BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 116 aan Lukaas van Hout op 13 Desember 2013

My Groot Biblioteek

Lukaas van Hout

Hierdie woorde het met groot moeite gekom.

Vanoggend, toe ek wou begin om te skryf, was my hande getref met 'n verskriklike uitslag wat my verhoed het om te skryf as gevolg van die pyn en styfheid.

Dringende sake het voorgeval en hierdie geskryf is gestaak en toe ek terugkom, het ek hierdie uitslag na 'n broer en suster vir gebed geneem.

Die teisteraar van my hande is geopenbaar as naby aan my huis, 'n bose een deur die Satan gestuur en is bestraf deur 'n ander suster. Die salf om my hande te salf vir genesing was aan haar getoon.

Die genesing het gekom en hierdie taak van ons liefdevolle Vader kon afgehandel word.

Dit blyk dat die bose een nie wou gehad het dat ons kennis moes dra oor hierdie visioen van die toekoms nie.

EK IS wat EK IS

Kleine kinders, ja, my kleine kinders waarin Ek My verlustig en almal van julle wie se laste Ek, EK IS wat EK IS, gewillig en met die grootste liefde dra! Almal van hulle! Ja kleine kinders, luister na My!

Ek het julle so lief!

Ek het julle so lief!

Ek het julle so lief!

