BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 40 aan Lukaas van Hout op 2 Oktober 2013

Toetse en beproewings op julle pad

Praat met die leiers van My volk, die huis van Israel in die huis van Suid-Afrika, praat sagkens met hulle en met My sagtheid soos 'n Vader wat sy pasgebore baba vir die eerste keer vashou en spreek met hulle. Ek, EK IS wat EK IS, ja EK! EK IS het julle gebede verhoor! Ek weet dat baie van julle gedink het dat Ek julle sal verwyder as leiers. Julle is leiers van My volk, want Ek het julle uitverkies, julle wat nou tot My bid en My wil soek. Hulle wat dit nie doen nie, sal verwyder word, soos wat Ek deur ander woorde gespreek het as hulle My nie soek nie. Ek het julle gebede tot My gehoor en soos wat julle na My uitgereik het, so reik Ek reeds uit te na julle. Gaan voort om uit te reik na My. Ek ken julle pyn, Ek ken julle woede, Ek ken julle bitterheid soos dit eens met My was, toe Satan en sy demoniese engele met groot krag uit die hemel uitgegooi was. EK WEET! Gee dit alles vir My. Dit is deur hierdie duister emosies hoe Satan julle gyselaar gehou het en julle gedagtes verblind het vir alles wat Ek voorberei het vir julle om te doen, julle, die voogde van My volk in hierdie tyd en in die tye wat kom. Die reis wat voor julle lê, lê voor julle met vele paaie wat julle geloof en vertroue in My sal toets. Vrees nie en wees nie ontstel nie. Dit is om julle te toets en te verfyn Ek, EK IS wat EK IS is reeds op hierdie vele paaie, wat almal na My lei, om julle te lei en julle binne My woord en My waarheid te hou. Reik uit na My en julle sal My reeds daar vind! Dink aan My in alle dinge en roep na My in alle dinge en Ek sal julle die antwoorde gee op die wyse waarop julle reeds opdrag gegee is. Onthou hierdie woorde. Waar julle ookal sal moet gaan op die paaie wat voorlê, maak nie saak van die gevare, toetse en beproewings nie, EK IS wat EK IS is reeds daar met die antwoorde wat julle nodig sal hê gedurende hierdie tye wat julle dit nodig sal hê en Ek sal daar wees.

Matthëùs 20:25-28:

20.25: Maar JaHWeshua het hulle na Hom geroep en gesê. Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die magtiges oor hulle gesag uitoefen;

20.26: maar so moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

20.27: En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;

20.28: net soos die Seun van die Adam nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy Siel te gee as `n losprys vir baie.

Soos wat julle julle voor My verootmoedig het om ander te dien en om My woorde te ontvang deur die wat Ek gestuur het en sal stuur, sal Ek nou alles ten volle oopmaak wat Ek vir julle het! Gaan voort om julle harte vir My oop te maak en berei voor om groot wysheid, moed en krag te ontvang wat Ek voorbeskik het voordat hierdie wêreld geskape was, vir julle take wat voorlê. Dit is van die baie seëninge wat EK vir julle voorberei het, vir die verantwoordelikheid wat julle vir My kinders dra, en julle het nou begin om die belangrikheid daarvan te in te sien en te verstaan soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle getoon het deur My Heilige Gees wat alles onthul aan aan die harte van die mens, aan diegene wat My soek in alle nederigheid, vertroue en gehoor­saamheid aan My woord. 'n Klag wat Ek aan julle gee vir hierdie Sabbat en alle Sabbatte tot by die tyd van die einde. En hierdie aanklag is dat julle sal onthou om My te loof en om My te prys vir hierdie woorde as bewys en voorkennis van wat gaan kom vir julle, My leiers! Onthou altyd, EK IS!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205