BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 100 aan Lukaas van Hout op 4 Desember 2013

Verbreking van My wette hou gevolge in. Leer My wette in liefde vir My volk

Spreek nou met My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Daar is baie van julle wat nog onder die Egiptenare woon en wag vir My oproep en tog is daar ook baie van julle wat vasgehou word in hierdie verskriklike ellende en slawerny. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle voortdurend herinner, onthou, onthou, onthou, dat Ek julle liefhet! Ek is met julle in alle dinge en in alle dinge is Ek met julle om al hierdie lyding saam met julle te dra, elkeen daarvan dra Ek, julle liefdevolle Vader en Ek dra nie net nie, maar Ek voel en Ek voel nie net My eie gevoelens nie, maar Ek dra en voel alles vir almal van julle gelyktydig! Tog sal Ek, EK IS wat EK IS altyd hierdie laste saam met julle dra en vir julle dra, omdat Ek julle liefdevolle Vader is! Julle moet altyd weet dat Ek julle liefhet om al die pyn en smart van die mensdom te dra, oomblik vir oomblik, dag vir dag, tot by die tyd van die einde, wanneer alles herstel sal word, sal Ek, EK IS wat EK IS altyd hierdie laste dra, elke enkele een daarvan, sodat julle kan weet en glo en kan begin om die nimmereindigende uitgestrektheid van My liefde vir julle te verstaan! Soos wat Ek die lyding en slawerny van Israel in Egipte gedra het, so sal Ek altyd julle laste in hierdie dae dra! Onthou julle My woorde wat Moses vir My geskryf het van die wet, My wette, ja elkeen van hulle het hy vir My geskryf, EK IS wat EK IS. Onthou julle die baie oorvloedige seëninge wat Ek aan Israel belowe as hulle maar net binne My liefde en My wet wou woon? En nie net die seëninge nie, maar die waarskuwings wat Ek met die grootste liefde en sorg aan Israel gegee het en Ek, EK IS wat EK IS het Israel sorgvuldig gewaarsku van die vloeke wat sou kom as hulle My wet nie sou gevolg het nie. Hierdie vloeke is die vloeke wat die gevolg is van My natuurlike wette as My wette nie gevolg word nie. Hierdie wette dek alle aspekte van die mens, vanaf die bewerking en versorging van die grond, voedselwette tot by My burgerlike wette en My Koninklike wet, My feeste, vieringe en so meer. Wanneer My wette, My natuurlike wette nie nagevolg word nie, dan word die mens geteister en nie net fisies nie, maar ook geestelik. Soos wat My natuurlike wette aanhou­dend verontagsaam word, vermeerder hierdie vloeke en dit sluit kwale van alle soorte in. Kwale wat die gees teister, kwale wat die siel teister, kwale wat die hart teister, kwale wat die gees teister en kwale wat die liggaam van mens teister asook die liggaam van die volk en al hierdie kwale sal My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion teister. Soos wat hierdie kwale toeneem, verduister hierdie kwale die weë van My Heilige Gees in julle harte en geeste. Hierdie selfde kwale open die deure vir die magte van die duisternis na julle gedagtes, harte en geeste! Hoe groter die duisternis van hierdie kwale, hoe minder is My Heilige Gees in staat om met julle harte te spreek en soveel groter is die krag van die duisternis om julle te beïnvloed op allerhande wyses en in die dinge van julle lewe! Soos wat My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nog meer siek word deur hulle kwale, oefen hierdie magte en invloede van die duisternis selfs groter teistering uit onder julle as My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Dit is deels die rede waarom julle so verdeeld geraak het! Die duisternis van julle harte as gevolg van hierdie kwale verhoed dat My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion die geestelike waarhede ontvang wat Ek so graag aan hulle wil openbaar! Vrees nie en wees nie ontsteld