BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 118 aan Lukaas van Hout op 15 Desember 2013

Geloftedag 16 Desember 2013

Hierdie dag, ja vandag, 15 Desember 2013, hierdie dag het Ek, EK IS wat EK IS gekies om hierdie woorde aan julle te gee, voordat die dag aanbreek wat julle aan My gegee het as `n herinnering aan alles wat Ek vir julle gedoen het by Bloedrivier. Weet en verstaan dat Ek julle liefhet. Weet en verstaan dat Ek julle nog moet sif en reinig! Weet en verstaan dat Ek alles van julle moet verwyder wat My aanstoot gee! Wat Ek by Bloedrivier gedoen het, sal Ek weer in hierdie tye doen, in die tye wat kom en die tye daarna, sal Ek al hierdie dinge doen! Ek sal al daardie dinge doen wat Ek gedoen het by Bloedrivier en meer as wat julle kan dink in die tye wat kom, soos wat Ek reeds gesê het. Ja, hierdie dag het Ek, EK IS wat EK IS gekies om hierdie woorde aan julle te gee, sodat julle met dieselfde hart, verstand en gees, dieselfde geestelike eerbied, nederigheid en dankbaarheid, ja met dieselfde harte van julle voorvaders, het Ek julle hierdie woorde gegee, sodat julle dit met dieselfde eerbied sal onthou! Deurdink die harte van julle voorvaders baie deeglik, toe hulle voor My gestaan en aan My die dag van herinnering gegee het en hul eed aan My afgelê het, Geloftedag, 16 Desember 1838. Ja, deurdink die harte van julle voorvaders deeglik, toe hulle voor My gestaan en hierdie Gelofte afgelê het! Ja, deurdink dit deeglik deur My Heilige Gees en bepeins daaroor! Dink aan die groot gevaar van hul lewens in 'n woeste en wrede land en aan alles wat hulle liefgehad het, dink daaraan hoe hulle na My geroep het met hulle hele hart en siel, en toe deur My hand verlos is! Wat, sê julle maar net die woorde van die Gelofte op vir julle eie selfver­heerliking om deur die mense gesien te word wanneer julle dit opsê? Het julle nog nooit tyd daaraan spandeer om te dink en te bepeins oor die harte van julle voorvaders, soos wat hulle in daardie dag was, die dag toe die Gelofte aan My afgelê is nie? Hierdie Gelofte, hierdie dag van die Gelofte is 'n dag wat gekoester word tussen My en My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in My Suid-Afrika woon. Ja, hierdie dag moet gekoester word tussen My en julle! Moet nie nou of ooit die woorde van die Gelofte onbesonne, of onverskillig, of vir julle eie selfverheerliking opsê om deur mense gesien te word nie. Soek nou daarna om hierdie woorde met dieselfde eerbied te verstaan, asof julle, ja julle, julleself, voor My staan om hierdie Gelofte af te lê! Soek nou daarna om dieselfde eerbied te verstaan! Soek nou daarna vir hierdie selfde eerbied van My Heilige Gees! Oorweeg elke woord van hierdie Gelofte deeglik met julle hele hart! Oorweeg elke reël van die Gelofte deeglik en met julle hele hart! Oorweeg al die woorde van hierdie gelofte deeglik met julle hele hart en met dieselfde eerbied! Poog altyd om hierdie woorde af te lê met die grootste eerbied en die grootste liefde, My liefde, so moet julle hierdie woorde van hierdie Gelofte aflê! Dit moet so wees om die saad van My heiligheid (apartheid) in julle harte en siele te plant! Ja, dit moet so wees om hierdie sade van My heiligheid binne julle harte te plant vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.

 

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om `n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as `n dankdag soos `n Sabbat sal deurbring; en dat ons `n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee

 

We stand here before the Holy God of heaven and earth, to make a vow to Him that, if He will protect us and give our enemy into our hand, we shall keep this day and date every year as a day of thanksgiving like a sabbath, and that we shall erect a house to His honour wherever it should please Him, and that we will also tell our children that they should share in that with us in memory for future generations. For the honour of His name will be glorified by giving Him the fame and honour for the victory.

ISR Skrif.

Mattheus 3:9: En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat Elohim mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.

