BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 155 aan Lukaas van Hout op 7 Februarie 2014

Waarskuwings aan die Huis van Israel teen afvalligheid

"EK IS wat EK IS, hoe het Ek julle nie liefgehad nie en hoe Ek sal julle nie altyd liefhê nie, Huis van Israel, My Huis van Israel en My geliefde Dogter van Sion, ja, Ek het julle liefgehad en sal julle altyd liefhê!"

“Die tye waaroor julle vooraf gewaarsku is, is nou op julle en alhoewel hierdie tye volgens My wil sal toeneem en vir julle traag mag lyk om toe te neem, tog beweeg dit vinniger as die spoed van lig volgens My tye.”

"My liewe, liewe en uiters geliefde kinders, neem kennis en verstaan dat, soos wat Ek julle nog altyd gesê het en sal voortgaan om julle te vertel, totdat ons uiteindelik omhels, weet dat EK IS wat EK IS julle liefdevolle Vader is wat julle so liefhet!"

"Die tye van die Profete en die tye van My boodskappers met My woorde aan julle is op julle, ja, dit is op julle en Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS spreek direk op hierdie dag tot en in die hart van hierdie gehoorsame dienskneg om My woorde aan julle te skryf, sodat julle ten volle sal verstaan en aan My liefde sal kleef en in My liefde sal woon, om in staat te wees om dit wat nou op julle is, te kan dra sowel as dit wat nog deur die bose een oor julle gebring sal word!"

“Onthou My woorde aan julle in My Psalm 91:"

Psalm 91-1:16 (BvH)

1 HY wat in die skuilplek van die Hoogste El sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

2 Ek sal tot JaHWeH sê: My toevlug en My bergvesting, My Elohey op wie Ek vertrou.

3 Want dit is Hy wat U sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

4 Hy sal U dek met Sy Vlerke, en onder Sy Vleuels sal U skuil; Sy Waarheid is U Skild en Pantser.

5 U hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

7 Al val daar duisend aan U sy en tienduisend aan U regterhand - na U sal dit nie aankom nie.

8 Net met u oë sal U dit aanskou en die vergelding van die besoedelde sien.

9 Want U, JaHWeH, is My toevlug. Die Hoogste El het U U beskutting gemaak.

10 Geen besoedeling sal U tref en geen plaag naby U Tent kom nie;

11 want Hy sal Sy Boodskappers aangaande U bevel gee om U te bewaar op al U weë. [Lukas 4:10]

12 Hulle sal U op die handpalms dra, sodat U U voet teen geen klip stamp nie. [MattithJaHûW 4:6; Lukas 4:11]

13 Op die leeu en die adder sal U trap, die jong leeu en die Draak vertrap.

14 Omdat Hy My liefhet, daarom sal Ek Hom red; Ek sal Hom beskerm, omdat Hy My Naam ken.

15 Hy sal My aanroep, en Ek sal Hom verhoor; in die nood sal Ek by Hom wees; Ek sal Hom uitred en Eer aan Hom gee.

16 Met lengte van dae sal Ek Hom versadig, en Ek sal Hom My Verlossing laat sien."

 

"Huis van Israel, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, Ek spreek vandag van My liefde vir julle, want dit is My laaste waarskuwing en dit is My laaste beroep op julle, Huis van Israel, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, ja My kinders wie Ek so liefhet, hierdie is My laaste waarskuwing en My laaste pleidooi aan julle om julleself voor te berei in My en in My liefde, om in staat te wees om teen die vyand te kan staan in hierdie tye wat nou op julle is!”

"Kan julle nie onthou nie, of het julle al vergeet dat Ek die mensdom deur My woorde gewaarsku het dat My Gees nie altyd met julle sal wees nie?" "Dit is nou hier in hierdie laaste en finale waarskuwing aan julle!"

"Soos wat Ek julle al vele kere gesê het, bou julle woning in My en in My liefde, sodat julle gedurende hierdie tye in staat kan wees om teen die opponent te staan!"

"Soek nou met al die ywer van julle harte, verstande en siele, soek nou om julle harte oop te maak vir My woorde, lewend, geskrewe en gesproke!"

“Vertrou My Heilige Gees om enige valse lering of geloof in julle te openbaar en laat dit gewillig los!”

“Die uittog het begin.”

“Die uittog het begin.”

“Die uittog het begin.”

"Dit uittog waarvan Ek nou spreek, is die uittog vanaf die geestelike Farao`s wat julle hierdie vele jare in slawerny gehou het en gedurende die tyd van die uittog vanuit die Farao`s van die mens sal Ek spreek, maar eers gedurende daardie tyd."

