BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 114 aan Lukaas van Hout op 9 Desember 2013

Oproep tot onderrig in die Liefde

DOGTER VAN SION, MY ARK IN HIERDIE TYE, HIERDIE TYE WAT GAAN KOM EN DIE TYE WAT NOG VOORLÊ, LUISTER NA MY EN VERSTAAN, LUISTER NA MY, FILADELFIA! LUISTER NA WAT EK, JA, EK, EK IS WAT EK IS JULLE NOU BEVEEL! LUISTER NA MY, ALMAL VAN JULLE WAT WOON AS HIERDIE DOGTER VAN SION!

 

Dogter van Sion, almal van julle wat woon as hierdie Dogter, ja almal van julle, begin nou, net soos wat julle in die verlede gedoen het, maar meer nog as gedurende daardie vorige tye, moet julle nou begin om My liefde te onderrig en My liefde te leef soos wat Ek getoon het deur My Boek van Liefde wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee het. Ja julle moet nou begin om in die grootste liefde en ywer My liefde te onderrig, soos wat Ek julle gewys het in die Boek van Liefde. Op elke moontlike manier, LIEFDE! Dit is die derde bevestiging wat gesoek is. Hy wat weet, sal hierdie derde bevestiging verstaan! Hierdie is die derde bevestiging! Begin julle nou, almal van julle, 'n nuwe begin op die wyse waarop julle My liefde onderrig en My liefde lewe. Almal van julle, ja, almal van julle wat woon as My Dogter van Sion binne hierdie ark, julle sal My liefde met die grootste liefde onderrig en lewe soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dit aan julle sal gee deur My Heilige Gees wie hierdie liefde in alle nederigheid en opregtheid van hart, verstand, gees en siel soek, ja, Ek sal, Ek, EK IS wat EK IS sal hierdie liefde gee, My liefde en deur My Heilige Gees sal Ek hierdie liefde gee. Op hierdie dag moet julle elke vooropgestelde idee en kennis laat vaar wat julle het van liefde. Die liefde buite My liefde, soos onderrig deur die wêreld in die harte van die mens, moet julle nou verwyder, want dit is nie My liefde nie. Hierdie liefde, geleer vanaf hierdie wêreld tot in die hart van die mens, is nie van My nie. Dit is 'n valse liefde, geslepe geprakseer en geslepe geplaas deur die bose een in die harte van die mens, vermom as My liefde. My liefde kan net kom van die uitstorting van My Heilige Gees. My liefde kan slegs kom wanneer die mens alles oorgee wat hy is en alles wat hy besit en alles oorhandig aan My met alle opregtheid van hart, verstand, gees en siel. Die mens moet alles oorgee aan My, EK IS wat EK IS. Ek het 'n groter liefde, 'n onpeilbare liefde, 'n nimmerein­digende liefde waarmee Ek wag om dit in julle harte te giet om My wil te doen vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion. Dit moet so wees, want die getalle is groot van die wat Ek, EK IS wat EK IS, nou besig is om na julle toe te stuur! Dit moet so wees, want hulle wat gaan kom, sal kom met hul voormalige oortuigings en hul voormalige gelowe in stukke gebreek. In groot moedeloosheid van die hart, gees, verstand en siel sal hulle kom, hulle wie Ek voorberei het om na julle toe te kom, Dogter van Sion. Onderrig My liefde, pleit My liefde en smeek My liefde aan My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion. Ja, onderrig My liefde, pleit My liefde en smeek My liefde aan enigeen wat na My woorde van liefde sal luister! Diegene onder julle wat My liefde nie op hierdie wyse wil onderrig nie, moet julle stilmaak, weerlê, bestraf en vermaan! My liefde is My liefde en Ek, ja Ek, Ek, EK IS wat EK IS is jaloers op My volk op die wyse waarop My liefde gegee word. My liefde is nie 'n wapen van wreedheid teenoor My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion nie. NEE! NEE, My liefde is nooit of sal nooit 'n wapen van wreedheid wees teen My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion nie! Ook sal My liefde nooit as 'n wapen van wreedheid teen My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion onderrig word nie, NEE, NOOIT NIE! Hulle wat My liefde nie hoor nie, is nie uit My nie en is nie deur My gestuur nie. Wees wat baie waaksaam, want hulle sal kom en hulle sal gestuur word deur die Satan en sy demoniese leërskare. Hulle is nie van My nie en is die gestuurdes van die bose een en sal stil-stil en met die geslepenheid van die bose een, wandel om verdeeldheid onder julle te versprei. Dit sal deur My aan julle geopenbaar word deur My Heilige Gees. Hulle, ja almal van hulle sal deur My eie hand onder julle uit verwyder word in die tye wat Ek hulle sal verwyder vir My planne en My doeleindes. Ek, EK IS wat EK IS sal hulle verwyder met My eie hand. Onthou, onthou, en onthou weer alles wat Ek julle geleer het en alles wat Ek julle sal leer en alles wat Ek mee sal voortgaan om aan julle te openbaar van My liefde! Ek IS wat EK IS en EK IS LIEFDE!

Gebed van Lukaas:

In die Naam van EK IS wat EK IS, JaHshua, neem ons die beloftes van Elohim in ons hand vir ons volk en ons land teen die magte van die duisternis!

Ons gryp U, Ek IS wat EK IS, JaHshua aan soos wat Jakob dit in alle opregtheid, liefde en nederigheid gedoen het, nooit sal ons los nie, NOOIT, omdat U Vader, al is wat ons oor het in die ruïnes van ons land en die ruïnes van ons lewens deur ons eie sondes wat ons verwaand teenoor U en in U aangesig gepleeg het in ons nietigheid.

Vergewe ons Vader, van hierdie sondes wat ons teenoor U en U heilige woord deur U heilige wet gepleeg het!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205