BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 135 aan Lukaas van Hout op 10 Januarie 2014

Juda sal brul!

"Skryf My woorde aan die ooste, skryf My woorde aan die weste, skryf My woorde aan die noorde en skryf My woorde aan die suide!

"Julle moet voorberei, Huis van Israel en Dogter van Sion, berei voor vir die brul van Juda, nee, die hele wêreld moet nou voorberei vir die brul van Juda, want Ek sal binnekort die groot verdraagsaamheid verwyder wat My Heilige Gees op Juda geplaas het tydens hierdie baie jare."

"In daardie dae, die tye wat nog moet kom en in daardie tyd aan die begin van daardie dae, sal Juda vir My brul, vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion!"

"Ja, Juda sal brul met 'n skrikwekkende en vreesaanjaende brul van My woord aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, 'n brul wat regdeur die hele wêreld gehoor sal word!"

"Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, sal Ek die groot verdraagsaamheid verwyder waarmee Ek Juda vir baie jare binne en buite My Suid-Afrika ingeboesem het!"

"Ja, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek sal Juda se verdraagsaamheid verwyder!"

"Ek sal die hart van Juda laat ontwaak om te sien en hoor soos wat Juda nog nooit voorheen gesien of gehoor het nie!"

"Juda sal al die lyding, sterftes en wee van sy kinders sien en hoor soos wat Juda dit nog nooit voorheen gesien of gehoor het nie, so oop sal die hart van Juda se oë en ore word oor al hierdie lyding, sterftes en wee op sy kinders, na My verwydering van sy verdraagsaamheid."

"In daardie dae, die tye wat nog moet kom en in daardie tyd aan die begin van daardie dae, sal Juda met sy magtige en gevreesde brul begin, as gevolg van sy groot verontwaardiging oor al hierdie lyding, sterftes en wee wat teen sy kinders gepleeg is."

"Groot sal die verontwaardiging van Juda wees wanneer My Heilige Gees al die lyding, sterftes en wee sal openbaar wat onbekend en weggesteek was van Juda, selfs van onder hulle wie hy gedink het sy broers en susters was."

"Juda sal brul met groot trane van hartseer, bitterheid, verraad en woede teen al hierdie wie hy gedink het sy broers en susters is, wie hom so verraai het in die pleeg van al hierdie verborge lyding, sterftes en wee op sy kinders."

"Hierdie lyding, sterftes en wee van sy kinders sal Juda skynbaar tot die dood toe wond, 'n diep en pynlike wond sal al hierdie lyding, sterftes en wee van sy kinders vir Juda wond."

"Juda sal dag en nag vir baie dae treur en smart hê, met diepe rou en met diepe smart oor al hierdie lyding, sterftes en wee op sy kinders wat van hom weggesteek was."

"Juda sal weet dat die gees van Kain op diegene van sy broers en susters was wat hom so verraai het en hierdie lyding, sterftes en wee weggesteek het op sy kinders en Juda sal hulle vervloek wie Hom so verraai het, met onbeheerste woede en gramskap sal Juda hulle vervloek wie hom so verraai het en wie oorgegee het aan die gees van Kain om al hierdie lyding, sterftes en wee op sy kinders van hom weg te steek."

"Ek sal met Juda wees, Ek sal in die rou en smart van Juda deel en Ek sal Juda vertroos en genees vir My planne en vir My doelwitte."

"Dan sal die brul van Juda begin vir My geregtigheid, My wil en My planne en doel vir hierdie wêreld en My Huis van Israel en Dogter van Sion!"

"Juda, uitverkies deur My, luister nou na My en weet dat Ek met jou sal wees in daardie tye van jou woede en gramskap!"

"Ek sal met jou wees tydens jou droefheid en smart!"

"Ek sal jou wegsteek binne die diepte van My liefde, totdat jy van al die woede en gramskap genees is as gevolg van die lyding, sterftes en wee wat teenoor jou kinders gepleeg is!"

