Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 99 ontvang op 02/06/19

"Die Tyd van die tye MY kneg is aan kom en loer op die toekoms, en die toekoms van julle siele is in die hande van julle eie hartsbesluite. MY Volk staan nou voor die keuse of hulle MY gaan kies of MY gaan verloën. EK laat sekere gebeurtenisse, rampe, siektes en aanvalle toe om MY volk se denke en gedagtes sterker te rig na MY en om MY Volk te laat ontwaak vanuit hulle slawerny. Hulle dink hulle is vry, maar stadig maar sekerlik is hulle besig om te sien dat hulle nie vry is nie. Hulle is slawe van die wêreld, die sisteem wat deur MY teenpool opgerig is, en ook slawe van hulle eie-ek huis wat op sand gebou is.

In die Suide, daar, hier, sal MY Naam omhoog wapper bo-op MY Berg. MY Wet van Liefde en Apartheid bly vir ewig, net soos EK, EK IS WAT EK IS! En EK verander nie! EK laat niks gebeur voordat EK vooraf deur MY Gees se inspraak, skryfknegte of MY profete MY Volk gewaarsku het nie. Julle weet en julle begin agter te kom dat julle voor gelieg was. Die nood is krities, die hongersnood van julle harte en siele; en Esegiël het weer sy visioen ontvang in die woesteny van Suid-Afrika. Die hartsriviere het opgedroog en die spruite het verander in droë verlate plekke. Die vrugtebome het geword soos doringbosse in die sandstorms van die dwaalgeeste. MY Volk het MY vergeet, maar hulle begin MY weer onthou en so ook MY Wet. MY Vaderhart het swaar getrek in trane van verlatenheid en seer ten aanskou van hoe MY kinders in ongeregtigheid en liefdeloosheid verval het. Die strafgerig en vervloekinge is die gevolge daarna en vererger namate hulle meer opstandig raak teen MY. Al manier om die straf van 'n Vader af te wend is om te verootmoedig en dan gehoorsaam te wees in vrye wil aan die LIEFDE. Die IS MY Verlossing aan julle en MY Geloftes het julle aan MY herinner. EK sal MY weer oor julle Ontferm en EK sal julle uit die benoudheid red. Maar, die eerste voorwaarde is dat julle sal toelaat dat EK oor elke aspek van julle lewens sal regeer as jul ENIGSTE LEIER EN KONING! Maar, EK wil nie net julle Leier en Koning wees nie, EK wil julle ALLES wees! Julle Liewe VADER, 'n beste Vriend, soos 'n Broer wat gryp as Sy ander broer struikel in die stryd. Maar nog meer begeer MY Hart om te wees!! EK wil wees, MAN, BRUIDEGOM... Ja EK rig MY WOORD aan Jou, MY BRUID VAN SION! Ken MY en leer Wie Jou MAN is en EK sal Jou verseël en oprig in SUIWER HEMELSE LIEFDE EN KRAG! MY Geloftevolk, MY Dogter van Gilgal, vergeet nie en bring weer in herinnering MY WOORD EN LOF! Vergeet nie MY HUIS van LIEFDE nie. Daar was vyf gladde klippies in die hand van Dawid, geneem uit die spruit. Weer sal dit so wees, waar EK in Dawid weer sal opstaan en net EEN Klip, geneem vanuit MY SPRUIT, sal nodig wees om julle binne MY Ark te beveilig en julle die Oorwinning te gee tot MY eer.

Ja MY kneg, EK het jou nie vergeet nie. EK het niemand van julle vergeet nie. Wees getrou aan MY Stem en fokus korrek op MY Hart se punt wat heet, LIEFDE. En dit is daar waar MY Dogter is, MY Hart se punt. EK het julle nie vergeet nie MY Oogappel.

EK IS."

('n paar minute later:)

"MY Teken het EK aan jou gegee vir drie dae op mekaar en jy het gelet daarop. Wees altyd gereed MY kneg om te ontvang en daarmee sê EK saam: maak nooit jou hande toe nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205