BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 170 aan Lukaas van Hout op 14 April 2014

"Hierdie dienaar is verhoed om baie van My woorde aan julle te skryf tot op hierdie dag, baie woorde, want in hierdie tyd van bevestiging is ander deur My uitverkies om My woord oor te dra aan My Boere en My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika; ja, dit was nodig dat hulle na vore sal kom en My woorde bevestig soos wat hulle gelei was, sodat My Boere en My Huis van Israel kan leer om My stem te herken deur almal wie Ek stuur."

"Soos wat Ek jou vele, vele kere vertel het, sal My woorde, lewend, geskrewe en gesproke in vele vorms kom."

"Aan sommige is dit gegee om die woorde te skryf wat deur My Heilige Gees tot hulle harte gespreek word, aan andere om My woorde te skryf en aan sommige deur middel van beelde, word My woorde onthul wat met almal gedeel moet word, en ook op vele, vele ander maniere word My woorde, lewend, geskrewe en gesproke aan My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion oorgedra."

“Hierdie dinge moet so wees, want as My woorde slegs aan een persoon gegee word, sal My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion nooit leer om My stem te herken deur almal wie Ek aan hierdie volk, aan hierdie Huis en aan hierdie Dogter gestuur het nie.”

“As daar slegs een deur My gestuur was, sal My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion slegs na hierdie een stem kyk en My en al My woorde uit die oog verloor en slegs na hierdie een stem kyk.”

“Dit is waarom Ek, ja Ek, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS JaHshua Lechem Shamayim (Brood van die Hemele), dit is waarom Ek so baie na julle toe stuur, sodat julle kan leer om My stem te herken deur almal van hulle en deur die kennis wat julle opdoen deur My stem te herken, sal julle, My Boere, julle, My Huis van Israel en jy, My Dogter van Sion, ook leer om die valse stemme te herken wie nie deur My gestuur is nie."

“Jy hoef net My woorde wat gegee word te vergelyk met diegene wat vir My skryf of spreek, om My stem in al hierdie woorde te sien deur hul volmaakte kontinuïteit en gesinchroniseerde harmonie, terwyl dit onmoontlik is vir die bose een om hierdie volmaakte harmonie te bereik deur so baie woorde deur so baie mense.”

“Dit is hoe jy leer om My stem te herken deur almal van hulle wie Ek gestuur het, en dit is slegs die begin van die vele, vele meer wie Ek selfs nou besig is om voor te berei om te skryf en om My woorde te spreek, sodat daar nooit enige twyfel kan wees wanneer jy hierdie woorde vergelyk met dit wat gegee is nie.”

“Die tye van die rigters sal kom en dit is vir hulle stem waarvoor jou hart ook opgelei en voorberei word om My deur hulle van Melgisédek te hoor, wie Ek vir julle voorberei het vir die tye wat nog moet kom.”

“Julle moet luister na My woorde, leer om My stem te herken deur My woorde deur almal wie Ek stuur om My woorde te gee, sodat alle twyfel verwyder kan word, omdat in hierdie tye en die tye wat nog moet kom, daar nie enige twyfel kan wees nie, omdat jy jou lewe kan verloor, fisies of geestelik, omdat jy My woord in twyfel getrek het en op daardie oomblik van twyfel nie gehoor gegee het aan die boodskappe wat jou dalk sou gered het nie.”

“Die tye wat kom is swaar, soos wat julle vertel is, My Boere, My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika en My Dogter van Sion, ja SWAAR is die tye wat moet kom en jou afhanklikheid en geloof in My woorde, lewend, geskrewe en gesproke, moet volkome wees!”

“Neem kennis en verstaan, My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, neem kennis en verstaan dat My woorde altyd na julle toe sal kom in die uur en op die oomblik wanneer julle My woorde sal benodig, dan sal My woorde na julle toe kom soos wat Ek julle reeds oor en oor getoon het.”

"Dit moet so wees om die vyand voortdurend te verslaan."

"Ek kan julle nie al die woorde wat julle benodig op een slag gee nie, omdat julle jul greep van geloof in My sal verloor om julle deur hierdie tye te lei, die tye wat moet kom, deur tot by die tye van Melgisédek."

