BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 145 aan Lukaas van Hout op 24 Januarie 2014

Lees My Woorde met jou hart. Dood voorspel van `n geestelike leier in Israel

"Huis van Israel, waarom lees julle My woorde net met julle oë?"

"Waarom lees julle, Huis van Israel, My woorde net met julle oë en lees julle My woorde sonder om diep oorweging te skenk aan My waarhede wat Ek openbaar deur My Heilige Gees aan enigeen van julle wat maar net wil vra?"

"Huis van Israel, waarom lees julle My woorde net met julle oë?"

"Huis van Israel, julle moet My woorde met JULLE HARTE lees, julle moet al My woorde met julle harte lees!"

"Waarom, Huis van Israel, lees julle My woorde net met julle oë en lees julle My woorde sonder om diep oorweging te skenk van waar hierdie woorde tot julle harte kom?"

"Hierdie woorde is My woorde, die woorde van 'n liefdevolle Vader tot en in die hart van hierdie dienskneg, gespreek deur My Heilige Gees, om alles te skryf wat aan hom getoon is om aan julle te skryf, vir My Huis van Israel.”

"Huis van Israel, almal van julle, oordink dit, oordink dit baie deeglik dat al hierdie woorde wat tot die hart van hierdie dienskneg gespreek is om aan julle te skryf, van My af kom, EK IS wat EK IS, Hy wat is en wat was en Hy wat altyd sal wees en wat alles is wat liefde is en Hy wat liefde is!"

"Ja, oordink al hierdie woorde wat tot die hart van hierdie dienskneg gespreek is baie sterk en oordink dit diep binne julle harte!"

"Huis van Israel, oordink dit sterk, almal van julle, oordink dit sterk dat al hierdie woorde vir ewig voortvloei diep vanuit alles wat EK IS en diep vanuit alles wat EK IS in My liefde doen; al hierdie woorde vloei voort vanuit My en My liefde vir ewig en ewig in hierdie uitdrukkings van My geskrewe woorde aan julle."

"Huis van Israel, dink daaraan, almal van julle, dink ernstig daaraan dat al hierdie woorde en al My woorde lewend is!"

" Ja, al hierdie woorde en al My woorde is lewend as deel van My en woon en leef in My en in My liefde en is Ek as geskrewe woorde aan julle in hierdie liefde."

"Huis van Israel, dink diep daaroor na dat al My woorde nog altyd was en altyd 'n lewende deel van My en My liefde sal wees, toe, nou en vir ewig sal al My woorde 'n lewende deel van My en My liefde wees, blywend vir ewig en ewig!"

"Huis van Israel, julle moet My woorde deeglik met julle harte deurdink wanneer julle My woorde lees en die lewende liefde van al My woorde verstaan wat aan julle gegee word deur My, julle liefdevolle Vader."

"Oordink My woorde ernstig, altyd en met die wete en begrip dat ieder en elke een van hierdie woorde is Ek en My liefde, geskrywe as woorde aan julle, My Huis van Israel."

"Oordink My woorde baie ernstig, altyd en met die wete en begrip dat julle, My Huis van Israel, geliefd is met 'n liefde so onpeilbaar, dat daar geen grense of dieptes bestaan wat hierdie liefde begrens nie, so grensloos is My liefde vir julle, My Huis van Israel!"

"Neem kennis en verstaan deeglik, My Huis van Israel, neem kennis en verstaan deeglik dat hierdie geskrewe woorde aan julle LEWE SOOS LIEFDE in My, julle Skepper en liefdevolle Vader!"

"Neem kennis en verstaan goed, My Huis van Israel, neem kennis en verstaan goed, My Huis van Israel, dat selfs daardie woorde, "My Huis van Israel", neem kennis en verstaan goed dat daardie woorde kosbaar is vir My en wanneer Ek oor daardie woorde dink wanneer Ek daardie woorde spreek en My woorde aan My diensknegte gee om te skryf of te spreek met julle, sien Ek almal van julle en alles wat julle is, ineens, My Huis van Israel."

"Ja, Ek sien almal van julle en alles wat julle is ineens wanneer Ek, EK IS wat EK IS daardie woorde betrag soos wat dit geskryf en gespreek is, daardie woorde, "My Huis van Israel", so kosbaar is julle vir My."

"Ek spreek dikwels van My liefde vir julle, My Huis van Israel en sal voortgaan om met julle te spreek van My liefde vir julle, veral vandag, sodat julle altyd sal weet en altyd sal verstaan dat My liefde altyd met julle is, selfs in daardie tye wanneer My liefde ver weg blyk te wees."

"Gedurende daardie tye blyk My liefde net ver weg van julle te wees, My gekoester Huis van Israel en My gekoester Dogter van Sion, ja My liefde blyk net ver weg te wees van julle gedurende daardie tye, maar tog, wanneer dit in daardie tye blyk dat My liefde ver weg is, is My liefde selfs nog nader aan julle!"

"Ek spreek vandag van My liefde, My Huis van Israel, veral vandag, sodat julle altyd sal weet en sodat julle altyd My liefde sal verstaan, want 'n tydperk is nou op hande, 'n tydperk waarvan daar in die hart van hierdie dienskneg gespreek is om voor te berei om hierdie woorde te skryf, alhoewel in daardie tyd wat dit aan hierdie dienskneg getoon is, het hierdie dinge al lank gelede plaasgevind." "Tog het Ek die hart van hierdie dienskneg voorberei om hierdie woorde te skryf, want die tyd het nou aangebreek."

"Berei julle voor, My Huis van Israel, vir 'n groot hartseer en 'n groot smart in My Huis van Israel binne en buite Suid-Afrika."

"Ja, berei julle voor vir hierdie groot rou en smart oor die verlies van een van julle geliefde persone, een van My diensknegte in My Suid-Afrika" "Sy tyd is naby en dit is My wil dat hy by My sal woon in My koninkryk." "EK IS gaan hom binnekort huis toe roep."

"Onthou, My Huis van Israel, onthou altyd My liefde en onthou altyd My liefde in al My woorde wat Ek aan julle gee deur al My diensknegte wat My woorde aan julle bring!"

"Onthou, My Huis van Israel, onthou dat My woorde nog altyd was en nog altyd sal wees en My woorde leef as Ekself in My liefde!"

"Ek sal met julle wees in julle tyd van rou en hartseer vir hom wie Ek huis toe bring." "Ja, Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek sal by julle wees in julle tyd van rou en hartseer vir hom wie Ek huis toe roep."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205