BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 178 van Elohim aan Lukaas van Hout op 15 Mei 2014

"Huis van Israel, ja My Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion wat die sleutel hou tot baie van My geestelike en goddelike begrippe, het julle My woorde in diepte beskou wat onlangs aan julle gegee is om julle te help om My leiding te verstaan soos wat julle in staat is om te dra, vir dit wat moet wees, vir hierdie tye wanneer Ek My geestelike en goddelike waarhede aan julle gaan openbaar?"

"Het julle die tyd ingeruim om My begrippe deur My Heilige Gees te ondersoek in die poorte wat Ek in julle harte geplaas het, sodat julle My, My geestelike en goddelike waarhede en begrippe van My woorde kan vind?"

“O my Huis van Israel, MY HUIS VAN ISRAEL, O My Dogter van Sion, MY DOGTER VAN SION, julle moet nie nou of ooit ophou om voort te gaan om hierdie begrippe te soek nie, soos wat Ek julle vertel het, want julle harte is voorberei soos wat Ek belowe het en dit sal voortgaan om voorberei te word vir hierdie begrippe, soos wat Ek julle sal lei in ooreenstemming met My wil vir My planne en vir My doeleindes.”

“Onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou, EK IS Ne'eman V'Yashar, Getrou en Waaragtig, EK IS HaElohim, Skepper en EK IS HaRo'eh HaTov, die goeie herder, Ek sal julle nooit verlaat nie en Ek sal julle nooit begewe nie, want Ek is so lief vir julle!”

“Nou sal Ek begin om julle te lei soos wat Ek julle belowe het, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek sal julle lei deur My Heilige Gees na baie van hierdie groter waarhede en insigte, soos wat Ek julle as My Heilige Volk en My Koninkryk voorberei en bou binne-in julle harte, tot voorbereiding vir julle aardse ryke nadat julle deur My verlos is tot aan die tye van die herstel van julle volke en verder aan tot in die duisendjarige koninkryk."

"Ek, ja Ek, julle liefdevolle Vader SAL julle lei soos wat Ek julle belowe het!"

"Kan julle nie onthou nie, of het julle al vergeet dat Ek, EK IS wat EK IS, die hemelse, liefdevolle Vader, My Huis van Israel in die verlede gelei het en hulle Koning was?"

“Het julle dit vergeet?”

“Het julle nog nooit tyd afgestaan nie, My Huis van Israel, om te verstaan of te bedink hoe eenvoudig en wonderlik die tyd was en moes gewees toe Ek, die Koning van die Konings, My Huis van Israel regstreeks regeer en gelei het?

"In daardie dae en in daardie tyd het My Huis van Israel My in alle dinge gesoek en Ek het My in My volk verheug om hulle te lei soos wat hulle van dag tot dag benodig het, en Ek het hulle so liefgehad!"

"Maar in hulle vrugtelose selfroem, hul eiegeregtigheid, hul begeertes van wat hulle gesien het deur hul afgunstigheid van die aardse konings van daardie ander volke van die aarde, het My volk My verlaat as hulle Koning en 'n Mensekoning onder hulle gesoek."

"Het julle nog nooit daardie tye bedink toe My Huis van Israel vir My, EK IS wat EK IS, Kadosh, Die Heilige Een verwerp het nie?"

"Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet hoe My Huis van Israel in daardie dae van My en My getroue liefde weggedraai het en in daardie tyd 'n aardse koning gesoek het, sodat hulle kon wees soos die ander volke van die aarde?"

"Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet dat dit Ek was wat gekies het en aan daardie Huis van Israel My kneg Saul gegee het om koning oor hulle te word, ten spyte van hierdie verwerping?"

“Ja, in My liefde vir My volk, 'n groot liefde wat julle nie eens kan begin om te verstaan nie, nog minder deur die vleeslike en sterflike harte van die mens nie, nee, nooit kan die mensdom eers begin om die groot liefde te verstaan om opsy te staan vir 'n ander nie, vir 'n blote sterflike man om My volk te regeer, welwetend van die tye wat oor die volk, wat Ek met My eie hande gebou het, sou kom.”

"My Huis van Israel het die sterflike en vleeslike verkies bo die goddelike, net soos wat julle dit nou in hierdie dae en in hierdie tye doen, O, MY HUIS VAN ISRAEL, waarom verwerp julle My nog steeds so?"