"Ja, My kinders wie Ek so liefhet, EK IS julle Vader, EK IS julle liefdevolle Vader Wie julle so koester en EK IS julle Vader wat julle persoonlik sal lei deur al hierdie tye deur almal wie Ek na julle sal stuur om My woorde met julle te spreek of aan julle te skryf."

"My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, moenie dink dat Ek nie gesien het hoe julle harte, geeste, gedagtes en siele oopmaak vir My woorde en hoe sommige en baie van julle dit in die geheim gedoen het nie."

"Ek sien en weet dat sommige en vele van julle My woorde in die verborgenheid hoor en ontvang vir wat julle in die verborgenheid doen; EK, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, ja EK, EK IS WAT EK IS, DIE ELOHIM VAN JULLE VADERS EN JULLE VOORVADERS, EK IS wat EK IS JaHshua Ne'eman V'Yashar (Lieflike Opregte), en wat julle in die verborgenheid gedoen het, het Ek gesien en vir wat julle in die verborgenheid gedoen het deur My woorde te ontvang, sal Ek julle grootliks en in die openbaar beloon, sodat julle sal weet dat dit Ek, EK IS wat EK IS is wat in die verborgenheid sien en in die openbaar beloon!"

"Diegene van julle wat ouers is, weet en verstaan hoe dierbaar dit is vir die hart van 'n ouer, wanneer hulle kinders hulle woorde hoor, hul woorde ontvang en hulle woorde volg en so is dit met My en groot is My blydskap, ja My blydskap, groot is My vreugde, EK IS wat EK IS, Vader, Skepper van alles wat is en wat was, Ek, Ja EK IS wat EK IS, die lewende seël van My Sabbat van My skepping, EK IS bly dat julle My ontvang het en My gehoor het deur My woorde en wat op My woorde in geloof en in vertroue wag!”

“Dit is wat Ek begeer het om in julle te sien, want dit is die begin van Heiligheid en deur al hierdie dinge is julle, My Boere, julle, My Huis van Israel en julle, My Dogter van Sion, nou op een enkele pad om My Heilige Volk vir hierdie wêreld te word, soos wat Ek julle vertel het julle sal wees en soos wat Ek julle belowe dat julle sal wees en nou sien julle vir julleself die waarheid van hierdie aangeleenthede sowel as die begin van die vervulling van hierdie profesieë in, wat Ek so lank gelede aan julle gegee het om hierdie Heilige Volk vir My te word!”

“Hierdie profesieë is wat julle in julle soeke na My gehou het en in hierdie soeke het julle My uiteindelik begin vind!”

"Julle sou nie vir My of enige van hierdie dinge ooit gevind het nie, as dit nie was vir die menigtes van lyding wat julle verneder het en veroorsaak het dat julle My met berouvolle en bloeiende harte van bekering gesoek het nie."

“Boere, My seer geliefde Boere, Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel, Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion, Ek sien, hoor en neem julle terug na My toe, EK IS wat EK IS, Ek neem julle terug na My toe met al die goddelike liefde van 'n Skepper en Vader vir sy kinders.”

"Ek ontvang julle terug in die beloftes en seëninge wat aan julle voorvaders van Moses gemaak is en aan julle voorvaders van Andries Pretorius en nou sal julle My weer liefhê en My volk wees en nou sal Ek julle weer liefhê en julle Vader wees, soos wat Ek nog altyd was en soos wat ons mekaar liefgehad het by Bloedrivier toe julle, My Boere, Die Gelofte so lank gelede aan My gemaak het."

"Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, die lewende ELOHIM, Ek het julle gemis, ja, Ek het julle met My hele hart en met My hele siel gemis, Ek het julle gemis en Ek het oor julle geween, meer as wat julle ooit sal weet!"

“My hart is nou gevul met oorvloedige en groot blydskap, hierdie blydskap dat julle na My toe teruggekeer het met nederige harte, huilend in julle gebede en smekinge tot My en vraend na My kwytskelding en vergifnis.”

“Ja, Ek het oor julle geween!”

"Kinders, My kinders, hoe kon julle ooit vergeet het of hoe kon julle ooit gedink het dat Ek julle sou verlaat of prysgee?"

“Hoe kon julle ooit gedink het dat Ek julle nie so liefhet nie!”

