Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 76 ontvang op 25/01/19

"MY Dogter van Sion, EK IS WAT EK IS! EK IS julle Migdol Toring, julle Bergvesting, julle Toevlug! EK omvou julle met MY beskermende Vleuels en EK vertroos julle in MY Kleed van Vergifnis. Hou aan seën MY Boere en deins geensins terug in die geveg teen die bose nie, want EK IS! EK loop julle vooruit en EK versterk julle. Kyk op na MY! Jubel en wees vrolik met Vrolikheid van Hart, want daarin lê die Krag opgesluit wat julle benodig. Vrolikheid in MY as VADER kan MY teenpool nie verdra nie en daarom sal hy die geveg ernstiger versnel en verhard, maar ook deur slinkser maniere.

Wees waaksaam in MY en bid! Sonder julleself af in MY LIEFDESLAER en bly daarin, bly in MY! EK bring genesing en krag vir julle MY kinders en wees vol Hoop en Vertroue in MY, die Almagtige van IsraEL Jakob! Vind vertroosting in die vergifnis van sondes en weet dat EK op MY Tweede Dag 'n welbehae gevind het in julle offer aan MY op die Eerste Dag! Verbind met MY en los alle leuens en bedrog. Los die bekommernisse en stres. Wees vol Geloof, Hoop en LIEFDE BO ALLE LIEFDE."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205