat nie vanuit MY is nie!

Die wêreld en haar magte versamel teen julle, MY Boerevolk, om hulle mag te bewys en om julle te verower, tesame met julle siele vir MY teenpool, want hy is agter die besoedelde duistere samesweringe teen MY en julle. Maar een ding moet julle besef: EK kan in een beweging van MY Vingerpunt die totale ryk en magsbasis van MY teenpool en al sy aanhangers in een oogwink wegvee en totaal bind vir ewig! Maar julle vra hoekom doen EK dit nie? Laat EK julle vertel: In MY teenpool en sy aanhangers se dwaasheid besef hulle nie dat hulle eintlik deur MY gebruik word in MY Alwysheid as ‘n Sweep; as ‘n Tugtingingsmiddel vir julle wat MY WET VAN LIEFDE EN APARTHEID oortree en nie wil luister na MY Opdragte nie! Daarom sê EK: Hou op om MY Sweep te probeer keer en vang, want julle wek MY Toorn nog meer op! Plaas dat julle julself afvra waarom hierdie dinge gebeur en waarom dit oor julle gebring word! Gaan lees in die Profete van ouds en word wys met die hart, want alles wat nou omvou en gebeur in Suid-Afrika is geprofeteer en vasgelê, want EK het geweet julle gaan nie luister nie! EK het gesê dat EK nie aanbid wil word in klip tempels en afgodskerke nie! EK het gesê dat MY Koninkryk nie van hierdie wêreld is nie! EK het gesê dat as julle MY gesien het, dan het julle die VADER gesien! EK het gesê julle moet mekaar liefhê en mekaar voed en laat drink! EK het gesê dat julle nie aan die wêreld gelykvormig moet word nie! EK het gesê julle mag nie voor beelde neerkniel in hart en liggaam nie! EK het gesê julle mag nie lieg en vermeng nie! EK het gesê julle moet julle vaders en moeders eer en gehoorsaam! EK het gesê julle mag nie aardse besittings en rykdom begeer nie, omdat dit nadelig is vir julle siele en verlossing! EK HET GESÊ JULLE MOET MY BO ALLES LIEFHÊ MET JULLE HELE HART, SIEL EN VERSTAND!

Maar julle het teen MY Verordeninge en WET oortree! Daarom gebruik EK ander nasies en tale om julle te Tugtig en vir ‘n kort tyd sal dit baie vinnig vererger omdat julle steeds nie wil luister nie en omdat julle vir MY Knegte en Profete en MY WOORDE deur hulle lag en laster in dwaasheid! Vanaf MY eerste oproep na MY GILGAL-KLIPWIEL het EK besluit EK sal ‘n laaste kort Barmhartigheidstydperk oor julle bring om hulle wat nog te redde is, te red! Julle verstaan net nie en julle is te gebonde aan die materie en geld! Daar is honderd skape, nege en negentig is by MY en die laaste een is vasgevang tussen die doringbosse! EK SAL daardie EEN skaap RED, al neem dit MY hoe lank! Maar red sal EK hom red! Want EK IS LIEFDE en MY VADERHART bloei weer in MY GEES vir julle wat net nie wil gered word en wil luister na die Geestelike Woord vanuit MY nie. EK het die Rooi roos geopenbaar, die rooi is MY VADERHART wat bloei vir julle en die Roos blom is die BLOM van MY LIEFDE vir julle, want MY LIEFDE sal altyd blom en geen winter sal MY Blom skaad nie! Hoeveel moet EK nog vir julle doen?

Dit sê EK as finale Opdrag aan MY Boerevolk van Suid-Afrika voor EK MY Beker van MY Grimmigheid finaal sal omkeer:

Verlaat die valsdom en valse godsdiens. Verlaat die kerke waar julle geen Voeding van WAARHEID en LIEFDE AS EEN, ontvang nie! Hou op om te meng met die sport en geldgode; verlaat die kringe van spotters en vuil grapmakers; Suiwer julle fisiese huise van drek idole, beelde en kyk geensins meer verder na besoedelde films op julle televisies nie! Laat staan julle hoogmoed, eersug, heerssug en onvriendelikheid! Wees nie meer liefdeloos teenoor julle broers en susters nie en stel julleself laaste! Leef nou om te dien en nie om soos konings op julle eie trone van eieliefde gedien te word nie, want wie is julle dat julle vir julleself trone bou? Onttrek onmiddellik van die politiek en aardse magte en strewes, want dit is buite MY Orde! Keer terug na MY Wet van Apartheid en verbaster nie met ander nasies nie! Gooi nie die pêrels vir die varke nie en begin leef met Wysheid en Insig. Hou op om oor julle naaste te skinder en aan te kla by andere – dit is GRUWELIK en dit vermaak die satan! Julle moet dadelik staak met die bevrediging van vleeslike begeertes en om julleself te aanbid voor die spieël en die kamera! EK verbied julle om verbonde te sluit met die wêreld en sy duister magte van rykdomme! Verkeer nie langer meer in haat, bedrog en leuens nie en eer julle vaders en moeders! Vaders en moeders: Wy julle kinders in MY LIEFDE in, want EK het hulle vir julle gegee! Die man in die huwelik: Wees getrou, liefdevol en ondersteunend teenoor jou vrou! Die vrou in die huwelik: Wees getrou, liefdevol en ondersteunend teenoor jou man! Drank is julle ondergang en die ondergang van julle huwelike – en dit skaad die HUWELIK tussen jou en MY! Staak dit! Verbaster nie MY LIEFDE verder nie en verkrag nie MY Waarheid verder nie! Die Bybelvertalers: Kom na vore en erken dat julle MY Waarheid verkrag het, versteek het en die Bybels vol leuens gestop en MY kinders so geleer het! Valse leraars en profete: Kom na vore en erken dat julle valse woorde woorde van bedrog was wat MY Toorn opgewek het! Verhinder nie verder die dade van LIEFDE en GEREGTIGHEID nie; en laat die kindertjies na MY toe kom! Gee ALLE eer, lof en dank aan MY en aanbid NET MY as ENIGSTE ELOHIM en SKEPPER van Hemele en Aarde! Staak julle afgodery en verdeeldheid; en wees nie langer die voorlopers van haat en twis nie! Verwerp nie verder MY Woorde nie en breek nie verder MY Waarheid af nie! BO ALLES sê EK: BENADEEL NIE LANGER MY LIEFDE NIE!

EK het vir julle al baie lank terug gesê dat EK julle harte van klip sal uithaal en vir julle harte van vlees sal gee. Maar EK kan julle nie dwing nie, omdat dit teen MY eie Wil en Orde gaan. Daarom het EK aangehou om julle te waarsku op verskillende maniere en wyses. Daarom gebied EK die elemente en natuurwette tot natuurkatastrofes en gebeure om julle tot nadenke te bring. Daarom gebruik EK ander nasies en magte om julle te tugtig en te leer sodat julle kan begin dink! Die GILGAL-KLIPWIEL het EK as Anker opgerig as MY LAASTE Teken van Barmhartigheid en Verlossing vir MY Boerevolk aan die Suidpunt van Afrika: LIEFDE BO ALLE LIEFDE!

Die laaste Barmhartigheidstydperk is oor julle. EK hou MY Grimmigheid nog terug, want daar is ‘n Traan in MY Oog! Die magte van die duisternis en ander nasies wat nou oor julle soos ‘n plaag kom, hou EK nog so ‘n bietjie terug vir ‘n baie kort tyd, sodat julle kan begin dink om terug te kom na MY, die EWIGE VOLMAAKTE LIEFDE – VADER! Maar MY Wil moet geskied en MY Woorde deur MY Profete sal gestand gedoen word, omdat dit EK IS wat hulle gestuur het van die begin af! EK IS het hulle gestuur! Die hele Skrif is vol van MY Profete, maar andere het EK ook gestuur: Jakob, Bertha, Lukaas, Christine, Bertus, Nicolaas, Anelda, Nalize, Dirk en ook hierdie kneg van MY waardeur EK nou MY Woorde spreek! Nog baie ander Knegte het EK opgewek om MY Woorde van Vermaning, Liefde en Voeding te bring vir julle. Dit is MY Olie, MY Brood, MY Wyn, MY Heuning, MY Melk en MY Lewende Waters wat EK as Manna vanuit MY Hemele vir julle afstuur, omdat EK vir julle LIEF is!

MY Dogter van Sion, in hierdie laaste Barmhartigheidstydperk is hierdie die volgende Opdrag aan julle: Vir Sewe Dae lank moet julle Sewe kere per dag op julle Ramshorings blaas om MY Boere-Gilgalwiel met die asem van julle LIEFDE tot MY en MY Volk! Na elke blaas moet julle MY Seën uitspreek vir MY Boerevolk, MY Geloftevolk - met jul hande opgehef na bo tot MY en die Krag van MY Seën sal vanuit julle dapper hande voortvloei na julle, MY hele Volk: JISRAEL JAKOB! Vir julle wat nie Ramshorings het nie, blaas op die Ramshorings van julle harte in julle harte. KYK OP NA MY! KYK OP NA MY en spreek die Seën uit met hande opgehef na bo in alle Windrigtings. Moenie vrees nie! Vrees voed die vyand wat vergader teen julle. Vrees net vir MY en kyk op na MY; bly binne MY LIEFDESLAER.

Wees geseënd in die Aarde deur MY Bloed gekoop! Onthou hierdie Woorde van MY, want julle sal sien WIE IS die EIENAAR en MEESTER en MAJESTEIT wat Getrou SY Beloftes nakom en aan WIE ALLE EER VERSKULDIG IS!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205