Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 75 ontvang op 24/01/19; 10H40

"EK is met julle MY Dogter! Veg vir MY in LIEFDE en wees getrou aan Ons Gelofte. Kyk op na MY en smelt ons band vas met die Gloeiende Krag-Energie van MY LIEFDE! Wees bereid om selfverloënd en nederig te wees en genees die wonde tussen mekaar. Ek sien baie harte wat juig, harte wat van seer pyn, harte wat wonder, harte wat smeek, harte wat na MY smag en harte wat met LIEFDE smag na die Verlossing en Oorwinning.

EK sal elke hart aanraak en vul met MY Krag en LIEFDE, harte wat na MY soek bo alles en harte wat MY IN LIEFDE BO ALLE LIEFDE wil gehoorsaam - aan sulke harte sal EK die Oorwinning gee! Werk aan die Aarde van julle harte en vrees niks! Wees net LIEF vir MY in Geloof en Oorgawe.

LIEFDE IS MY BANIER.

RafaEL en EliJaH, gaan Julle ook uit na MY Dogter en ondersteun MY Oogappel. EK is ook daar!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205