BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 30 aan Lukaas Van Hout op 29 September 2013

Nog `n boodskap aan Elohim se gekose leiers

Skryf Lukaas, aan dié na wie jy deur My gestuur is, skryf aan hulle leiers, EK IS, EK IS wat EK IS. Aan hierdie leiers, weet dat Ek hulle harte voorberei het, en hulle sal nou na My woorde luister uit jou hand. Aan hulle, EK, EK IS wat EK IS sê vir julle; luister nou na My, julle Vader, Ek IS wat EK IS. Hierdie instruk­sies is vir julle, die bewaarders van My volk gedurende die tye wat kom. Ek ken julle harte, Ek ken julle vrae, vrese en vertwyfeling. Ek weet dat julle wag op My woord en dat in die aangesig van baie van My volk, ly julle deur hulle beskuldigings as skynbaar onwillig om die swaard te trek. Moenie bang wees nie! Dit is soos wat dit moet wees en altyd met julle was, My volk wat wag vir die woord van My af in alle dinge en volgens My woord vir alle geregtigheid. Soos wat EK, EK IS wat EK IS reeds aan julle deur Lukaas en baie ander vertel het, volg geen mens nie, volg geen mens of iemand wat sy troon bo My plaas in woord of aksie of daad nie. Volg geen mens of enigiemand wat beweer dat hulle alleen My woord ontvang en dat hulle alleen aangestel is om te bepaal wie Ek na julle gestuur het. Ek het reeds julle harte opdrag gegee in hierdie dinge, en deur My woord die enigste wyse waarop My boodskappers geopenbaar sal word. Hierdie woorde is die begin van nog vele meer wat Ek vir julle voorberei het, sommige deur Lukaas en meer deur middel van die wat Ek opdrag gegee het om te soek en om te vind en wie onder julle sal woon as My uitverkore stem aan julle in die tye wat kom. Onthou My woorde, onthou, onthou, onthou, wat julle behoeftes ookal sal wees in daardie tye, bid tot My soos wat Ek julle opdrag gegee het deur My woord en slegs op hierdie wyse mag julle bid tot My. Soek nie die antwoord van hulle wie Ek gekies het om My woorde en antwoorde aan julle te lewer nie. Ek sal, EK IS wat EK IS sal aan julle antwoorde gee op daardie vasgestelde tye. Soek hulle nie op nie! Bid vir My en wag op My antwoord van hulle af. Hierdie dinge moet so wees om My werk te voltooi volgens alle maniere van orde. Hierdie gebede wat julle vir My aanbied om antwoorde te soek, is dié wat die hele liggaam van My volk affekteer oor wie julle aangestel is as wagters. Daardie gebede wat julle tussen My en julle gebid het, moet voortgaan in julle daaglikse lewe soos voorheen en is apart van die gebede wat My volk as 'n geheel beïnvloed. Gaan voort met julle persoonlike gebede aan My en Ek sal julle antwoord soos wat Ek altyd gedoen het en op die vasgestelde tye sal Ek julle antwoord. Hoor dan nou die opdragte direk van My woord en gee geen ag op `n mens wat julle sal lei of veroorsaak dat julle die swaard optel teen My wil nie. Julle het alreeds die waarskuwings ontvang van diegene wat groot geweld teen die kinders van Gam beplan vanuit julle eie volk en hoe hulle baie sal mislei met nog meer geweld in die valse woorde en beelde wat hulle aan die volk sal lewer in hul poging om die swaard op te tel teen My wil, soos wat Ek verklaar het deur My bekende profete onder julle.

Prediker 3:1-10

1 ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die Hemele is daar 'n tyd:

2 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is,

3 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou,

4 'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring,

5 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing,

6 'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi,

7 'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek,

8 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.

9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?

10 Ek het die taak gesien wat Elohim aan die seuns van adam gegee het om hulle daarmee te kwel.

Onthou en bestudeer hierdie woorde van die geskrewe woord versigtig. Die taak wat nou voor julle lê is ernstiger as wat julle dink in die enorme verantwoordelikheid vir die versorging van My volk waarvoor julle as leiers geroep is. Beskerm My dogters! Verneder julle voor My en My volk en berei julle harte voor vir die salwing wat sal kom van My, EK IS wat EK IS, 'n salwing wat deur My boodskappers onder julle verklaar sal word en bevestig deur drome en aan diegene wat hierdie salwings sal spreek soos wat Ek hulle die mond sal gee om hierdie salwings te spreek, wanneer My Heilige Gees daal oor hulle wat sal spreek, sal hulle spreek. Onthou die wysheid van Jeanne d'Arc, laat hy wat wysheid het, verstaan. Ek is wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205