BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

BOODSKAP NO 14 AAN LUKAAS VAN HOUT OP 13 SEPTEMBER 2013

Ek woon nie net in die geskrewe woord nie

Ontwaak en skryf Lukaas, hulle weet wie EK IS is. Skryf aan dié wat slegs wandel op die geskrewe woord as die enigste woord wat Ek deur my profete gespreek het. Ek woon in watter woorde wat Ek ookal gespreek het, Ek woon in en buite en deur wie Ek ookal kies om my woord oor te dra aan my volk wanneer Ek so kies. My profete, My leraars, My boodskappers en elkeen van hulle wat My ken, hoor My stem wanneer Ek met hulle spreek en op welke tyd Ek kies om met hulle te spreek, hoor hulle My stem. Dit is hulle wat My liefhet en My dien met `n volle bereidwillige hart en siel. Dit is hulle wat Ek uitverkies het as gevolg van hul getrouheid, want hulle het My geglo toe Ek met hulle hul woord, hul doel, hul missie gespreek het. Dit is hulle wat, toe hul lewespad aan hulle getoon is, en alles wat van hulle verwag sal word, geantwoord het: Ja Vader, ek sal alles doen wat U my vra om te doen vir U volk. Ja, dit is hulle wat My nie net liefhet nie, maar wat My liefde vir My volk ontvang het en wil slegs My wil doen vir hierdie liefde wat Ek aan hulle getoon het. Dit is hulle wat My daagliks vra om My wil te doen, ongeag die koste; liefdevolle en sagte dienaars is hulle. Dit is hulle wat nie huiwer om 'n boodskap van straf of vermaning van My te gee nie, wetend dat hierdie woorde hulle ongewild, verwerp en gehaat sal maak, tog soos altyd, doen hulle My wil, ongeag die verwerping wat hulle ervaar deur dit te doen. Dit is hulle wat alles opoffer, slegs om My wil te doen en vra slegs vir My moed, Krag en Wysheid om daardie take te voltooi wat Ek hulle gestuur het om te doen. Hulle is myne en Ek het dit in julle harte geplaas om diegene wat Ek gestuur het, te ken. Ek het dit maklik gemaak vir julle; julle sal hulle ken deur hul liefde en hulle groot opoffering vir My doeleindes. Die ander spreek van hul valsheid deur hul eie lewens en deur hul eie lewens openbaar hulle hul valsheid en leuens. Aan hierdie wat Ek nie gestuur het nie, se sonde sal Ek sigbaar vermeerder, sodat julle kan weet dat hierdie woorde waar is. Ek IS wat EK IS, daar is geen ander nie, luister na My woorde deur diegene wat Ek gestuur het en sal stuur. Die tyd raak min en My volk moet My hoor deur hulle wat Ek gekies het om My woord aan hulle te bring in hierdie tye van duisternis en groot gevaar wat op julle is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205