BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 36 aan Lukaas van Hout op 2 Oktober 2013

Die Woorde sal vermeerder

Skryf Lukaas, skryf, EK IS ja, EK IS wat EK IS sal vandag 'n raaisel aan julle toon. 'n Geheim wat diegene met wysheid sal verstaan. Ek, EK IS wat EK IS het julle gesê dat Ek My woorde sal vermeerder deur hierdie dienaar Lukaas en vermeerder sal Ek, maar nie op wyses waarop julle dink nie. Dikwels het Ek met julle gespreek deur hierdie woorde wat EK deur hierdie dienaar gegee het om te te skryf en dikwels het julle dit gelees. Ander het dit gelees en deur die woorde in die wysheid ingesien wat EK IS wat EK IS weggesteek het binne-in hierdie woorde en slegs deur 'n oop hart vir My Heilige Gees sal julle ooit in staat wees om hierdie wysheid in te sien.

Lewer My geskrewe woord aan hulle, Lukaas;

Spreuke 1:22-33

1.22        Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase Kennis haat?

.1.23      Wend julle tot My Teregwysing, dan laat Ek My Gees vir julle uitstroom, wil Ek My woorde aan julle bekend maak.

.1.24      Omdat Ek geroep en julle geweier het, Ek My Hand uitgestrek en niemand geluister het nie,

.1.25      en julle al My Raad nie opgevolg en van My Teregwysing nie wou geweet het nie,

.1.26      daarom sal Ek ook lag by julle ondergang, Ek sal spot as julle verskrikking kom;

1.27        as julle verskrikking kom soos `n onweer, en julle ondergang soos `n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.

Spreuke.1.28      Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie.

.1.29      Omdat hulle die Kennis gehaat en die Vrees van JaHWeH nie verkies het nie,

1.30        van My Raad nie wou weet nie, My Teregwysing verag het,

1.31        daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.

.1.32      Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;

.1.33      maar die wat na My luister, sal veilig woon en gerus wees teen die vrese van besoedeling.

 

Soos wat julle al deur hierdie dienaar en vele ander gewaarsku is, tensy julle berou het en My en My waarheid soek, deur watter maniere Ek ookal kies om dit aan julle te stuur, dan sal hierdie woorde van My geskrewe woord in vervulling gaan.

Spreuke.1.28      Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie.

In daardie dae en in daardie tyd sal My Heilige Gees julle harte verlaat en met groot erns sal julle My soek en My nie vind nie. Selfs My woorde sal hul betekenis in julle harte verloor soos wat hulle (die harte) kouer as die koudste ys sal word en verhard sal hulle word vir My, en My woord, EK IS.

Spreuke.1.29      Omdat hulle die Kennis gehaat en die Vrees van JaHWeH nie verkies het nie,

Vertel hulle weer van My pleidooie aan hul harte, ja MY PLEIDOOIE, die EK IS wat EK IS pleit met hul harte om berou te hê en open julle harte vir My in vertroue en in liefde, sodat Ek hulle kan vul met Goddelike waarheid, Goddelike waarheid wat Ek so graag aan hulle wil gee en wat Ek soveel moes terughou, want hulle harte is gevul met hul eie nietighede. Open julle harte vir My sodat Ek julle kan vul met hierdie woorde wat Ek vir julle het! Ek wil hulle spreek en skryf onder julle eie volk deur julle eie volk, maar as julle nie gehoor wil gee nie, as julle My nie soek nie, as julle julle nie sal verneder in julle arrogansie en nietighede nie, dan, sowaar as Ek leef en asemhaal, sal al hierdie werk gegee word aan ander van ander volke en nasies om aan My volk te doen, wat julle in julle nydigheid weier om te doen. Ek hoor jou, Lukaas, Ek hoor jou bid en vra dat dit nie so moet wees nie en dat dit te veel is vir My volk, vir die Boere om te dra, as alles aan ander gegee moet word om te doen. Ek hoor jou en stem in om nog meer onder die Boere op te wek om te deel in hierdie werk. Ek, EK IS wat EK IS, sal die krag van My Heilige Gees selfs weer verhoog in hierdie verharde harte. En weer sal Ek My Heilige Gees in hulle harte verhoog, want dit is My wil dat baie moet deel in hierdie werk. Dit is My wil dat al My boodskappers My vertrou om hierdie werk te vervolmaak onder almal van julle, sodat in alle dinge, My woorde deur almal van julle in volmaakte orde en harmonie sal wees en dat die hele wêreld sal kan sien en weet, EK IS wat EK IS en dat deur My, My werk vervolmaak sal word onder My baie volke van ander nasies wat met een stem van die woorde van EK IS spreek en skryf.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205