BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 109 aan Lukaas van Hout op 6 Desember 2013

Gee julleself oor en hoor My stem

Het Ek julle nie gesê dat Ek julle liefdevolle Vader is nie? Liefdevol, genadig en barmhartig is My Naam, EK IS wat EK IS. Ek hoor die angs van julle harte! Ek weet van die groot begeerte wat julle het om My woorde te hoor van My Heilige Gees en om My woorde te skryf of om My woorde te spreek wat My Heilige Gees begeer om aan julle te gee! Ek weet van die afguns en die jaloesie en die griewe wat baie van julle in julle harte koester teen hulle wat My wil doen en hulle deur wie Ek My woorde spreek deur te praat of te skryf vir My, ja vir My, EK IS wat EK IS!! EK WEET! Ek weet dat julle verlang na My woorde vanuit hierdie huis van Israel in Suid-Afrika, EK WEET! As julle My maar met julle hele hart wil begeer en as julle maar alles wil oorgee wat julle besit, selfs julle lewens aan My, EK IS wat EK IS, dan sal julle vind dat Ek reeds My woorde deur My Heilige Gees op en in julle harte gegee het om te spreek en te skryf vir My in My Naam! Ek verlang en begeer grootliks om hierdie dinge te doen, al hierdie dinge wat julle van My vra! EK IS wat EK IS en EK IS wat EK IS is alreeds hier, as julle My sal soek met julle hele hart en alles oorgee aan My, EK IS wat EK IS! EK IS!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205