BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 166 aan Lukaas van Hout op 5 Maart 2014

“Geen een persoon is ooit al My woorde nie!”

"Ek het julle talle gebede gehoor en Ek het die talle vrae van julle almal gehoor binne en buite My Huis van IsraEL, binne en buite My Suid-Afrika en daardie Huis van Farao."

"Vandag, hierdie dag, hierdie oomblik, hierdie uur gee Ek julle hierdie woorde vir die bevestigings en die antwoorde op die vrae wat julle gevra het."

“Wie is julle en waar kom julle vandaan?”

"Wie is julle en WIE het julle na ons lande gestuur?"

“Ja, weer herhaal Ek hierdie woorde aan julle.”

“Wie is julle en waar kom julle vandaan?”

"Wie is julle en WIE het julle na ons lande gestuur?"

"Onthou julle nie, Huis van Farao en My Huis van IsraEL, onthou julle nie hierdie vrae van daardie nasies in die tyd van Moses en Joshua, wie dit gedurf waag het om in hul arrogansie hierdie vrae aan My volk van Israel te vra in daardie tye?"

“Wie is julle en waar kom julle vandaan?”

"Wie is julle en WIE het julle na ons lande gestuur?"

"Onthou julle nie of het julle al vergeet dat hierdie nasies hierdie vrae arrogant en uitdagend gevra het, ten volle wetend wie My volk van Israel was en ten volle wetend wie hulle gestuur het!"

“Vir honderde jare het Ek My boodskappers en profete deur daardie lande gestuur en hulle vertel van daardie Huis van Israel in daardie tye en WIE EK IS wie hulle sou stuur na die beloofde lande van daardie tye en ook die beloofde lande van hierdie tye, vir honderde jare het Ek EERS My woorde gestuur om daardie nasies te waarsku en om hulle te spaar van vernietiging!”

“Maar toe die tye van daardie Exodus aangebreek het, het hierdie arrogante en uitdagende nasies dit gedurf waag om dieselfde vrae te vra en dit gedurf waag om My in My aangesig uit te daag na al daardie jare van waarskuwings!"

“Die vernietiging van daardie voormalige nasies het gekom deur hul uittarting van My en My woorde!”

"Hul vernietiging sou nooit plaasgevind het as daardie nasies GEHOORSAAM WAS AAN MY WOORDE nie!"

"Julle moet kennis neem, My Huis van IsraEL, julle moet kennis neem dat Ek altyd My boodskappers en profete sal stuur om EERS die nasies te waarsku."

"Dan sal Ek ander stuur om My woorde te bevestig en sal dan baie meer van My boodskappers stuur om met My woorde voort te gaan gedurende die tye van die vervulling van My woorde en profesieë, soos wat Ek hierdie voorbeelde reeds aan julle getoon het regdeur julle hele geskiedenis, sodat julle hierdie dinge sal weet en verstaan en selfs wanneer julle vergeet, sal Ek julle getrou en altyd herinner, omdat Ek julle so liefhet!"

“Wie is julle en waar kom julle vandaan?”

"Wie is julle en WIE het julle na ons lande gestuur?"

“Ook nou, net soos weleer, gaan hierdie uitdagende en arrogante nasies weer in hierdie tye voort met hierdie selfde vrae!”

"Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet WIE My Huis van Israel gelei het teen daardie nasies gedurende daardie tyd?"

"As julle dan onthou dat dit Ek, יהוה was, hoekom vergeet julle My יהוה    nou in hierdie tye?"

“Onthou, My Huis van Israel, onthou, niemand, nee, niemand of enigiets mag My woorde in My Naam skryf of spreek nie, tensy EK TOEGELAAT HET DAT DIT SO MOET WEES!”

“Waarom dan, My Huis van Israel, waarom ontken julle My en My HEILIGE GEES in die woorde wat Ek na julle gestuur het deur middel van baie, baie mense WIE EK MET MY EIE HAND GEKIES HET VOORDAT DIE FONDAMENTE VAN HIERDIE WÊRELD GESKAPE WAS

“Waarom verloën julle hulle, vir My en die krag van My Heilige Gees deur hulle wie Ek na julle gestuur het?”

"WAAROM VERLOEN JULLE MY?"

"Het julle nog nooit tyd afgestaan om diep nabetragting te doen dat dit onmoontlik is vir enigiemand om die woorde te skryf wat My Heilige Gees spreek, tensy Ek, JA EK, EK IS WAT EK IS, JAHSHUA dit so verordineer het nie!"

"Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua vertel julle regstreeks in hierdie uur dat dit onmoontlik is vir enigiemand om die woorde te skryf wat My Heilige Gees spreek, tensy Ek, JA EK, EK IS WAT EK IS JAHSHUA dit so verordineer het nie, dit is ONMOONTLIK!"

“Nee, niemand nie, niemand of enigiets kan nou of ooit My woorde in My Naam skryf of spreek nie, tensy Ek dit toegelaat het!”

“Hierdie woorde wat getrou aan julle gegee is, word in groot gevaar vanaf hierdie dienaar aan julle gegee!”

“Ten spyte van hierdie gevaar, gee hierdie dienaar getrou en altyd My woorde aan julle deur vir geen ander doel of rede as om My wil te doen vir My volk nie en is dit altyd in liefde.”

"HIERDIE IS MY WOORDE wat MY HEILIGE GEES beveel en gespreek het, tot, binne en buite sy hart OM AAN JULLE TE GEE VAN MY, HIERDIE IS MY WOORDE!"

"Het julle, My Huis van IsraEL, het julle nog nooit tyd afgestaan om aan My wysheid te dink rakende almal van hulle wie Ek kies om na julle te stuur nie?"

“Het julle nog nooit tyd afgestaan om MY WYSHEID te oordink rakende hierdie aangeleenthede nie?”

"Vanuit die onmoontlikste omstandighede het Ek vele na julle gestuur, sodat julle MY KRAG met julle eie oë kon sien, tog het vele van julle, JULLE wat die krag het wat Ek aan julle gegee het, julle wat hierdie krag het om My woorde aan My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika te openbaar, julle verloën My en hulle wie Ek na julle gestuur het voortdurend!"

"Dit was Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, wie julle hierdie krag gegee het om My woorde oor te dra aan My volk, hierdie selfde krag wat Ek aan die leiers van die volk van Israel gegee het in daardie tye, hierdie einste leiers wie geweet het dat dit Ek was, EK IS wat EK IS, JaHshua, tog het hulle My verloën voor die mensdom en voor My volk Israel!"

"Huis van My IsraEL, gebruik hierdie krag, die krag van My woorde, gebruik hierdie krag met die grootste eerbied, want hierdie krag wat Ek aan julle gegee het om My woorde oor te dra aan My Huis van IsraEL, het die krag om baie te red!”

"Julle moet ook kennis neem en dit deeglik oordink en verstaan dat hierdie woorde, wat woorde is van lig en die waarheid vir My volk, LEWE en soos wat hierdie woorde lig en waarheid dra, dra dit ook veroordeling, getuienis en getuig dit teen hulle wat My woorde weier en teen hulle wat weier om My woorde oor te dra aan My volk vir hulle redding en vir hulle verlossing."

"Dit is nie My wil dat hierdie woorde enigeen van julle moet veroordeel nie, maar dit sal julle veroordeel by My troon van genade in die uur van My Oordeel in My koninkryk, as julle My faal deur nie My woorde aan My volk oor te dra nie!"

"My Huis van IsraEL, wie Ek so liefhet, MY HUIS VAN ISRAEL, julle mag nie nou of ooit vergelyk word met die volk van Israel, toe Ek as JaHshua gekom en gevind het dat die harte van hul leiers en mense, harte van Yster was, onwrikbaar teen My, ja teen My, Hy wat hulle met My eie hand gelei het na hul Beloofde land"

“Nou sal Ek 'n waarheid aan julle openbaar, sodat julle sal kennis neem en verstaan dat dit waarlik EK IS wat met julle deur hierdie woorde spreek.”

"Ek openbaar hierdie waarheid aan julle, sodat julle jul oë kan oopmaak, julle ore kan open, julle gedagtes kan open, harte, geeste en siele en werklik sien, weet en verstaan, voordat dit te laat is, dat baie van My Huis van IsraEL dieselfde is soos wat daardie volk van Israel was toe Ek as JaHshua gekom het!"

"Huis van My IsraEL, oordink dit nou en oordink hierdie waarheid deeglik wat aan hierdie dienaar gegee is deur My Heilige Gees, wat My woorde en My waarhede spreek tot sy hart, sodat julle kan weet, glo en verstaan dat hierdie My woorde is!"

"In daardie dae en in daardie tyd toe Ek onder die volk van Israel gewandel het, het hulle wat dieselfde krag gehad het wat Ek vir baie van julle gegee het om My woorde oor te dra aan My volk, GEWEET WIE EK IS, ja, hulle het geweet!"