“Het julle nog nooit hierdie dinge wat so lank gelede geskryf is, bedink nie?”

"Het julle nog nooit die tyd afgestaan om hierdie dinge te oorweeg nie?"

“Tog verklaar julle verwaand dat julle My liefhet en tog verstaan julle nie hierdie dinge nie en ook staan julle nie die tyd af om die geestelike en goddelike begrippe en waarhede te oorweeg wat binne-in die woorde van daardie tye vir so lank in die Skrif gelê het en altyd voor julle was toe My Huis van Israel, My in hierdie selfde gees gesoek het en hierdie dinge openlik voor die wêreld in My aangesig gedoen het.”

"Het julle nog nooit gedink hoe die konings en die volke van die wêreld My in daardie tyd in My aangesig uitgelag en gehoon het toe Israel My, hul Skepper, waaroor hulle gespog het, verwerp het vir 'n aardse koning wat uit die mens gebore is nie?"

“En tog, ten spyte van al hierdie waarhede en insigte wat julle kon gehad het, as julle maar net daardie tye van My Huis van Israel in diepte beskou het, klee julle jul nou in valse vroomheid vir die erkenning van diegene wie julle oppas en julle veroorsaak verdeeldheid oor die mees belaglike, niksseggende en onbelangrike sake, nie net van hierdie lewe nie, maar sake van die harte van die mens waarvan julle baie min of glad niks weet nie.”

"Glo julle regtig en dink julle regtig dat die geloof wat julle nou het, in die lig van dit wat Ek nou net begin het om aan julle te openbaar en te toon, genoeg sal wees vir julle om julle in hierdie, die laaste ure, te beskerm in julle grootste beproewing en verdrukking wat die mensdom nog ooit gesien het?"

"Glo julle regtig en dink julle regtig dat die geloof wat julle nou het, genoeg is.”

"Glo julle dit regtig, My Huis van Israel?"

"Kom, My Israel en kom My Dogter, wandel saam met My, julle liefdevolle Vader, wandel saam met My en laat ons hierdie sake oordink, en laat ons die saak in liefde met mekaar uitmaak!"

"Kan julle nie onthou nie, of het julle al vergeet dat Ek deur My profete en deur My boodskappers aan My Huis van Israel van daardie tye gespreek het?"

“Regdeur alle tye, selfs tot op hede het Ek deur My profete en deur My boodskappers gespreek!”

"Ek sal altyd tot My Huis van Israel en My Dogter van Sion spreek, VIR EWIG, al gaan julle in baie aangeleenthede voort om hierdie aardse konings van baie vorms te soek en te kies, eerder as om die enigste een te soek wat die antwoorde het oor al hierdie dinge en die enigste een wat behae daarin het om al hierdie dinge te deel, al hierdie kennis en al daardie geestelike en goddelike waarhede wat Ek verlang om VERNIET aan julle te gee, en ook die enigste een wat elke oomblik van elke uur van elke dag saam met julle is!"

"Kom, My Israel en kom, My Dogter, wandel saam met My, julle liefdevolle Vader, wandel saam met My en laat ons hierdie sake oorweeg, en laat ons hierdie sake in liefde met mekaar uitmaak!"

“Watter aardse koning wat ooit geleef het, kon so baie vir sy kinders aanbied?”

EK IS, HaRo'eh HaTov, die GOEIE HERDER, EK IS”

“Nou kan julle begin om te verstaan dat, ten spyte van julle voortgesette verwerping van My in so baie aangeleenthede, was Ek nog in alle nederigheid en in My liefde vir julle altyd, Ek IS wat EK IS, Ne'eman V'Yashar, getroue en waaragtige een; Ek het julle so lief.”

“Nou kan julle begin om te verstaan waarom Ek tot die hart van hierdie dienskneg gespreek het om My vele name te skryf soos wat Ek in Hebreeus bekend staan?”

“Nou kan julle begin sien en nou kan julle begin verstaan dat My Heilige Gees reeds julle harte voorberei het vir hierdie waarhede en begrippe, soos wat Ek julle vertel het?”

"Julle hoef net te kyk na die woorde wat reeds aan julle gegee is om hierdie werk in julle harte te sien wat Ek reeds deur My Heilige Gees gedoen het, binne, buite en tot julle harte."