“Open julle geestelike harte nou vir My, open julle geestelike harte en oë en sien My, wie julle met ope arms terug­ontvang!”

“Ek vergewe julle, My Boere, My seer geliefde Boere, Ek vergewe julle, My Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel en Ek vergewe julle, My Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion!”

"Ek, julle hemelse en Ek, julle ewig liefde­volle Vader, vergewe julle en neem julle terug."

“Boere, My seer geliefde Boere, Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel, Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion, ontvang nou My vergifnis vir ewig en vir ewighede, ontvang nou My vergifnis en ontvang nou My liefde.”

“Ontvang julle ook nou My ewige see van vergetelheid van daardie sonde waarvan julle weggedraai het, bely en berou oor gehad het teenoor My deur julle vele gebede, ontvang My vergetelheid en ons sal nooit meer spreek oor hierdie sondes nie, ook sal julle nooit meer hierdie skuld hoef te dra nie, want Ek het hierdie skuld van julle af weggeneem, en het reeds hierdie las vir julle gedra.”

“Het julle nie geweet nie, of het julle vergeet dat Ek reeds hierdie las vir julle by Golgotha gedra het?”

“Boere, My seer geliefde Boere, Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel, Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion, weet julle nou en verstaan julle nou die diepte, die oneindige diepte van My liefde vir julle in die dra van hierdie las vir julle vir al hierdie jare, OMDAT EK JULLE LIEFHET!”

“Ja, selfs aan die kruis het Ek, julle liefdevolle Vader, alreeds hierdie las van sonde en skuld vir julle gedra, omdat Ek julle so liefgehad het en geweet het dat julle nodig sou hê om te weet van hierdie groot liefde gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

"Soos wat Ek vir julle gesê het en soos wat julle vooraf gewaarsku is; die tye is swaar en hierdie tye en die tye wat nog moet kom dra droefheid wat nou in hierdie tyd onbegryplik is om te verstaan in die smart wat dit sal bring, veral vir hulle wat My nie ken nie of wat ook nie weet van My groot liefde nie, maar vir julle wat weet, sal My Heilige Gees met julle wees om die droefheid en pyn van hierdie tye en die tye daarna te verminder."

“Al hierdie voorbereidings van julle harte gedurende hierdie vele jare was vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

"Soos wat Ek julle in die vorige woorde vertel het; hulle wat gedink het dat hulle sterk is apart van My, het geval."

“Almal van hulle het geval en meer sal val wat nie deur My gestuur is nie.”

"Dit moet so wees, want slegs deur My leiding en deur My woorde deur diegene wie Ek uitverkies het om te spreek of om My woorde te skryf of om My volk te lei, slegs deur My leiding sal julle seëvier in hierdie tye en slegs deur My en deur diegene wie Ek gestuur het en sal stuur."

“Neem kennis en verstaan dat in die tye wat kom, hierdie tye, hierdie tyd is naby soos wat Ek julle vertel het dat My Heilige Gees tot julle harte sal spreek oor die tye om te vlug, die tyd is naby.”

"Julle moet weet en verstaan dat julle vyande onder die bose kinders van Gam baie groot is en in hierdie tye moet My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion hierdie goddelose kinders van Gam wat saamspan teen hulle, duidelik kan sien, julle moet kennis neem en verstaan dat soos wat julle na hul aangesigte sal kyk, Ek hul gelaatstrekke grootliks sal oordryf vir die tydperk wat My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion dit nodig sal hê om hierdie vyande duidelik te sien en te herken."

"Gedurende die tye wat Ek die gelaatstrekke van hierdie goddelose kinders van Gam vir julle sal oordryf en openbaar, moet julle nie toelaat dat dit bekend word onder hierdie goddelose kinders van Gam dat Ek hulle aan julle geopenbaar het nie."

"Met tyd sal diegene onder die bose kinders van Gam agterkom dat hulle bekend gemaak is, maar dit sal na die tye wees wat My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion dit nodig gehad het om hierdie vyande te herken tydens hulle openbaring vir My planne en My doeleindes wat vooruit bekend was voordat die bose kinders van Gam kon agterkom dat hulle geopenbaar is."

“Boere, MY Boere, Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion, berei voor, berei voor, berei voor, Ek IS wat EK IS.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205