Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 95 ontvang op 18/03/19

“MY Dogter, MY Liefling! MY BRUID! Hoor wat EK, julle VADER spreek! Hoor MY Boere-Gilgaliete! EK IS julle REDDING! EK sal julle weer oprig en EK sal alles weer nuut maak! Daar sal weer Dou neerdaal oor die verslae grond van julle siele. Daar sal weer Waters vloei vanuit die verdroogde fonteine. Hoor wat EK vir julle te sê het op hierdie uur! Vir julle het EK baie LIEF! Hoor nou die Hart van jou Pa! Weer sal daar ‘n sagte warm briesie waai oor julle lande en weer sal die reëns kom om die hitte te versag oor julle Vrugtebome! Weer sal daar reuke van blomme en geeste wees wat tot MY LIEFDE hulle reukoffer bring! Weer sal daar Brood gebreek word en Wyn sal oor julle harte uitgegiet word vanuit MY Skatkamers! MY Goud sal deur julle are vloei en MY Lig sal deur julle siele glans! MY Vrede sal oor julle wees en in Krag sal julle MY dien vanuit LIEFDE en WYSHEID! Hoor! Hoor julle hoe prys MY Skepping MY steeds ongeag al die besoedeling en ongeregtigheid wat oor die aarde heers! HOOR!

Tussen al die onsekerheid, trane, hartseer en ongeloof in MY, is EK steeds daar vir julle en EK het nêrens heen verdwyn nie! EK is steeds hier in jou hart! Hoor MY kind, hoor wat EK vir jou nou sê! Hoor MY Dogter! Hoor! EK IS LIEF VIR JOU! EK, JAHSHUA, EK sal jou wonde genees en jou hart sal EK weer deurvleg met MY Sewe Geeste! Soos ‘n Arend sal JY wees MY Berg Sion! Hoog sal jy uitstyg omdat jy die laagste was en bereid was om as moeder MY volk te dien en te versorg! HOOG! En EK sal tussen julle kom wandel en onder julle sal EK vertoef! JY BEHOORT AAN MY! Lig jou hoof MY Dogter, lig jou aangesig omhoog en SIEN MY! Wees nie bedroef meer nie, want EK IS GETROU! Onthou MY Beloftes en onthou wat EK julle gewys het en onthou wat EK vir julle gesê het. Onthou MY waarskuwings! Onthou hoe EK julle gelei het! Tot voor die Jordaan het Ons gevorder en die Waters het begin kloof, maar toe het die slang en sy helper hulle koppe opgelig en baie van julle byna gevang omdat baie van julle nie getrou was aan MY, BO ALLES, nie. Sommige van julle was gevang en sit nou in traagheid vasgevang en word mislei deur ‘n ander liefde wat nie vanuit MY is nie. MY Hart ween oor julle wat net voor die Jordaan omgedraai het en die rug gedraai het op alles. Die Woestyn is die leerskool en die langer weg om julle weer te suiwer en tot nadenke te bring om te verstaan wat dit beteken om MY bo ALLES lief te hê in LIEFDE BO ALLE LIEFDE. Maar vir julle wat volhard het in julle harte van opregtheid en Liefde, vir julle sal EK gee, MYSELF en MY Erfdeel aan jou! MY BELOFTE!

Fokus nou op MY inspraak deur Haar wat EK aan julle gegee het... en VERWAG MY!

EK SELF sal MY VOLK VERLOS! Wee hulle wat MY kinders laat struikel! Wee hulle wat omgaan met getwis en leuens om MY werke te vernietig! Wee hulle wat MY Seëninge soos roofdiere wil verslind en wegneem vanaf hulle aan wie EK dit geskenk het! Wee hulle wat die mag in eie hande probeer opneem om met ‘n ysterhand saam met hulle vriend, die wêreld sisteem, MY Dogter wil verdruk en teister! Julle vat in MY Aangesig! Indien julle nie tot inkeer kom en luister na MY WET VAN APARTGESTELDE LIEFDE nie, dan herinner EK julle aan die vervloekinge van Deuteronomium 28! Julle bring die Oordeel en vervloekinge oor julleself en met hartseer sien MY Vaderhart hoe julle te deurdrenk is met eie-eer, onvergewensgesindheid, haat en hoogmoed om te sien hoe julle julle eie ondergang bewerk. Maar EK hou aan waarsku en vermaan.

Nou vra EK aan julle MY kinders: Wat het Paardekraal vir julle beteken op die Dag toe julle dit moes verenig het met Gilgal? En dan vra EK: Wat beteken dit nou vir julle? Wat moes julle vir MY offer? En waarom het julle julle offers teruggetrek?

Word nou stil en bid tot MY! Praat met MY. EK IS WAT EK IS.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205