BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 185 van Elohim aan Lukaas van Hout op 8 Junie 2014

"In twee weke het die winter oor die lande van MY Afrika neergedaal."

"Soos wat hierdie winter oor My Suid-Afrika neergedaal het, so sal hierdie winter van die harte van daardie Huis van Israel wees, so sal hierdie winter van die harte van daardie Huis van Israel wees, as gevolg van die koudheid van hulle harte teenoor My en My uitverkorenes."

"In twee weke, valse Huis van Israel, in twee weke het die koudheid van julle harte nou gekom."

"Julle sal koud wees, Huis van Israel, 'n koudheid, 'n bitter koudheid wat die koue en ware koudheid rakende die ware aard van julle opstandige harte sal weerspieël, sodat julle so sal wees en sodat julle so sal optree om selfs nog kouer in julle donker harte te word, as wat julle reeds was en julle sal voortgaan so te wees, sodat julle geopenbaar sal word aan My uitverkorenes vir My planne en vir My doeleindes."

"Dit is nog 'n waarskuwing van My af, wederstrewige Huis van Israel wat nie na My luister nie, dit is nog 'n waarskuwing van My af."

"Dit is nog 'n waarskuwing, 'n waarskuwing van My af, julle Vader, en dit is 'n waarskuwing, 'n waarskuwing van finale waarskuwings voordat Ek geheel en al ophou met My waarskuwings aan julle."

"Huis van Israel, wederstrewige Huis van Israel, julle moet nou luister en julle moet nou verstaan dat hierdie waarskuwing van My, julle Vader, hierdie waarskuwing is My streng waarskuwing aan julle, koue Huis van Israel wat nie na My luister nie en die woorde bespot wat Ek so liefdevol vir julle voorberei het vanuit die profete en boodskappers van julle voorvaders."

"Huis van Israel, wederstrewige Huis van Israel, julle moet nou luister en verstaan dat hierdie waarskuwing van My, julle Vader, hierdie waarskuwing is My streng waarskuwing aan julle, koue Huis van Israel wat nie na My luister nie en wat die woorde bespot wat Ek bevestig vanuit die profete en die boodskappers van julle voorvaders, tot by die profete en die boodskappers van hierdie tye, en nie net bespot julle hulle onder julle eie volk in hierdie land nie, maar ook hulle wat Ek met My eie hand van ander oewers geneem het en regstreeks aan julle gegee het, sodat julle sou glo en sodat julle na My sou luister, maar julle luister nie na My nie en tog het julle, o koue Huis van Israel, selfs diegene geminag van ander oewers."

"Ten spyte van die opstandigheid van julle verharde harte, het Ek met die grootste sorg en die grootste liefde en die grootste verdraagsaamheid nog steeds voortgegaan om julle harte, julle verstande, julle geeste en julle siele voor te berei om hierdie woorde te ontvang deur My Heilige Gees, werkend in, tot en buite julle harte, julle verstande, julle geeste en julle siele om die woorde van My profete en My boodskappers te ontvang."

"Ja, vals Huis van Israel, ten spyte van die opstandigheid van julle verharde harte, het Ek met die grootste sorg en die grootste liefde en die grootste verdraagsaamheid voortgegaan om julle voor te berei om hierdie woorde te ontvang, MY WOORDE, wat Ek direk spreek tot die harte van My profete en My boodskappers vir julle, want Ek het julle nog altyd so lief, selfs al het julle My verwerp en My bespot en die werke van My hande deur My Heilige Gees gehoon."

"Selfs in die opstandigheid van julle verharde harte het Ek met die grootste verdraagsaamheid voortgegaan om julle voor te berei, maar julle het julle harte, siele, verstande en geeste nog meer teen My Heilige Gees en teen My boodskappers en teen My profete verhard, wie Ek so liefdevol en versigtig voorberei het vir julle!"

"Weet julle nie of het julle nog nooit gedink dat hulle wie Ek gekies het om na julle toe te stuur, gekies is voordat die wêreld was en dat hulle vir julle berei is vandat hulle hul eerste asemteug van lewe in hierdie wêreld geneem het?"