"EK IS wat EK IS en EK IS Ne'eman V'Yashar, getroue en waaragtige een!"

"Ek is so lief vir julle en EK IS altyd werksaam in julle harte en altyd werksaam in julle harte lank voordat My werk in julle harte selfs bekend raak vir julle, so groot is My liefde vir julle!"

"Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion, julle moet kennis neem en die geestelike en goddelike waarhede van hierdie woorde in diepte verstaan, julle moet kennis neem en verstaan dat so sagkens soos wat die nag dag word en so sagkens soos wat die dag nag word, so het die tye van MY Profete en die tye van MY Boodskappers oor julle gekom, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, binne en buite My Suid-Afrika, ja, die tye van MY Profete en die tye van MY Boodskappers is op julle, soos wat reeds voorspel is."

"Hierdie tye van My profete en hierdie tye van My boodskappers moet so wees, om julle voor te berei vir My geestelike en goddelike waarhede vir hierdie tye, die tye wat moet kom en om julle voor te berei vir hom wat gekies en gesalf is vir daardie tye wat moet kom om My volk te lei."

"Ek het julle reeds vertel dat hierdie gesalfde een nie weet dat hy My Huis van Israel binne My Suid-Afrika gaan lei nie; hy weet nie van hierdie dinge nie, alhoewel hy 'n welbehae het in My woord en gevul is met groot liefde vir My volk, vir My Huis van Israel en vir My Dogter van Sion, binne en buite My Suid-Afrika."

“Hierdie liefde is die liefde van My volk wat hy elke oomblik van elke dag ywerig nastreef, sonder om te weet dat hy alreeds hierdie liefde gevind het, want hierdie liefde is My goddelike liefde, en My goddelike liefde is ewig en ewiglik soekend en ewig en ewiglik op soek na nuwe wyses waarop liefde uitgedruk kan word.”

"Dit is waarom hy dink dat My liefde hom ontwyk."

“Hierdie liefde is die liefde van 'n man wat My en My koninkryk ywerig soek in alle dinge, alhoewel hy dink dat hy ver van My af is en droefenis het om My te vind, tog is hy so naby aan My soos My eie hart.”

“Hierdie man was gekies nog voor die fondamente van die Aarde geplaas is en hierdie man is My Dawid vir hierdie tye, so sag en so liefdevol is sy hart.”

"In die volheid van tyd sal Ek hierdie sake aan sy hart openbaar en in die volheid van tyd sal hy geopenbaar word aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne My Suid-Afrika, maar nie voordat hy baie sal moet verduur om hom voor te berei om My wil te doen om My volk en My Huis van Israel binne My Suid-Afrika te lei nie."

"In daardie dae en in daardie tyd sal Ek ook julle harte oopmaak om te sien en om My gesalfde een te ontvang, en hulle wat hom sal sien, sal weet dat hy deur My gestuur is, want hulle sal My aangesig, JaHshua, op sy aangesig sien."

"My Huis van Israel en My Dogter van Sion sal met groot vreugde en verligting ween wanneer hulle hom sien, so gevul sal al hulle harte met My Heilige Gees wees in daardie tye van sy onthulling aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion"

“Hierdie gesalfde een is reeds bekend onder julle, maar slegs aan My bekend as die gesalfde een, want Ek het vir hom van die Farao's van Suid-Afrika versteek, sodat hulle nie sy hart sal grief nie of sal soek om boosheid aan sy Huis te doen nie, tog sal hy bekend word deur daardie dade waarvoor hy aangestel sal word om vir My volk te doen, voordat hy geopenbaar sal word.”

“Ek het meer woorde oor hierdie aangeleenthede voorberei en hierdie woorde sal in My tyd vir My planne en vir My doeleindes kom deur MY Profete en deur MY boodskappers van hierdie tye.”

"Daarom moet julle nou verstaan en dit in diepte deurdink dat julle nou ophou met hierdie verdeeldheid binne My Huis van Israel oor wie My volk sal lei."

“Hierdie aangeleenthede is reeds afgehandel en is reeds deur My eie hand gedoen volgens My wil vir My volk, My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

"Julle moet eerder streef om in My Naam te verenig, die enigste Naam wat aan julle gegee is, JaHshua en soek My as julle Koning en Ek sal julle Koning wees tot op daardie tye wanneer My gesalfde een geopenbaar sal word om My Huis van Israel te lei binne en buite My Suid-Afrika, want hierdie keer, o My Huis van Israel, hierdie keer HET EK HOM SELF GEKIES!"