"Hulle het geweet, maar omdat hulle harte die besit geword van die bose een oor hulle rykdom, posisie en glorie onder die mensdom en omdat baie van hulle van die bloedlyne van Satan was, HET HULLE MY VERLOEN voor die volk van Israel en daardeur My woorde van kennis en waarheid en My verlossing verloën aan vele!"

"Ja, hulle het geweet wie EK IS, maar omdat baie van die bloedlyne van Satan was en daar baie van hulle was wat My waarhede verhandel het vir hierdie leuens en toegelaat het dat die begeertes van die wêreld en die misleiding van die bose hulle verlei, het hulle harte, harte van yster geword, dieselfde as die harte van die bose een en sy leërskare, wie ook GEWEET HET WIE EK IS, maar wat in hul geslepe en leuenagtige bedrieëry, poog om My op elke moontlike manier te verloën!"

"Hulle wat uit die bloedlyne van Satan is, gaan tot op hierdie dag voort en soos wat hulle onder die volk van Israel gewandel het, SO WANDEL HULLE NOU ONDER JULLE, met dieselfde geslepenheid en leuenagtige bedrieëry van hulle vader, die duiwel!"

"O, My Huis van IsraEL van hierdie tye, o My Huis van IsraEL, pasop, pasop, pasop vir die afgrond van dieselfde slinkse bedrog van die bose een waarmee hy en sy leërskare daardie volk van Israel bedrieg het gedurende daardie tye, want hy het julle weereens listig en met bedrog verstrik en het julle verstrik met nog groter versoekings en begeertes as voorheen!"

“Onthou, niemand nie, NEE, niemand of enigiets mag My woorde in My Naam skryf of spreek nie, tensy EK DIT TOEGELAAT HET!”

“Hierdie woorde is tot hierdie hart gespreek, geskryf en getrou aan julle oorgedra soos wat dit gegee was op daardie oomblik wat dit gegee was en word in My wil gegee in daardie tyd wat Ek dit gee vir MY PLANNE EN VIR MY DOELEINDES!”

“EK IS, יהוה Ek is die ELohim, die enigste ELohim, die ELohim van alles wat bestaan!”

EK IS, אֶהְיֶהאֲשֶׁראֶהְיֶה,

"EK IS die Sabbat Chargma en die Sabbat Chargma is EK IS!

“EK IS Alfa en EK IS Omega!

“EK IS, die EK IS wat EK IS, die ELohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die ELohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die ELohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek is JaHshua Ha-Mashiag!”

“Daarom moet julle altyd onthou, My Huis van Israel, niemand nie, nee, niemand of enigiets mag ooit My woorde in MY NAAM skryf of spreek nie, tensy EK TOEGELAAT HET DAT DIT SO MOET WEES!”

“Kom nou, laat ons die saak saam uitmaak, want die tye is min en julle moet My en MY wil soek in al hierdie vrae wat julle nou het en sal hê gedurende hierdie tye en die tye wat nog moet kom!”

“Dink aan My!"

"Dink daaraan hoe Ek altyd ingegryp het in die aangeleenthede van die mensdom vir My planne en vir My doeleindes!"

“Ja, Ek het My profete vir julle gestuur en ja, Ek het My boodskappers vir julle gestuur, maar hulle wie Ek gestuur het, is nie Ek nie!”

"Julle soek die antwoorde op julle vrae van hulle af en omdat julle dit doen, raak My woorde deur hulle verward, omdat julle My nie soek vir MY BEVESTIGINGS nie, ook wag julle nie vir My woorde van hulle wie Ek gestuur het nie!"

“Dink aan hierdie woorde en oorweeg hierdie woorde deeglik.”

"Julle moet kennis neem, My Huis van Israel, julle moet kennis neem dat Ek altyd My boodskappers en profete EERS sal stuur om die nasies te waarsku."

"Dan sal Ek ander stuur om My woorde te bevestig en sal dan baie meer van My boodskappers stuur om met My woorde voort te gaan gedurende die tye van die vervulling van My woorde en profesieë, soos wat Ek hierdie voorbeelde reeds aan julle getoon het regdeur julle hele geskiedenis, sodat julle hierdie dinge sal ken en verstaan en selfs wanneer julle vergeet, sal Ek julle getrou en altyd herinner, omdat EK JULLE SO LIEFHET!"

"SOEK ALTYD DIE ANTWOORDE BY MY!"

"Soek die antwoorde by My en Ek sal julle antwoord SOOS WAT EK JULLE BELOWE HET DAT EK JULLE SAL ANTWOORD!"