"Hul totale lewens in hierdie wêreld, totdat Ek hulle geroep het tot My diens vir My Huis van Israel, het Ek, julle liefdevolle Vader hulle voorberei vir julle, Huis van Israel in hierdie lande van My Suid-Afrika.

"Het julle nog nooit eers hierdie dinge in diepte deurdink nie?"

"Deur hul hele lewens in hierdie wêreld, het Ek hulle getoets en hulle versoek en aan sommige selfs meer beproewings toegelaat as wat hulle gedink het hulle kon dra en selfs meer as wat baie van julle ooit kon dra, so het Ek hulle versigtig voorberei vir julle in hierdie lande van My Suid-Afrika, vir My Huis van Israel, as My geskenk van liefde vir julle in hierdie tye en die tye wat nog moet kom, maar julle bespot My in My aangesig deur hulle wat Ek so liefdevol en so versigtig voorberei het vir julle."

"Julle het hulle verwerp, ook My gawes van My liefde vir julle, soos wat julle voorvaders My verwerp het as JaHshua, toe Ek My hemelse troon verlaat het en My goddelike krag eenkant geplaas het om in liefde onder julle te woon."

"Vroom en eiegeregtig het julle julle harte vir My woorde gesluit, die woorde van 'n liefdevolle Vader wat julle steeds so liefhet en slegs begeer om julle te seën."

"Vroom en eiegeregtig het julle julle harte, julle gedagtes, julle geeste en julle siele gesluit vir hulle wie Ek so noukeurig vir julle voorberei en wie na julle gestuur is en julle, valse Huis van Israel, JULLE laat My berou kry oor die tyd en pogings wat My Heilige Gees gedurende hierdie vele jare aangewend het in julle en julle harte, om hulle te ontvang, soos wat voorspel is deur die profete en die boodskappers van julle voorvaders.”

"Julle, valse Huis van Israel, ja, julle sal hierdie eerste profete en boodskappers van aangesig tot aangesig ontmoet op daardie dag wanneer elkeen voor My sal staan en julle sal 'n groot treurmare aanhef wanneer selfs My siener, Pieter Johannes, voor julle sal treur en julle sal vra waarom julle nie na hierdie woorde geluister het nie en waarom julle dit nie verstaan het wat aan hom gegee was vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom nie, ja hy, hy, Pieter Johannes sal treur, 'n groot en vreeslike treurmare oor die verlies van so baie siele, as gevolg van julle, valse Huis van Israel."

"Die koudheid van hierdie winter sal die koudheid van julle harte weerspieël, valse Huis van Israel, want dit sal 'n bitter koue winter wees vir julle."

"Hierdie winter sal die koudheid van julle harte weerspieël, 'n koudheid wat nog nie deur die oë van die mens gesien is nie, so koud sal dit wees."

"My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle sal ook die benoudheid van die bitter koue van die winter moet ervaar, sodat julle kan kennis neem en verstaan dat daardie huis van Israel nie aan My behoort nie."

"Die valsheid van hierdie Huis moet aan julle geopenbaar word in voorbereiding vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom."

"Ek het die bitter koue van hierdie winter gestuur en voorberei om die vlak en die diepte van die koudheid van die harte van daardie huis van Israel wat My en My uitverkorenes verraai het, meer as wat bekend is, verstaan is, begryp is of selfs oorweeg kan word deur My Huis van Israel en My Dogter van Sion, so groot, geslepe en bedrieglik was hierdie verraad gewees."

"Die koue van hierdie winter, die bittere koudheid van hierdie winter, hierdie koudheid sal 'n koudheid wees wat nog nooit gesien is sedert baie van hulle wat nou lewe, hul kan herinner nie, so koud sal die winter van hierdie seisoen wees in My Suid-Afrika."

"Hierdie koudheid sal plaasvind, omdat Ek gespreek het en wanneer Ek gespreek het en soos wat Ek alreeds vir julle gesê het dat die woorde wat uit My mond uitgaan, lewende woorde is wat die vorm aanneem van dit wat Ek reeds binne My gees geskape het vir My planne en vir My doeleindes."

