BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 149 aan Lukaas van Hout op 26 Januarie 2014

Beloftes en waarskuwings aan die kinders

“Skryf My woorde aan My Huis van Israel en aan My Dogter van Sion, want die uur is op hande, ja, skryf My woorde, want die uur is op hande en op die horison kom die stofstorms en die sprinkane bymekaar.”

"My Huis van Israel en My Dogter van Sion, waar begin 'n Vader om met Sy kinders te spreek oor die groot dood wat voor die deur is?"

"My Huis van Israel en My Dogter van Sion, hoe spreek `n Vader, hoe begin 'n liefdevolle Vader om met Sy kinders te spreek oor die groot dood wat oor hulle gaan kom?"

“Kleine kinders wie Ek so liefhet, My Huis van Israel en My Dogter van Sion wie soos My eie hart is in hierdie liefde, hoe kan Ek, ja Ek, julle Skepper en julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, hoe spreek Ek met julle van hierdie verskriklike beproewinge wat gaan kom, om julle te bemoedig en om julle te troos in die aangesig van sulke onuitspreeklike boosheid?”

"Kleine kinders, hoe spreek 'n liefdevolle Vader met Sy kinders om hulle te waarsku dat hul dood binnekort gaan aanbreek?”

"Tog moet dit so wees, en Ek moet julle op elke moontlike manier waarsku om julle voor te berei en om julle te laat ontwaak tot hierdie barbaarse en wrede tye wat oor julle gaan kom!"

"Tog moet dit so wees, en Ek moet julle op elke moontlike manier waarsku om julle voor te berei en om julle te laat ontwaak tot die baie sterftes wat onder julle gaan kom, My Huis van Israel en My Dogter van Sion!"

“Tog moet hierdie waarskuwings so wees om julle tot My te laat ontwaak, sodat julle geloof in My julle na My toe en na My koninkryk toe sal dra in die tye wat kom."

“Baie mense het valslik verklaar dat Ek nie met My kinders spreek nie en baie het verklaar dat Ek alles gesê het wat nodig is om te sê in die boeke van die verbonde, tog pleit julle eie rede in julle harte om dit nie te glo nie?”

“Ween julle eie harte nie dag en nag by julle nie, en pleit julle harte nie oor die valsheid van hulle wat wil hê dat julle moet glo dat Ek, EK IS wat EK IS, julle LIEFDEVOLLE VADER, nie met My Huis van Israel en My Dogter van Sion sal spreek in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna nie?”

“Skreeu julle eie harte en julle eie rede nie tot julle gees en selfs tot julle eie siele dat dit nie so kan wees nie, veral in hierdie, die ergste van tye vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion?”

“Kom na My toe, ja na My, EK IS wat EK IS!”

"Kom na My toe, Huis van Israel en My Dogter van Sion!"

"Kom nou na My toe in hierdie oomblikke van die grootste ure van julle versoeking en in hierdie oomblikke van die grootste ure van julle vrees en ontsteltenis, kom na My toe, kom na My toe, kom na My toe!"

"Kom na My toe deur My oop deur, JaHshua!"

“Kom na My toe, Ek IS wat EK IS JaHshua!”

“Kom na My toe en laat ons die saak met mekaar uitmaak deur My Heilige Gees wat die waarhede van hierdie sake aan julle harte sal openbaar, as julle My maar net wil glo en vertrou, vir My, julle liefdevolle en ewige Vader!”

"Kleine kinders, ouers, moeders, vaders, spreek julle eie rede nie met julle harte oor al hierdie dinge, dat as julle self geweet het van gevaar wat julle eie kinders sou oorkom, dat julle nooit sou swyg in julle liefde en in julle waarskuwings aan julle eie kinders nie?"

“So is dit met My!"

“Het julle vergeet of kan julle nie eens meer onthou dat Ek vir julle gesê het dat julle myne is en dat Ek jaloers is oor julle nie?”

“Oorweeg hierdie woorde baie deeglik!”

"As Ek dan, julle Skepper en liefdevolle Vader hierdie dinge aan julle sê, beteken dit dan nie dat Ek, julle liefdevolle Vader, altyd met julle sal spreek nie, OMDAT JULLE MYNE IS EN OMDAT EK JALOERS IS OOR JULLE EN OMDAT EK LIEF IS VIR JULLE NIE!"

"WEET, GLO en VERTROU My, EK IS wat EK IS, WEET, VERTROU en GLO My soos wat Ek julle vertel het en julle herinner het en voort sal gaan om julle te vertel en te herinner, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, WEET, VERTROU en GLO My dat Ek altyd by julle sal wees en dat Ek altyd elke moontlike en elke denkbare wyse sal gebruik om met julle te spreek van My liefde vir julle en om julle troos, waarskuwing, onderrig en geestelike waarheid te bring soos wat julle dit nodig het, altyd en vir ewig en altyd en tot in ewigheid sal Ek met julle spreek op elke moontlike en elke denkbare wyse om aan julle troos, waarskuwing, onderrig en geestelike waarheid te bring, soos wat julle dit mag nodig hê vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna!"