3:8: Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat Elohim mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.

Vanwaar dink julle het hierdie woorde gekom? Dink julle dat hierdie woorde van My, EK IS wat EK IS JaHshua, dink julle dat hierdie woorde niksseggend en leeg is in hierdie dae? Bestaan My woord nie vir ewig en ewig nie? Bestaan My woord nie as 'n voorbeeld vir al die geslagte van die mens om dit te oorweeg en te bepeins nie? Tog dink julle dat julle los is van hierdie woorde. In julle arrogansie en hoogmoed dink julle self los van hierdie woorde en verhewe bo My wet, want Ek het hierdie mense uit My volk gekies, My Suid-Afrika, om 'n lig vir die wêreld te wees soos wat voorspel is deur My profete en deur almal wat Ek gekies en gestuur het om My woorde aan julle te spreek en te skryf, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion wat woon in My Suid-Afrika. Tog spreek julle dieselfde woorde wat julle voorvaders tot My gespreek het, EK IS WAT EK IS JaHshua, hierdie selfde woorde, "Ons het Abraham as ons vader!" Ek sê vir julle, soos wat Ek vir julle vaders gesê het, dat EK, JA EK, EK IS WAT EK IS JAHSHUA in staat is om kinders van Abraham uit klippe op te wek en op enige ander wyse wat Ek verkies om kinders van Abraham op te wek, SAL EK. Julle moet nie nou of ooit dink dat julle alleen verhewe staan bo My woord of My wet nie, as gevolg van die woorde en die beloftes wat Ek aan hierdie volk gegee het deur hulle wie Ek uitverkies en gestuur het na My Suid-Afrika, MY SUID-AFRIKA! Ek is die meester van hierdie wingerd en Ek het My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in My Suid-Afrika woon, opdrag gegee, ja, aan almal het Ek opdrag gegee om hierdie lande te bedien en My woorde te bedien deur almal wie Ek gekies en na hierdie lande gestuur het volgens My geskrewe, lewende en gesproke woord. Ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie groot opdrag opgedra aan My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in My Suid-Afrika woon. Hierdie mense in My volk is gekies om My planne en My doelwitte vir hierdie wêreld te vervul! Dit is My werk deur almal van julle, MY WERK! Laat julle nie mislei word soos wat julle voorvaders was om te dink dat omdat hulle die kinders van Abraham was, hulle los gestaan het VAN MY LEWENDE WOORD OF VERHEWE WAS BO MY WET NIE! Laat julle nie nou of ooit mislei word soos wat julle voorvaders was om te dink dat, omdat Ek My volk uitverkies in hierdie nasie in Suid-Afrika, om hierdie lig vir die wêreld te wees, julle nou spesiale bevoorregting by My geniet nie. Want Ek het reeds vir julle gesê deur daardie woorde wat aan julle voorvaders geskryf is, ja, Ek het julle reeds gesê dat Ek kinders van Abraham uit klippe kan en sal oprig. Julle sê, ons het die wet van Elohim, julle sê, ons het die woord en beloftes van Elohim vir hierdie nasie deur Sy profete. Julle sê, ons het die profesieë van wat nog moet plaasvind. Tog het julle vergeet dat dit Ek is, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ja, julle het My vergeet, Ek, JA VIR MY, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en van al wat is, was en sal wees, ja, vir My! Julle het My in al hierdie werke vergeet wat julle dink aan julle behoort! DIT IS MY WERKE! MY WERKE! MY WOORD, LEWEND, GE­SKREWE EN GESPROKE, MY WETTE, MY KONINKRYK EN DIE HELE SKEPPING IS MYNE, die hele skepping is Myne om te doen na My goeddunke en op enige wyse wat Ek, ja Ek, EK IS WAT EK IS goeddink om te doen. Maar nee, o Israeliet, wie is jy om dit te waag om te dink dat hierdie werke jou werke is! Wie is jy in My Koninkryk, ja, MY KONINKRYK om dit te durf waag om aan te neem dat jy bo MY WET, MY WOORD EN MY WIL is! Ek het nie die engele gespaar wat teen My gesondig het nie en sal geeneen van julle verskoon wat dit durf waag om te dink dat hierdie