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en hierdie woorde wat tot die hart van hierdie dienaar gespreek is, in diepte deurdink." "Neem kennis dat hierdie woorde Goddelike woorde is. Soos wat Ek, Wie alle dinge geskep het, soos wat Ek die enigste Godesh is, die Heilige Een, soos wat Ek spreek, so sal alles word wat Ek spreek." "Julle moet weet, julle moet verstaan en hierdie woorde tot die hart van hierdie dienaar diep deurdink." "Neem kennis dat hierdie woorde Goddelike woorde is."

"`Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en julle moet hierdie Goddelike woorde diep deurdink, julle moet weet dat daar geen vooruitbeskouing is in die Goddelike skepping van My gedagte nie, want alles wat was en alles wat is en alles wat sal wees, en alles wat kan wees, is alreeds in die saad van My gedagtes en soos die saad van 'n mosterdboom wat in My vrugbare grond geplant is, sal hierdie saad groei tot 'n magtige boom, wat reeds vooraf aangewys is vir haar doeleindes vir My planne tot aan die einde van haar tyd, soos wat beskik is."

"Hierdie waarskuwing aan daardie huis van Israel is 'n waarskuwing van laaste waarskuwings, 'n ernstige waarskuwing van laaste en finale waarskuwings van 'n Vader, 'n streng Vader aan Sy kinders van daardie huis van Israel en ook 'n waarskuwing aan julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, dat julle moet ophou met en julleself afskei van daardie vals huis van Israel wat julle so verraai."

"Hierdie koudheid moet so wees en hierdie koudheid sal so wees, sodat julle meer sal verstaan as dit wat op daardie vals huis se aangesigte weerspieël word as vriendskap, verdraagsaamheid of aanvaarding van julle, sodat julle sal sien dis onwaar, dis slinkse bedrog deur die valsheid van hul aangesigte, van hul glimlagte en van daardie huis se valse vriendskappe, soos wat hulle julle verraai, julle bespot en julle hoonlag vanuit die geheime plekke van hul harte en die geheime plekke wat aan hulle bekend is en wat hulle gedink het verborge is."

"Julle sal onder hierdie koudheid moet ly, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle sal moet ly, maar nie as 'n bedreiging, tugtiging of straf nie, maar sodat julle kan verstaan, daarom moet hierdie koudheid so wees en daarom sal julle ly onder hierdie koudheid."

"Berei julleself voor, My Huis van Israel!"

“Berei julleself voor, My Dogter van Sion!"

"Berei julleself voor vir hierdie koudheid, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion, berei julleself voor vir hierdie koudheid, want hierdie koudheid sal 'n bittere koue wees soos wat Ek aan julle gesê het, julle sal ly onder hierdie koudheid, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, julle liefdevolle Vader, Ek sal aan julle dink, o My geliefde, My geliefde Dogter, My Dogter van Sion, o My geliefde, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, Ek sal aan julle dink gedurende hierdie seisoen van bitter koue."

Berei julleself voor vir hierdie koudheid, Huis van Israel, MY Huis van Israel, berei julleself voor vir hierdie koudheid, want hierdie koue sal 'n bitter koudheid wees soos wat Ek aan julle gesê het, julle sal ly onder hierdie koudheid, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, julle liefdevolle Vader, Ek sal aan julle dink, o My geliefde, My geliefde Huis van Israel, My Huis van Israel, o My geliefde, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, Ek sal aan julle dink gedurende hierdie seisoen van bittere koue.”

"Ek sal aan julle dink, DOGTER VAN SION, EK SAL AAN JULLE DINK, MY HUIS VAN ISRAEL!"

"Ek sal julle hou in die hart van My liefdevolle hande van My Heilige Gees en sal voortgaan om julle te seën en om julle te bewaar gedurende die seisoen van hierdie koue. Ek sal julle vashou en Ek sal julle bewaar, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, Meester, Ehyeh Asher Ehyeh, Skepper, EK IS wat EK IS, die enigste HaElohim, Ek sal aan julle dink!"