"Ek sal jou genees van al jou hartseer, bitterheid, verraad en woede!"

"Ja, Ek sal by jou wees om jou te troos en te genees!"

"Jy sal saam met My en My liefde gedurende hierdie tyd van genesing woon in My skuilplek, die skuilplek van die Allerhoogste, Skepper en jou liefdevolle Vader!"

"Dan sal Ek Juda uitstuur om te begin met die brul van My geregtigheid!"

"Juda sal nie sy gebrul staak totdat die tye van die profete vervul is nie!"

"Juda sal nie sy gebrul staak totdat die tye van die profete vervul is nie!"

"Juda sal nie sy gebrul staak totdat die tye van die profete vervul is nie!"

"Juda sal My wil brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion!"

"Juda sal My wil aan die wêreld brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion van Suid-Afrika en sal nie sy gebrul staak alvorens die tye van die profete vervul is nie."

"Juda sal My wil aan die wêreld brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion van Suid-Afrika en sal nie sy gebrul staak alvorens die tye van die profete vervul is nie."

"Juda sal My wil aan die wêreld brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion van Suid-Afrika en sal nie sy gebrul staak alvorens die tye van die profete vervul is nie."

"Juda sal brul, want Ek, EK IS wat EK IS, Ek sal Juda sy mond gee om te brul, 'n skrikwekkende en vreesaanjaende brul sal Ek aan Juda gee deur My Heilige Gees om te brul en te brul sal Juda brul, 'n magtige en vreesaanjaende brul sal Juda brul! "

"Juda sal brul met die brul van My wil, die brul van My geregtig­heid, die brul van My verlossing, vergelding en oordeel; Ek sal hierdie mond aan Juda gee om te brul en Juda sal brul met 'n magtige brul, soos wat daar nog nooit vantevore gehoor is hoe Juda brul nie! "

"Ek sal die brul van Juda bemagtig met My Heilige Gees en Juda sal brul met 'n magtige brul, 'n magtige brul wat sy broers van binne en buite die grense van MY SUID-AFRIKA sal laat ontwaak, hulle wie hom vergeet het!"

"Juda sal brul met 'n magtige brul, 'n brul wat magtig, regverdig en kragtig in My woord sal wees, JA MY WOORD, EK, EK IS WAT EK IS, MY WOORD, MY WOORDE, AL DIE WOORDE WAT EK MY HEILIGE GEES BEVEEL HET OM AAN JUDA TE GEE EN SO SAL AL MY WOORDE DAN MY WIL EN DIE WOORDE VAN DIE PROFETE SOOS REEDS VOORSPEL, VERVUL!"

"Juda sal brul met 'n magtige brul, 'n brul magtig, regverdig en kragtig, omdat My Heilige Gees hierdie brul oor Juda sal beveel om My wil te doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion, 'n brul wat sy broers sal laat ontwaak, 'n brul wat sy broers sal vul met groot verontwaardiging teen die vyande van My Huis van Israel en My Dogter van Sion!"

"Juda, berei jou voor vir hierdie brul en weet dat dit My wil is dat jy moet brul om jou broers wakker te maak om My wil te doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion in Suid-Afrika!"

"Berei jou voor en weet dat die verontwaardiging van jou broers baie vinnig na hulle toe sal kom!"

"My Heilige Gees berei hulle harte selfs nou voor vir hierdie groot verontwaardiging!"

"Neem kennis en verstaan in diepte en geestelik dat hierdie verontwaardiging onder jou broers groot sal wees!"

"Ek sal hulle herinner aan Benjamin!"

"Hulle sal jou sien as Benjamin!"

"Hulle sal kennis neem van jou geweldige gevangenskap, lyding, dood en pyn."

"Groot sal hulle verontwaardiging wees oor hierdie ontwaking!"

"Onthou My woorde Juda, elkeen van hulle en berei jou hart voor vir wat My Heilige Gees aan jou hart sal openbaar, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, EK IS JaHshua, jou liefdevolle Vader!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205