"Weet, vertrou en glo My, EK IS wat EK IS!"

"Weet, vertrou en glo My deur hierdie woorde, gespreek tot en in die hart van hierdie dienskneg deur My Heilige Gees om My woorde te skryf, al My woorde aan julle vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna!"

"Weet, vertrou en glo My, EK IS wat EK IS!"

“Weet en verstaan, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, weet en verstaan dat Ek ander voorbestem het om My woorde aan julle te spreek en My woorde aan julle te skryf.”

“Diegene wat Ek voorbestem het, is reeds onder julle en word voorberei vir hierdie take deur My Heilige Gees wat selfs nou tot en in hul harte werk om My woorde met julle te spreek en My woorde aan julle te skryf.”

“Weet en verstaan, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, weet en verstaan!”

“Weet en verstaan, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, weet en verstaan dat Ek kennis dra van julle onsekerheid oor hierdie woorde as gevolg van die vele valse leraars onder julle!”

"Maar as Ek deur hierdie woorde as 'n ouer spreek wat Sy kinders liefhet soos wat julle julle eie kinders liefhet, nooit sal ons ooit stilbly vir ons kinders nie, veral nie in die aangesig van sulke boosheid en veral nie in hierdie tye, die tye wat kom, die eindtye en die tye daarna nie, NEE, NEE, NOOIT sal ons ooit stilbly vir ons kinders in die aangesig van sulke gevaar nie!"

"Neem kennis en verstaan deeglik en oorweeg dit deeglik, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, weet en verstaan hierdie liefde deeglik, My liefde waaroor Ek baie keer met julle gespreek het en baie keer het Ek vir julle gesê om te poog om julle woonplek van liefde binne-in My te bou en binne My woning van My liefde!" "Ja, baie keer het Ek vir julle gesê om te poog om julle woonplek van liefde binne My en binne My woning van My liefde te bou!"

"Ek spreek van hierdie liefde, My liefde, Ek spreek met julle van hierdie liefde vir julle, sodat julle My liefde in geloof kan aangryp en My in geloof kan vertrou met alles wat in julle hart, verstand, gees en siel is!" "Ek spreek van hierdie liefde, My liefde, Ek spreek met julle van hierdie liefde vir julle, sodat julle hierdie liefde sal aangryp, My liefde, want dit is in hierdie liefde wat Ek julle sal wegsteek en julle sal beskerm teen die bose een en Sy leërskare."

“Weet en verstaan dat die dood vir baie van julle sal kom in die tye wat kom en die dood sal vir julle kom op vreesaanjaende en wrede wyse en met vreesaanjaende en wrede wyse sal die bose een en Sy leërskare deur die mens poog om julle van My af te verskrik!”

"In daardie tye, wanneer die dood vir baie van julle sal kom, hou aan My vas, EK IS wat EK IS JaHshua en hou aan My liefde vas en woon in My liefde en weet dat julle slegs `n blote hartklop weg is van My, My ewige liefde en My ewige koninkryk!"

"Tydens die oomblik van julle dood in hierdie lewe, in daardie oomblik sal julle julle oë weer oopmaak in My EWIGE omhelsing en in My EWIGE koninkryk en in My EWIGE liefde!"

"As dit nie so was nie, sou Ek dit nie vir julle gesê het nie, tog is dit so!"

“Ek wag reeds vir julle in daardie tye wat moet kom!”

“Ja, soos 'n verwagtende ouer met die geboorte van hul kind, wag EK IS reeds vir julle met die grootste liefde, genesing en vertroosting!”

“En soos wat Ek julle vertel het, sal Ek persoonlik al die trane van julle oë afvee, en Ek persoonlik sal julle troos en sal julle liefhê en sal julle genees van al die lyding, pyn en vrees van julle voormalige sterflike lewens.”

"In daardie dag en in daardie tyd wanneer julle My EWIGE koninkryk en My EWIGE liefde sal betree, sal julle vir ewig saam met My wees in die eindelose en EWIGE diepte van die woning van My liefde in My."

“Nooit sal Ek julle laat gaan nie, en nooit sal enige lyding julle ooit weer vind nie, so diep sal julle wees in die ewige ewigheid van My woning van My liefde.”

“Ja, kinders van My Huis van Israel en My Dogter van Sion, in daardie dag en in daardie tyd wanneer julle My koninkryk sal betree, sal julle vir ewig by My woon in My onblusbare en oneindige liefde, want dit is MY WIL, ja, My wil, EK IS wat EK IS, Ek het julle so lief, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, EK HET JULLE SO LIEF!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205