"Dogter van Sion, 'n seën van brandstof en hout het Ek, die Vader, Wie so lief is vir julle, 'n seën, 'n groot seën van brandstof en hout vir julle vure en brandstof vir julle lewensonderhoud het Ek vir julle voorberei vir hierdie seisoen van bitter koudheid.

"Berei julleself voor om hierdie seën te ontvang, want hierdie seën sal van baie kom."

"Berei voor om hierdie seëninge in te samel en maak hierdie seëninge vinnig bymekaar, want hierdie seëninge sal kom voor hierdie bittere koudheid, hierdie bittere koudheid wat nog nooit in My Suid-Afrika gesien is nie, wat Ek oor op die lande van My Suid-Afrika gaan stuur."

"Julle moet onthou, My Huis van Israel en julle moet onthou, My Dogter van Sion, onthou dat in die bittere koue van hierdie winter wat gaan kom, Ek sal voortgaan om julle te seën, EK SAL VOORTGAAN OM JULLE LIEF TE HÊ, Ek sal voortgaan om julle te bewaar, en Ek sal regdeur die tydperk van hierdie bittere koudheid aan julle dink!

"Onthou hierdie woorde van troos van My, HaRo'eh HaTov, DIE GOEIE HERDER, onthou hierdie woorde!"

"Johannesburg, jou bose en verraderlike dogter wie Ek ryklik geseën het."

"Johannesburg, die setel van die grootste verraad teenoor My en My volk, sal meer in hierdie koue ly as haar susters, vir haar boosheid teen My en My Huis van Israel."

"Ek sal My rug draai op hierdie dogter oor haar boosheid, verraad en weiering om na My te luister."

"Johannesburg, bose en verraderlike dogter, luister nou na My, luister na My stem, die stem van 'n streng en toornige Vader Wie julle so liefgehad het, julle so geseën het, selfs meer as jou susters het Ek jou geseën en jou selfs geseën vanaf die einste hart van My lewende wêreld van die lewende siel van hierdie aarde, MY AARDE, het Ek jou geseën en met julle harte gepleit gedurende hierdie vele, vele jare."

"Luister nou na My nou, Johannesburg, luister nou na My, luister na My stem, die stem van 'n streng en toornige Vader Wie julle so liefgehad het en julle so geseën het, julle sal My nou hoor, julle Vader en julle SKEPPER."

"Jy sal ly, 'n ontstellende lyding van hierdie bitter koue, 'n lyding en kommer van sneeu sal hierdie dogter, My dogter Johannesburg ly.

"Jy sal ly Johannesburg, jy sal ly en kwelling hê van sneeu soos wat nog nooit gesien is of waarvan selfs onthou kan word in die harte van die mens van hierdie dogter nie, so 'n groot en vreesaanjaend sal hierdie sneeu wees wat Ek oor hierdie slegte dogter sal stuur, oor haar boosheid teen MY HUIS en as 'n teken aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion dat My hand, die hand van Ehyeh Asher Ehyeh, Skepper, is op hierdie lande, soos voorspel deur My profete en boodskappers."

"My hand sal voortgaan om op hierdie lande van My Suid-Afrika te wees, volgens die woorde van My profete en boodskappers van die voortye en die woorde van My profete en boodskappers in hierdie tye en die tye wat nog moet kom, sal My hand voortgaan om op hierdie lande te wees, soos wat reeds voorspel is."

"My hand sal voortgaan om op hierdie lande van My Suid-Afrika te wees volgens die woorde, die woorde wat Ek aan My boodskappers en My profete van hierdie tye en die tye wat nog moet kom, sal gee om vir My te skryf of te spreek vir My planne en vir My doeleindes."

“EK IS wat EK IS, Ehyeh Asher Ehyeh, Suid-Afrika, MY Suid-Afrika!"

“EK IS wat EK IS, HaRo'eh HaTov, die goeie herder vir die Huis van Israel, My Huis van Israel!"

“EK IS wat EK IS, Lechem Shamayim, die brood van die hemel, Dogter van Sion!"

“EK IS wat EK IS, Hu Haba ', die een wat kom!"

“EK IS wat EK IS, Ek is Ha-Aryei Mishevet Yehudah, Ek is die Leeu van Juda!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205