"Julle moet nou kennis neem en dit met ernstige en diep geestelike begrip deurdink, soos nog nooit tevore nie, deur gebed en deur die openbaringe van My Heilige Gees tot julle harte, dat My Naam JaHshua meer is as 'n geskrewe of gesproke woord, My Naam JaHshua is van die goddelike taal en dra veel van die geestelike deur die lewe wat dit is en gee aan die mensdom."

"Julle moet verenig in My Naam as JaHshua, julle moet soos een wees, al is julle baie, tog sal Ek julle deur My Heilige Gees soos een maak om My volk en My Huis van Israel in My Suid-Afrika te lei in voorbereiding vir My gesalfde een."

"Julle moet verenig in My naam as JaHshua, julle moet soos een wees, al is julle baie, tog sal Ek julle deur My Heilige Gees maak soos een om My volk te beskerm en te versorg tydens en deur die gevaarlike en stormagtige tye wat moet kom.

"EK IS wat EK IS en Ek beveel julle nou om dit so te doen, My Huis van Israel, Ek beveel julle om dit so te doen, dit is MY WIL in My liefde vir julle, wetend wat gaan kom, soos wat Ek geweet het wat gaan kom vir die Huis van Israel in daardie tye toe hulle 'n Mensekoning gesoek het!"

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan, en julle moet nou en vir altyd My woorde diep deurdink deur daardie poorte wat Ek deur My Heilige Gees in julle harte geopen het om My openbaringe aan julle te verstaan van die geestelike en goddelike openbaringe wat nog moet kom."

“Die tye van melk vir julle siele het 'n einde bereik en die vleis (vaste spys) van die geestelike en die goddelike kennis en waarhede wat julle nou moet ontvang, kan slegs ontvang word deur My Heilige Gees, deur hierdie poorte binne-in julle harte, wat Ek met My eie hand geopen het.”

“Julle moet nou luister, O MY Huis van Israel binne en buite MY SUID-AFRIKA, julle moet luister na My woorde wat gespreek word tot die hart van hierdie dienskneg, hierdie oomblik, hierdie dag; die tye van die profete, MY PROFETE en die tye van die boodskappers, MY BOODSKAPPERS is op julle!”

“Deur hierdie Profete en Boodskappers, MY Profete en MY Boodskappers, sal Ek selfs nog groter geestelike en goddelike waarhede aan julle openbaar en aan julle behoeftes beantwoord soos wat hulle mag ontstaan.”

“Hulle sal hom wie EK gesalf het om julle te lei soos een bevestig, soos wat Ek reeds gespreek het!”

“Julle moet onthou, o My Huis van Israel wat My so vinnig vergeet, julle moet hierdie woorde onthou, soos wat Ek vir My Huis van Israel gedoen het gedurende die tye van die Konings, so sal Ek nou doen vir My Huis van Israel binne My Suid-Afrika!”

“Julle moet hierdie woorde onthou, sodat julle nie mislei kan word deur valse profete en valse boodskappers nie, en sodat julle dit tog SAL onthou, sal Ek die dwaasheid van hulle, wat hulleself valslik verklaar as deur My gestuur, nog meer verhoog.”

"Die val van hierdie valse profete en die val van hierdie valse boodskappers is naby!"

"Groot en vreeslik sal hulle val wees in die oë van My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne My Suid-Afrika, groot en vreeslik sal hulle val wees!"

"Groot en vreeslik sal hulle val wees, want Ek het genoeg gehad van hulle valse wanvoorstellings van My en hulle valse en leuenagtige wanvoorstellings van My geskrewe, lewende en gesproke woord; die stank van hulle boosheid reik tot aan My hemele, groot en vreeslik sal hulle val wees."

"Groot en vreeslik sal hulle val wees, want met My eie hand sal Ek hierdie valse profete en hierdie valse boodskappers ontbloot en openbaar voor die hele volk, almal van hulle, groot en vreeslik sal hulle val wees!"

“Hulle loon het voor My troon van vergelding, geregtigheid en reg gekom.”