nie! Vrees nie en wees nie ontsteld nie! Vrees nie en wees nie ontsteld nie, Ek is julle liefdevolle Vader! Ek verstaan beter as wat julle ooit kan weet waarom hierdie dinge gebeur het! Ek verstaan hoe die Satan en sy leërskare julle mislei het om so ongehoorsaam aan My wette te wees, deur middel van hul bose en subtiele rede­nasies in julle harte. Vrees nie en wees nie ontsteld nie, hierdie tye is voorberei voordat die fondamente van die aarde bevestig is, so noukeurig en met die grootste liefde is hierdie tye voorberei! Nie eens die kleinste daad, aksie, woord of punt aan die einde van 'n sin is oor die hoof gesien in die voorbereidings wat EK IS wat EK IS en My leërskare vir julle berei het teen die magte van die duisternis vir hierdie tye nie en in daardie tye wat nog moet kom! Onthou julle dat Ek Israel gewaarsku het dat indien hulle ongehoorsaam sou wees aan My in alles wat Ek hulle gevra het om te doen, hulle teruggevoer sou word in slawerny en met groot ellende sou hulle weer die Egiptenare dien? As My volk maar net na My geluister het en in hulle geslagte binne My wet van liefde geleef het, sou soveel wee hulle gespaar gebly het. Tog moet hierdie dinge so wees vir My planne en My doeleindes. Nietemin, Ek, EK IS wat EK IS, sien julle beproewing en dra julle beproewing en smarte in julle beproewing saam met julle. Vrees nie en wees ontsteld nie, want julle verlossing is binnekort hier en verseker sal dit kom! Berei julle nou voor vir die uittog soos wat Ek gespreek het. Hierdie dag sê Ek, EK IS wat EK IS, ja hierdie dag moet julle BEGIN terugkeer na My en My wette! Julle sal na My wet terugkeer met die grootste nederigheid en liefde. Julle sal terugkeer na My wet met die begrip van hierdie wet as 'n wet van MY LIEFDE. My wet is nie bitter of swaar en ook sal julle My wet nie in enige vorm laat voorkom as 'n vervloeking, as bitter of swaar vir My volk nie! Vanaf die oomblik wat My herders, leiers en nakomelinge van Sem hierdie woorde lees, ja, op daardie oomblik sal julle begin met die terugkeer van My volk na My wette van liefde. Op hierdie wyse sal julle My volk laat terugkeer na My wette. In julle gemeentes, in julle vergaderings, in julle huishou­dings en in julle eie harte sal julle begin om terug te keer na My wet van liefde. Julle sal dit doen, beginnende met My tien gebooie en julle sal My tien gebooie neerskryf. Julle sal hulle op papier skryf, julle sal hulle op karton skryf, speel-skryf hulle op hout, julle sal hulle op enige soort substansie skryf, en so sal My gebooie geskryf word. Dan moet julle hierdie gebooie vasmaak aan julle deurposte, beide binne en buite julle woonplekke, julle gemeentes en julle vergaderings sal julle hierdie gebooie skryf en vasmaak. Wanneer julle hulle lees, ja hierdie Tien Gebooie, lees hulle een op `n slag en net een elke liewe dag en julle sal dit doen, sodat hulle nie bitter en swaar vir julle word nie. Lees elke dag een van hierdie tien gebooie van My en oorweeg en mediteer gedurende die dag oor hierdie gebod wat julle gelees het en hoe hierdie gebod wat julle gelees het, beoefen en uitgedruk moet word in liefde en slegs in liefde, My liefde, ja My liefde, EK IS wat EK IS, mag julle en sal julle My tien gebooie in liefde oorweeg. Plaas My gebooie op julle harte, julle gees en in julle gedagtes in liefde, My liefde; plaas hulle in liefde op julle harte, julle gees en julle gedagtes. Op julle byeenkomste en in julle vergaderings sal julle begin om My wet terug te bring na My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Julle moet `n gedeelte van julle tyd wat julle spreek en skryf aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion en julle huisgesinne, afstaan om My wette te leer aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne op elkeen van julle byeenkomste wat en waar hulle ookal is, sal julle `n deel van hierdie tyd afstaan vir die onderrig van My wette aan My volk. Soos wat julle hierdie wet onderrig, ja hierdie wet, My wet, ja, My wet van liefde, soos wat julle My wet onderrig, sal julle dit opteken wat julle geleer het, wanneer julle hierdie lering gee, sodat julle `n herinnering het van wat julle geleer het van My wette om My volk, My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne na My wette te laat terugkeer. Julle mag nooit My wet te swaar of 'n las maak vir My volk, soos wat julle voorvaders gedoen het nie. Julle moet altyd My wet in alle liefde, nederigheid en opregtheid van hart aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion leer. Julle mag nooit My wet smaakloos of met bestraffing onderrig nie. Julle mag nooit My wette van die liefde leer as wette van vervloeking of haat nie. Julle moet My wette leer met 'n innemende stem van liefde, 'n innemende stem van genade en 'n innemende stem van nederigheid. As julle hierdie woorde sal volg en sal doen soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle opdrag gegee het om te doen deur middel van hierdie woorde, om My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne in alle liefde, nederigheid en opregtheid te leer, dan, so waar as wat Ek leef van ewigheid tot ewigheid, sal Ek, EK IS wat EK IS hul harte en geeste open deur My Heilige Gees om My wette te ontvang en deur My Heilige Gees sal Ek 'n groot begeerte, 'n groot honger en 'n groot dors in hulle harte plaas vir My wet, My heilige wet, My wet van liefde. As julle weier om My wet in alle liefde, nederigheid en opregtheid te leer, of as julle My wet skaad of 'n las maak vir My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion en julle huisgesinne, dan sal Ek, EK IS wat EK IS maak dat My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne wegdraai van enigeen wat My wet op hierdie wyse leer. As julle weier om My wet in alle liefde, nederigheid en opregtheid te leer, of as julle My wet skaad of 'n las maak vir My volk, soos wat julle voorvaders gedoen het, dan sal Ek deur My Heilige Gees, Ek, EK IS wat EK IS, MY VOLK WEGLEI VAN JULLE AF, JA, MY KINDERS EN MY HUISE VAN ISRAEL EN MY DOGTERS VAN SION, MYNE! JA ALMAL VAN HULLE IS MYNE EN MYNE ALLEEN EN BEHOORT AAN GEEN MAN NIE! EK, EK IS WAT EK IS SAL SELF VEROORSAAK DAT HULLE WEGDRAAI VAN DIE WAT MY WET 'N SWAAR LAS MAAK EN SAL VAN HULLE AF WEGDRAAI OM `N ANDER TE SOEK. Begin nou, die oomblik wat julle hierdie woorde ontvang, begin nou om julle tyd op te deel in julle vergaderings, in julle gemeentes, julle huishoudings en onder mekaar, maak tyd om My wet van liefde te lees en die onderrig daarvan in te sluit. Soos wat julle My wet leer en lees, doen dit elke keer biddend op soek na die wysheid van My Heilige Gees om, nie net die grootste waarhede van My wet nie, maar om ook My liefde binne hierdie wette aan julle te openbaar. As julle hierdie woorde sal volg en hierdie woorde sal doen soos wat Ek julle gevra het om te doen, onthou, EK IS wat EK IS sal die harte en geeste van My hele volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huishoudings open deur My Heilige Gees om die liefde, wysheid en kennis van My wette te ontvang en Ek sal dit deur My Heilige Gees in julle harte plaas as 'n groot begeerte, honger en dors na My woord en My wet, My heilige wet, My wet van liefde. Dit moet so wees om hulle te openbaar onder julle wat vals is in hul uittarting van My wil deur My wet en om voort te gaan met die voorbereiding van julle harte vir die uittog wat moet kom, 'n uittog groter as wat Israel in die gesig gestaar het tydens hul reis na My, EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205