"Ek sal julle antwoord en direk tot julle harte spreek deur My Heilige Gees, of deur diegene wat Ek na julle gestuur het en dan sal Ek diegene BEVESTIG wat Ek na julle stuur, sodat daar geen twyfel sal wees nie, soos wat Ek nog altyd regdeur die geskiedenis van die mensdom gedoen het!"

"Kan julle nie onthou nie, of het julle al vergeet dat in die tye van My volk Israel, Ek daardie Huis van Israel na die beloofde land gelei en Ek hulle vyande verslaan het nie?"

"Kom, laat ons die saak saam uitmaak, want Ek het reeds vir julle deur baie en My Skrifte gesê dat Ek dieselfde sal doen vir hierdie Huis van IsraEL, hierdie Huis van IsraEL binne My Suid-Afrika!"

“Alreeds was hierdie Huis van Israel verskeie kere mislei en bedrieg deur die bose een en sy leërskare, omdat hulle My nie gesoek het nie en in stede daarvan die woorde van My boodskappers gesoek het wat gegee was vir vergange tye!”

“Dink aan hierdie woorde”

“Ek sal altyd My boodskappers en profete EERS stuur om die nasies te waarsku!”

"Dan sal Ek ander stuur om My woorde te bevestig en dan sal Ek baie meer van My boodskappers stuur om met My woorde voort te gaan gedurende die tye van die vervulling van My woorde en profesieë!"

“Geen een persoon is ooit al My woorde nie, NOOIT NIE!”

“Het Ek julle nie gewaarsku of het Ek ooit versuim om julle oor en oor te waarsku oor die slinkse, misleidende magte van die bose een, tog dink julle voortdurend dat julle die Satan en sy leërskare sonder My kan weerstaan!"

“Onthou, My Huis van Israel, geen een persoon is ooit My enigste woorde aan julle nie, ook is geen een persoon OOIT My laaste woorde aan julle nie!”

"Ek sal altyd nuwe woorde vir julle hê gedurende die tye en plekke waar julle My woorde sal nodig hê om My wil te bereik vir julle vir My planne en vir My doeleindes, daar sal Ek altyd woorde vir julle hê!"

"Ek sal altyd My woorde na julle toe stuur, soos wat dit nodig is gedurende die tye wat julle dit sal benodig en vir My planne en vir My doeleindes sal Ek altyd My woorde aan julle stuur deur My vele boodskappers, soos wat Ek nog altyd gedoen het!"

“Onthou om My eerste te soek in alle dinge!”

“Maak geen besluit sonder om My antwoorde vir julle te soek nie!”

"Julle moet ook My antwoorde soek in al My woorde, lewend, geskrewe en gesproke en julle moet hierdie antwoorde soek deur die voorbeelde wat Ek alreeds aan julle gegee het en deur My eie aardse lewe as JaHshua."

“Onthou dat Ek met julle sal wees tot aan die einde van die wêreld en Ek sal My woorde aan julle stuur deur almal van hulle wie Ek gekies het, so sal Ek altyd My woorde na julle toe stuur!"

"Kom laat ons die saak saam uitmaak, kan julle nie onthou nie of het julle al vergeet dat die Huis van Israel 'n koning gesoek het vanuit die mens, sodat hulle kon wees soos al die ander nasies van die wêreld?"

“Het julle nog nooit hierdie vrae ernstig oorweeg dat toe daardie Huis van Israel 'n aardse koning gesoek het in plaas van My nie, Hy wie hulle met My eie hand uitgelei het uit die slawerny van Egipte en deur die woestyne van Sinai en wie hulle gevoed en versorg het nie?”

“Tog het Ek in My liefde vir hulle 'n aardse koning gegee, ja, Ek het vir hulle 'n aardse koning gegee.”

"Dit was daardie tye, en hierdie tye is hierdie tye."

"Ek sal julle lei deur diegene wie Ek uitverkies en BEVESTIG het onder julle!"

"Soek nie 'n koning onder julleself vir hierdie tye nie!"

“In die tye wat nog moet kom, soos wat Ek reeds vir julle gesê het, sal een kom wat deur My gestuur is.”

“Huis van IsraEL, My Huis van IsraEL, julle word ernstig gewaarsku, julle moet niks te doen hê met enige mens, enigeen of enigiets wat nie deur My gestuur is en wat nie deur My BEVESTIG is in ooreenstemming met My wette en wil wat reeds aan julle bekend is nie, NEE, nie nou of ooit moet julle enigiets te doen hê het met enigeen van hulle wat nie deur My gestuur is nie!”

"Julle moet nou kennis neem, verstaan en dit ernstig oorweeg dat EK IS met julle is, ja Ek, EK IS wat EK IS, יהוה.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205