Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 83 ontvang op 05/02/19

"MY kneg, daar is nog baie wat vanuit MY Verterende LIEFDE gespreek sal word, gerig aan MY kinders wat MY wil behaag en gehoorsaam in LIEFDE en ook die wederstrewiges wat steeds nie wil luister na MY Opdragte en nie wil ag slaan op MY Voorwaardes nie; selfs aan hulle wat alles gehoor en ervaar het!

Julle moet besluit of julle koud of warm wil wees. Kies MY of kies MY nie!

EK gee aan julle alles wat julle nodig het om julle lewens te rig volgens MY LIEFDESORDE en volgens Haar wat EK aan julle geskenk het, die WAARHEID. Vir julle wat vir MY 'n hartsoffer gebring het tydens Ons Sewe Dae VERBOND: julle sal moet volhard en moenie louwarm word deur om in LIEFDE af te koel nie. EK open hierdie Waarheid nou: daar is sommige van julle wat daar was en wat oral oor MY Land, Suid-Afrika was wat hierdie Offer aan MY gebring het, maar wat daarna weer effens teruggeval het in sondige weë. Daar is ook sommige wat nie meer ag slaan daarop nie, omdat julle te gefokus is op die materie en dat julle net sigbare wonderwerke soek wat julle vleeslike oog moet vertroetel. Julle moet inkeer na MY binne julle harte en MY vra hoe om julle weer op die Geestelike te laat fokus en om te volhard op Ons Weg van Oorwinning. MY WIL is dat julle elkeen opgelei moet word met Geestelike Kennis en Instruksies rakende die tyd wat nou begin aanbreek. Maar baie van julle neem dit ligtelik op en versuim om ERNS met MY sake en julle sieleheil te hê. Baie dink hulle kan MY gebied en met MY BARMHARTIGHEID mors deur nie ERNS te hê om te bly op MY WEG VAN LIEFDE nie! Weë hulle wat MY verontagsaam deur ligtelike dwase lewenswandel sonder ERNS om LIEF te wil hê in OPREGTHEID! Julle elkeen is in staat tot ALLES deur MY ononderbroke Kragtoevoer na julle. Dit is MY LIEFDE en GENADE wat EK julle gee elke moment van tyd.

 Julle wat MY volg en gehoorsaam sal gehaat en verag word deur die wêreld en selfs deur julle eie volksgenote wie julle dink sou saam julle inval en MY ook volg. Wees nie mismoedig en bevrees nie. Kyk na MY en hou aan MY LIEFDE uitstraal en hou Ons Wiel aan die rol."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205