Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 81 ontvang op 30/01/19

"MY Boere-Gilgaliete, MY Ossewa-Volk! Hoor die Stem van JAHWEHSHUA die VOLMAAKTE LEWENDE LAM en LEEU! Vir Sewe Dae het Ons geywer en gewerk aan jul Skepping. Vir Sewe Dae het Ons saam geveg vanuit die Gilgal-Laer. Voltooi nou julle werk op hierdie Sewende Dag en gaan binne MY RUS in en lê julle harte neer in die Warm Palms van MY Hande. Voltooi nou julle werke. Die Wysheid, MY BEMINDE, julle MOEDER, en EK, EK IS WAT EK IS - ONS het MEKAAR geraadpleeg as EEN op hierdie Dag van Rus. Julle Offerande MY Boere-Gilgaliete, julle wat op die Eerste Dag heelhartig begin het en getrou was aan MY Opdrag tot OPSTANDING, aan julle Offerande het EK 'n welbehae en die reuk van julle harte-offers ruik soet en heerlik voor MY Aangesig. Vir julle wat later begin offer en veg het aan en saam met MY, voltooi julle werke en volbring die daad van LIEFDE in MY en betree die Sabbat waar julle opgelei sal word met Stille Fontein Waters van RUS en LEWE.

Daar sal 'n einde kom aan smarte en oorlog! Deur julle blaas van die Ramshorings vanuit julle dapper harte van LIEFDE, het daar wendings en skeppings in die Geestelike plaasgevind; vanuit die Geestelike sal dit manifesteer in die materie en 'n groot oorlog sal kom en 'n groot omvorming en aardbewing sal plaasvind. Maar vir julle sê EK: BLY NOU IN HIERDIE MIGDOL TORING-VESTING. Deur een van MY knegte het EK die SEWE DAE VAN STILTE geopenbaar en dit in herinnering gebring. Nou MY Bruid, gaan EK aan julle instruksies gee hoe julle nou moet handel: Gaan en lees julle elkeen die Boekrol van Die Volksleiding Reeks. Julle sal Sewe Tydperke in die Aarde deurstaan in hierdie Boekrol en julle sal alles leer en nog meer in hierdie Tyd wat Aanbreek! Want 'n Nuwe Seisoen het aangebreek in MY en met RUS in julle harte sal julle in GELOOF en LIEFDE BO ALLE LIEFDE, MY Ewige Sabbat binnegaan en MY BRUID sal ONS kindertjies opvoed en in MY Land, Suid-Afrika, in MY GELOFTEVOLK sal daar 'n Nuwe Generasie, 'n nuut opgerigte SAAD opstaan en opgroei. Geseënd is die MAN wat hart aan hande bind, en die kind wat opgroei net deur MY BLOED verbind!

Wees VROLIK o DOGTER VAN SION! MY WIL sal oor julle geskied en MY VOLMAAKTE PLAN sal ontvou en openbaar word tot die oprigting en Bekragtiging van MY BRUID. JY is EEN met MY in die Nuwe AARDE! EK sal Jou lei na Waterstrome vanuit MY Bergvesting, SION!GENIET MY PASGA en Breek MY Brood en voed MY Kinders."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205