“Berei julle nou voor om julle keuse te maak om My te volg, EK IS wat EK IS en My woorde, of om die vyand te volg met al sy afvalligheid en valse leringe.”

 

“Die Geestelike Moses staan nou voor julle met die boek van die wet en van My liefde en Ek aan sy sy, smekend aan julle om My te kies en om My liefde te kies!”

“Julle moet My nou kies, want Ek het julle lief en het so baie vir julle berei gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna!”

“Kies My en My liefde sodat Ek julle kan liefhê en julle in My woning van My liefde kan verberg en in My woning van liefde sal geen onheil julle mislei of skei van My nie, nooit nie!

“Kies My en vertrou My en glo My in hierdie liefde!”

“Kies My en vertrou My en glo My in My wet van liefde!”

“Kies My in geloof en in al die geloof wat Ek julle sal gee, want die afgrond van afvalligheid word binnekort geopen en hulle wat gekies het om die vyand te volg, sal in hierdie afgrond van afvalligheid val en sal vir ewig van My geskei word!"

"Hulle sal voor My en My gemeentes en vergaderings in hul sondes sterwe en sal My weer van aangesig tot aangesig ontmoet in die Dag van die Oordeel!"

"Neem julle ook met ernstige en angswekkende begrip kennis, julle moet kennis neem dat hierdie uittog, hierdie geestelike uittog daar is om julle voor te berei vir die tye wat kom, wanneer slegs julle geloof in My julle sal lei deur die tye wat kom, en deur hierdie tye wat nou op julle is!"

"Ek sal almal verwyder wat My te na sal kom en enigeen van hulle wat op enige wyse vals oor My getuig, want dit is My wil dat My Heilige Volk gebou sal word op hulle wat Ek na die geestelike woestyne van hierdie moderne Sinaï sal lei en na die letterlike woestyne van hierdie moderne Sinai wat nog moet kom!"

"Julle moet kennis neem en goed verstaan, neem kennis en verstaan met ernstige en angswekkende begrip, julle moet kennis neem, Huis van Israel en My Huis van Israel, dat wanneer Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, wanneer Ek julle sal uitlei uit hieruit Egipte en die Egipte wat nog moet kom, neem kennis en oordink met ernstige en angswekkende begrip dat Ek enigeen van julle wat op enige wyse vals van My sal getuig, sal verwyder!"

"Ek sal almal verwyder wat My beledig en enigeen wat op enige wyse vals van My sal getuig, want dit is My wil dat My Heilige Volk gebou sal word op hulle wie Ek in die geestelike woestyne van hierdie moderne Sinaï sal inlei en in die letterlike woestyne van hierdie moderne Sinai wat nog moet kom!"

"Julle moet kennis neem en verstaan, met ernstige en angswekkende begrip, neem kennis dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Skepper, Koning van die Konings en JaHshua, Ek sal met julle wees in hierdie moderne woestyne van Sinai en julle sal My leer ken as die EK IS wat altyd gerespekteer en eerbiedig sal word, soos wat Ek julle My heilige volk maak!"

"Julle sal My krag sien en My volk sal weet dat EK IS en sal bewe en vrees oor My teenwoordigheid onder julle!”

"Julle moet kennis neem en verstaan dat aan die einde van die tye wat nog moet kom, daar slegs My Huis van Israel en My Dogter van Sion sal wees."

“Daardie Huis van Israel, daardie huis wat valse getuienis teen My lewer, sal nie meer bestaan nie en slegs My Huis van Israel en My Dogter van Sion sal verrys uit die woestyne van hierdie moderne woestyne van Sinai waardeur Ek hulle sal lei!”

“Ja, hulle wat te voorskyn sal kom en baie wat eerste hierdie woestyne binnegegaan het, sal nie teenwoordig wees wanneer My Huis van Israel en My Dogter van Sion vanuit hierdie moderne Sinai sal uitkom as die Heilige Volk wat Ek van hierdie Huis en hierdie Dogter sal maak nie.”

"Ek sal elkeen verwyder wat My beledig en enigeen wat op enige wyse van My vals getuig, want dit is My wil dat My Heilige Volk gebou sal word op hulle wie Ek in die geestelike woestyne van hierdie moderne dag Sinaï sal inlei en in die letterlike woestyne van hierdie moderne dag Sinai wat nog moet kom!"

"Neem kennis dat Ek selfs nou al ween oor hulle wat verlore sal gaan en hulle wat sal val, wanneer Ek van julle, Huis van Israel, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, wanneer Ek van julle My Heilige Volk sal maak soos wat dit geskrywe staan en nou sal plaasvind."

"EK IS wat EK IS, Ek is so lief vir julle."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205