“Julle moet ook luister,valse profete en valse boodskappers, julle weet wie julle is en dit is My laaste waarskuwing, EK IS wat EK IS en EK IS, HaElohim, hierdie is My laaste waarskuwing aan julle om weg te draai van julle kwade boosheid in julle valse verteenwoordiging van My en julle valse en leuenagtige woorde van profesie vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion, binne en buite My Suid-Afrika, draai weg van julle kwade boosheid.”

“Julle moet onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, ONTHOU, julle sal MY Profete herken en julle sal MY boodskappers herken, julle sal hulle herken as gevolg van die godsvrug wat Ek grootliks in hulle harte sal vermeerder."

"Hulle wat Myne is, vlug van die wêreld en alles wat dit bied."

"Hulle wat Myne is, soek om My wil in alle dinge te doen, sonder enige gedagte aan hul eie behoeftes, wil of begeertes, so groot is hul toewyding en diens om My en My wil te soek."

"Hulle wat Myne is, weerspieël My aangesig as JaHshua en hulle wat Myne is, het lief soos wat Ek julle gewys het om lief te hê en julle geleer het om lief te hê, naamlik My goddelike liefde wat slegs weet hoe om lief te hê!"

"Selfs toe Ek voor Pilatus as beskuldigde gestaan het, geoordeel en verdoem is, ja, selfs toe Ek, HaElohim van alles wat is voor die sterflike mens gestaan het, het Ek voortgegaan om lief te hê!"

"Hulle wat Myne is verduur die geseling van die wêreld en hulle wat Myne is, se nederigheid en eerbied van hulle harte sal Ek grootliks vermeerder deur die beproewing en verdrukking van hul siele, wat so moet wees om voort te gaan om hulle voor te berei om MY Profete en MY Boodskappers te wees vir My volk, My Huis van Israel en My Dogter van Sion."

"In hierdie tye van My Profete en My Boodskappers sal al hierdie dinge so wees en so gebeur sodat My volk, My Huis van Israel en My Dogter van Sion nooit weer mislei of verlei sal word nie."

“Hierdie dinge moet so wees vir My volk, My Huis van Israel en My Dogter van Sion in die gevaarlike en stormagtige tye want gaan kom, want in hierdie gevaarlike en stormagtige tye wat moet kom, moet daar geen of enige twyfel in My woorde wees nie, sodat My volk nie meer sal ly as wat voorbestem is nie.”

“Soos dit was gedurende die voormalige tye van My Huis van Israel, so moet dit nou in hierdie tye wees.”

“Julle moet waaksaam en ywerig wees, My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne en buite My Suid-Afrika, wees waaksaam en ywerig om hierdie valses uit te soek, want selfs tot aan die tyd van die einde sal die valses opstaan onder julle om julle waaksaam en ywerig te hou in hierdie aangeleenthede in hul vrugtelose pogings om julle te mislei en te bedrieg.”

“Volg My woorde, die woord wat leef en wat lewe gee en volg My wet wanneer hierdie valses verskyn en doen so aan hulle in liefde wanneer julle hulle moet wegwerp van julle af, omdat sommige van hulle berou sal toon en sommige van hulle herstel sal word, maar nie as My Profete of My Boodskappers nie.”

“Daarom, soos wat Ek tot julle gespreek het, opdrag aan julle gegee het en julle beveel het, julle moet nou staak met enige en alle verdeeldheid, onenigheid en verskille oor wat julle dink dat julle van My glo, wat julle so verdeel, omdat soveel soos wat julle wil glo in die korrektheid van julle oortuigings, beoefen baie van julle en die meeste van julle nog steeds baie van die valse leerstellings en doktrines van die geloof van die onheilige en vreeslike afvalligheid, gebore uit die dieptes van die dood wat My volk vernietig het gedurende daardie tye van groot verdrukking wat julle jul donker eeue noem.”

"Soek daarna om julle te verenig in My Naam, JaHshua, soos wat Ek reeds so baie kere tevore gesê het!"

"Gedurende die tyd wanneer julle uiteindelik finaal sal verenig in My Naam en julle harte ten volle aan My en My Heilige Gees sal oorgee, dan sal die sluise van die damme wat die lewende waters van My geestelike en goddelike waarhede teruggehou het, vir julle oopgemaak word en sal julle oorstroom soos nog nooit tevore nie, in al die geestelike en goddelike kennis, waarhede en insigte waarna Ek so verlang het om sedert die val aan julle te gee."