werk julle werk is nie! Soek in die Skrif! Soek in julle geskiedenis! Soek deeglik in al My profesieë wat Ek aan julle gegee het deur hulle wat Ek van binne af en van buite julle nasie gestuur het, hierdie nasie, Suid-Afrika! Ja, julle moet soek en bewend verstaan dat sowaar as wat Ek, EK IS wat EK IS leef, as My volk nie na My woorde gaan luister nie en as My volk nie My wette gaan nakom nie en as My volk My gaan vergeet en My uitdaag in My aangesig in hul arrogansie, ydelheid en eiegeregtigheid, dan sal Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek sal 'n ander nasie vind om hierdie lig te wees! Ek sal 'n ander nasie vind om My heilige nasie en My heilige volk te wees, selfs as Ek hierdie nasie moet oprig uit klippe om die saad van Abraham te wees, sal Ek al hierdie dinge doen! Het Ek nie al dikwels vir julle gesê dat julle 'n heilige volk vir My sal wees nie? Het Ek nie dikwels hierdie woorde vir julle gesê deur die talle wat Ek gekies het en vir julle gestuur het nie? Het Ek, EK IS wat EK IS nie al hierdie mense na julle gestuur om My woorde bekend te maak vir MY PLANNE EN MY DOELWITTE NIE! Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, is alle dinge vir MY PLANNE EN MY DOELWITTE VIR MY WIL SOOS WAT EK DIT GOEDDINK! Julle sal 'n heilige nasie vir My wees soos wat Ek julle beloof het, want Ek het julle so lief en julle was op so baie maniere getrou aan My! Ja, julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat woon in My Suid-Afrika, julle was getrou aan My! JULLE was getrou aan My op meer wyses as enige van die ander nasies. Ja liewe kinders, julle was getrou aan My. Selfs in julle groot sondes teen My, volg julle nog die groot opdragte waarvan Ek gespreek het in hierdie woorde. Ja, julle, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat woon in My Suid-Afrika, almal van julle volg en gehoorsaam My nog steeds in hierdie groot opdragte. Het Ek julle nie vertel van die sifting en reiniging wat moet kom nie? Het Ek julle nie vertel en julle gewaarsku van al hierdie dinge wat nou op julle is nie? Julle sal gesif word! Julle sal gereinig word! Julle sal My heilige nasie word, liefdevol en gehoorsaam in volmaakte gehoorsaam­heid in julle liefde vir My, EK IS wat EK IS. In volmaakte gehoorsaamheid van julle liefde vir My en My wil, wat My wil kan ookal mag wees, sal julle gehoorsaam wees in volmaakte gehoorsaamheid in julle liefde vir My, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS. Nooit weer sal julle My of My wil bevraagteken in enige aangeleentheid van My, ja MY SKEPPING nie! Kan julle nie onthou of het julle julle voorvaders vergeet wie Ek uitgelei het uit die hand van Farao? Met 'n sterke hand het Ek, EK IS wat EK IS julle voorvaders uitgelei uit die hand van Farao! Soos wat Ek dit vir julle voorvaders gedoen het, so sal Ek dit vir julle doen, en selfs groter dinge sal Ek vir julle doen, want Ek het julle so lief! Kan julle nie onthou of het julle vergeet dat onder hierdie baie voorvaders wat uit Egipte gevlug het onder My hand, ja, dat meeste van hulle ander gode gevolg het, of in afvalligheid van My woorde geglo het? Kan julle nie onthou of het julle vergeet van die omswerwing van julle voorvaders in die woestyn van Sinai? Kan julle nie onthou nie of het julle vergeet dat dit Ek was, ja Ek, EK IS wat EK IS wat hulle altyd gelei en gevoed het en hulle My wil en My wette en My liefde geleer het, deur Moses en ander wat deur My geroep was nie? Kan julle nie onthou of het julle vergeet dat dit Ek was, EK IS wat EK IS, wat al hierdie dinge vir julle voorvaders gedoen het nie? Kan julle nie onthou of het julle vergeet van die geslagte van julle voorvaders in hierdie woestyn? Vanuit hierdie geslagte van julle voorvaders wat Egipte verlaat het om die beloofde land in te gaan, was daar maar net `n paar wat in Egipte gewoon het! Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het My volk vir veertig jaar in die woestyn gelei om hulle 'n heilige nasie vir My te maak, wat My wet sou volg om My lig vir die wêreld te wees, 'n lig van My liefde, My wysheid, My geregtigheid en die groot geestelike waarhede wat Ek vir die mensdom voorberei het. Ja, julle voorvaders sou hierdie lig gewees het, as hulle My maar net onthou het! Die tye is kort vir die vervulling van My planne vir hierdie nasie en hierdie wêreld. Die tyd van julle reiniging sal ook aansienlik verkort word na 'n paar jaar toe, in hierdie moderne Sinaï om julle 'n heilige nasie vir My te maak, om My lig vir die wêreld te wees. Ja, die tyd van julle reiniging sal aansienlik verkort word om My werk in julle te vervul om julle My heilige nasie te maak. Julle sal 'n heilige nasie vir My wees soos wat Ek belowe het! Julle sal hierdie lig wees soos wat Ek gespreek het! Julle sal gesif word van die kaf! Julle sal gereinig en verfyn word en VOLMAAK gemaak word deur My, deur die reinigende vuur van My Heilige Gees! Julle moet nou weet en verstaan dat hierdie reiniging gedoen gaan word deur en van My Heilige Gees, soos wat Ek alreeds gesê het. Hierdie reiniging sal wees soos 'n oond van vuur wat alles sal wegneem wat vir My tot aanstoot is, alles wat in julle harte, verstand en gees woon. Alles in julle wat vir My tot aanstoot is, sal in hierdie oond van reiniging verwyder word. Julle sal 'n heilige nasie vir My wees wanneer julle uitkom uit hierdie Sinai in hierdie tye en in die tye wat moet kom. Julle sal in alle dinge gehoorsaam wees in volmaakte gehoorsaamheid aan My woord, My wet en My wil, sonder om dit te bevraagteken en altyd in liefde, My liefde sal julle hierdie gehoorsame en heilige nasie vir My wees. Hierdie reiniging- en siftingsproses het gekom en sal kom en op baie maniere sal hierdie REINIGING- EN SIFTINGSPROSES KOM! Weet en verstaan dat deur My wysheid en diep geestelike insig wat deur My Heilige Gees ingegee word, weet en verstaan dat die woorde wat Ek tot die hart van hierdie dienskneg gespreek het om vir My te skryf, ja, die woorde wat Ek gespreek en beveel het deur My Heilige Gees om vir My te skryf aan die goeie kinders van Gam, daardie woorde en woorde wat nog moet kom, is deel van hierdie reiniging en sifting wat moet kom. Soek daarna om My woorde te verstaan, al My woorde deur My Heilige Gees, Wie alle dinge openbaar! My woord sal voortgaan deur hierdie dienskneg soos wat Ek alreeds gesê het en deur baie ander diensknegte wat Ek uitverkies het om My woorde aan julle te gee, geskrewe en gesproke. Soek My nou terwyl Ek nog gevind kan word! Soek My met julle hele hart en met julle hele gees en met julle hele verstand, soek My! Soek My deur My liefde en soek My koninkryk! Gehoorsaam My en MY WETTE soos aan Moses gegee en deur My in liefde bevestig toe Ek na julle wêreld gekom het as JaHshua. Luister na My woorde deur hulle wat Ek uitverkies het om My woorde aan julle te spreek en te skryf, soek daarna om al hierdie woorde te verstaan deur My Heilige Gees en moet nooit probeer om My woord, lewend, geskrewe en gesproke, te verstaan deur julle eie insig nie, EK IS wat EK IS, EK IS JaHshua!

 

Mattheus Lombard: Vanmiddag op 15 Desember te Bloedrivier het 'n handjievol volk 'n belofte namens die toekomstige volk afgelê vir die behoud van die toekomstige volk. Hulle het geweet dat net God Almagtig die vyand kan laat swig en nie hulle kennis nie. Dit was net Sy genade en liefde vir die handjievol volk wat besef het dat hulle belofte in opregte geloof en totale vertroue in God die omkeer gebring het. Op 16 Desember by Bloedrivier het die groepie volk besef dat soos hulle nou glo, so moet hulle geloof in die toekoms uit dankbaarheid wees teenoor die Begenadigde.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205