Het Ek nie, sedert My eerste woorde tot die mensdom gespreek is, het Ek nie altyd My waarhede aan julle geopenbaar deur elkeen van hulle regdeur die geskiedenis van die wêreld nie, ja elkeen wat Ek gekies en gestuur het om My woorde te spreek en te skryf nie, het Ek het nie altyd My waarhede aan julle openbaar nie? Op elke moontlike manier het Ek, EK IS wat EK IS hulle aan julle gestuur, om met julle te spreek en aan julle te skryf en om My aan julle te openbaar! Het Ek nie dikwels vir julle gesê van die baie, baie wonderlike seëninge wat Ek vir julle voorberei het nie? Het Ek julle nie vertel dat Ek hierdie seëninge sal openbaar nie, elkeen daarvan op daardie tye en in daardie plekke wat Ek voorbestem het vir hierdie seëninge wat Ek beplan vir die mensdom en vir My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion en My Dogter van Sion binne en buite die grense van My Suid-Afrika nie? Ek spreek nou met julle soos enige liefdevolle Vader en Moeder! Ja, Ek spreek nou met julle soos enige Vader en Moeder wat `n behae daarin het oor die versigtige keuses en oorwegings van die geskenke wat hulle liefdevol aan hul kinders gee. Dit is met hierdie selfde sorg, hierdie selfde liefde en hierdie selfde keur wat Ek, EK IS wat EK IS, hierdie gawes kies, My seëninge van liefde vir die nasies en vir My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter Sion binne en buite die grense van My Suid-Afrika! Ek verlustig My daarin om hierdie gawes van My seëninge aan julle te gee! Ek verlustig My in die hoor, sien en voel van julle vreugde, wanneer hierdie geskenke van My liefde deur julle ontvang word, My liefdevolle en veel geliefde kinders! Julle moet nou luister en ontvang nou hierdie groot seën wat EK IS nou vir julle voorberei het, binne-in julle harte deur My Heilige Gees! Hierdie groot seën sal wees vir die tye wat gaan kom wanneer My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion en My Dogter van Sion in die nuwe nasies van die Millennium koninkryk binne hierdie lande van Suid-Afrika sal woon. Julle moet nou luister deur hierdie woorde wat hierdie dienskneg vir My skryf, julle moet nou luister na hierdie seëning, My seëning! Kleine kinders, soos wat julle hierdie woorde lees, ontvang die visioen van die beeld van hierdie seëning wat My Heilige Gees beveel is om te openbaar aan diegene wat hierdie boodskap sal ontvang! Weet julle, ja, weet almal van julle hoe dit My verheug om hierdie seëning aan julle te toon, hierdie een van baie, baie groot seëninge wat Ek vir julle voorberei het! Ja, hierdie groot seëninge wat Ek vir julle beplan het en hierdie groot seëninge waaroor Ek deur al diegene gespreek het wat My woorde op enige wyse gespreek en geskryf het om My te openbaar aan My volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion en My Dogter van Sion. Berei julle nou voor om hierdie visioen van die beeld te ontvang wat My Heilige Gees, ja MY HEILIGE GEES sal openbaar wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle beplan het vir die Millennium! Aan hulle wat skryf en aan hulle wat rekords hou, aan hulle wat die gebeure van die mens opteken en aan hulle wat beelde opvang, ja aan al hierdie en die vakmanne en ambags­manne, skryf hierdie woorde aan My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne en buite hierdie lande van Suid-Afrika. Skryf ook aan hulle broers en susters wat hierdie lande verlaat het vir ander oewers en ander nasies, ja, skryf hierdie woorde aan hulle van My af, wie se Naam EMMANUEL IS! KONING VAN DIE KONINGS! WONDERBAAR! BARMHARTIG! LIEFDEVOL! EK IS WAT EK IS! Ja, skryf hierdie woorde aan elkeen van hulle van My, EK IS wat EK IS! Skryf hierdie woorde wat My Heilige Gees op en in jou hart beveel om vir My, Ek IS wat EK IS, te skryf, skryf hierdie woorde, want in daardie tyd van die Millennium koninkryk, sal al die volke van al die nasies vloei na hierdie lande van Suid-Afrika, 'n nimmerein­digende vloei van mense na hierdie lande, op soek na die kennis van die werke en dade wat deur My gedoen is en die werke en dade wat in My Naam gedoen is deur My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat sal woon binne hierdie lande van Suid-Afrika. Hulle wat opteken en hulle wat die gebeure van die mens te boek stel, hulle wat beelde opvang en die vakmanne en ambagsmanne, ja, aan almal van julle, julle moet nou 'n rekord opstel, gaan voort met die rekord en beveilig hierdie rekords met elkeen van My volk binne en buite die grense van hierdie lande waarin julle broers en susters woon. Julle moet nou 'n rekord opstel, gaan voort met hierdie rekord en beveilig hierdie rekords aan een en almal wat hierdie rekords sal bewaar tot aan die tyd van die Millennium koninkryk. 'n Groot taak lê voor, My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat binne hierdie grense van hierdie nasie van My Suid-Afrika woon. 'n Groot en wonderlike werk lê voor, want in daardie dae en gedurende die tyd van die Millennium koninkryk, sal al hierdie rekords versamel word vanuit My volk regdeur die hele wêreld. Al hierdie rekords sal te boek gestel word. Hierdie boeke sal die geskiedenis van My volk binne die grense van My Suid-Afrika begin en daarmee voortgaan. Hierdie nuwe geskiedenis wat opgeteken sal wees en te boek gestel sal word deur My hele volk in My Suid-Afrika, sal My krag en My eer aan die wêreld toon en verklaar, rakende alle aangeleenthede van My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, en My Dogter van Sion wat woon binne-in My Suid-Afrika en tot in die kleinste detail sal hierdie boeke My krag verklaar! Hierdie boeke sal aan die wêreld verklaar dat Ek binne en buite alle aangeleenthede van die mens leef en tot in die kleinste aksie leef Ek in al die aangeleenthede van die mens! Ontvang nou die visioen van die seën waarvan Ek gespreek het, die visioen wat My Heilige Gees vir julle voorberei het om te ontvang, die visioen van die beeld. Aanskou dit wat in My Naam gebou sal word, EK IS wat EK IS. Dit is die seën en dit is die visioen. 'n Groot Biblioteek sal gebou word, ja 'n Groot Biblioteek, 'n Groot Biblioteek van verbasing, skoonheid en verwondering vir almal wat hierdie groot biblioteek sal aanskou wat My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne hierdie grense van die land van My Suid-Afrika vir My, EK IS wat EK IS, sal bou! Julle moet nou voorberei, die vakmanne en die ambagsmanne vanuit julle midde; julle moet nou voorberei vir hierdie groot taak! Soek My nou oor die wyse waarop hierdie groot biblioteek gebou moet word, My vakmanne en ambagsmanne, soek My en begin voorberei vir die bou van hierdie Groot Biblioteek wat julle vir My, ja, vir My sal bou. Vir EK IS wat EK IS sal julle hierdie groot biblioteek van My bou! Ja, hierdie groot biblioteek sal vir My gebou word, sodat elkeen van die nasies wat regdeur die millennium rus van hierdie aarde, na My nuwe Suid-Afrika sal vloei, ja, elkeen van hulle wat sal kom om te bepeins en sal kom om te studeer en sal kom om te lees van al hierdie werke wat vir My aangeteken, te boek gestel, uitgebeeld en gemaak is deur die hande van My volk, soos wat Ek hulle sal lei in hierdie groot werk. Ja, hulle sal kom om al hierdie werke en al hierdie geskrifte van julle hande te aanskou, wat sal getuig en leef as 'n testament aan My, EK IS wat EK IS. Hulle vanuit die nasies van die wêreld sal kom om al hierdie werke en al hierdie geskrifte van My groot krag te aanskou in al die aangeleenthede van die mensdom en in al die aangeleenthede van My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne hierdie nuwe grense van My nuwe Suid-Afrika wat sal kom, volgens My woord wat aan julle gegee is deur My profete van hierdie nasie, MY SUID-AFRIKA! Hierdie testamente sal aan die wêreld elke detail van daardie gebeure verklaar wat Ek, EK IS wat EK IS, ja Ek, EK IS wat EK IS wil, want al hierdie testamente sal die werke van My en My hemelse leërskare verklaar in al die werke wat ons saam met en vir My hele volk gedoen het, al My kinders, al My huise van Israel, My dogters van Sion en My Dogter van Sion gedurende hierdie tye, die voortye, en in die tye wat nog moet kom, sal al hierdie aangeleenthede verklaar word deur hierdie testamente. Sien julle nou hierdie beeld van hierdie Groot Biblioteek wat volgens My wil sal wees, EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205