"Huis van Israel, My Huis van Israel, laat Ek julle liefhê met hierdie geestelike en goddelike kennis, soos wat Ek so daarna verlang het om julle lief te hê met hierdie kennis."

"Die tye van gevaar, verskriklike gevaar, boosheid en ellende, sommige van hierdie gevaar wat My hart en My leërskare bedroef het, voordat daar iets bestaan het, is op julle soos wat reeds voorspel is!"

"Hierdie tye is korter as julle sterflike en vleeslike harte selfs kan begin om te verstaan, so vreeslik is dit nou en so sal dit nog wees en selfs meer as wat julle gedink het, so vreeslik is dit wat moet kom."

"Huis van Israel, MY HUIS VAN ISRAEL, Dogter van Sion, MY DOGTER VAN SION; dit is met die grootste liefde van 'n Skepper vir sy volk, dat julle My stem hoor deur hierdie woorde en in diepte verstaan dat julle in die absolute lig van My absolute goddelike liefde moet kom, in My absolute waarheid en in die absolute geloof en absolute oortuiging dat Ek, EK IS wat EK IS, is die enigste Alpha en Omega, Ek IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, dit is met hierdie goddelike liefde van 'n Skepper vir sy skepping dat julle in die absolute lig van My absolute goddelike liefde, My absolute waarheid en die absolute geloof en absolute oortuiging sal moet wandel om My te vertrou sodat Ek julle sal lei om te verstaan en aan julle al hierdie dinge sal gee en aan julle sal openbaar tot, binne en buite julle harte en dat Ek al hierdie dinge vir julle sal doen, met My eie hand op julle harte!"

“Onthou hierdie woorde, brand hierdie woorde soos 'n versengende warm brandyster op julle harte, o Huis van Israel, MY HUIS VAN ISRAEL, Dogter van Sion, MY DOGTER VAN SION; brand hierdie woorde soos 'n versengende warm brandyster in julle harte en ONTHOU, dit is My werk in julle harte, MY WERK wat slegs bereik kan word deur My GEESTELIKE wil deur My Heilige Gees!

"Geen sterflike mens, geen vleeslike mens kan ooit My geestelike of goddelike waarhede deur sy eie toedoen vind nie, maak nie saak hoe hard hy probeer om dit te doen sonder My Heilige Gees nie, want dit is slegs deur daardie poorte in julle harte wat Ek deur My Heilige Gees open waardeur hierdie dinge ooit gevind kan word!"

"Geen sterflike mens, geen vleeslike mens kan deur sy eie toedoen ooit sy hart van die vleeslike na die geestelike of die goddelike verander, sonder die krag van MY HEILIGE GEES nie, wat slegs aan My behoort om te doen soos wat Ek wil vir My planne en vir My doelwitte in die tye wat Ek KIES om dit te doen!

"Daarom moet julle nie nou of ooit soek om een van hierdie vleeslike of sterflike mense te wees wat dit durf waag om te dink of dit durf waag om te glo of dit durf waag om aan te neem dat My geestelike en goddelike waarhede ooit gevind kan word sonder die openbaringe van My Heilige Gees in die harte van die mens, soos wat Ek wil om hierdie geestelike en goddelike waarhede te openbaar vir My planne en vir My doeleindes, want geen mens kan eers begin om My planne en My doeleindes te verstaan vir die mensdom nie, geen mens kan hierdie dinge verstaan nie, behalwe dit wat Ek kies om te openbaar en slegs sal openbaar aan hulle wat My sal soek op daardie maniere waarop Ek julle reeds opdrag gegee en aan julle geopenbaar het."

“Moet nooit een van hulle wees nie en hou nou op om een van hulle te wees!”

“Het Ek nie alreeds hierdie dinge vir julle gesê nie, of het julle al vergeet dat dit My werk is soos wat Ek julle vertel het, sodat niemand kan roem nie?”

"Onthou, die werk in julle harte is MY WERK, Ek en Ek alleen deur My Heilige Gees sal MY WERK in julle harte voltooi vir My planne en vir My doeleindes in My tyd en in ooreenstemming met My wil."

"Onthou, deur My Naam JaHshua sal julle word:"

"EK IS wat EK IS, en Ek is die enigste Devar HaChayim, die lewende woord van die lewe."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205