BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 45 aan Lukaas van Hout op 4 Oktober 2013

Moet nie My boodskappe hoon nie

Durf julle lag vir My Ramshoring? Durf julle My Ramshoring minag en tart. Het ek nie die Ramshoring persoonlik aan julle gegee en julle lank gelede gewys hoe om dit te gebruik nie? En tog lag en spot julle My weer, Ek, EK IS wat EK IS, julle liefde­volle Vader wat julle slegs wil liefhê en beskerm, tog in julle hardnekkige, uitdagende rebellie gaan julle voort om nuwe maniere te vind om My te tart deur middel van al hierdie middele wat EK IS wat EK IS vir julle gesê het Ek na julle sal stuur, maar omdat dit nie kom soos wat julle begeer of verwag nie, spot julle daarmee en met hierdie bespotting spot julle ook vir My; nietemin hoor Ek die talle gebede van My volk wat selfs nou vir julle bid om julle harte oop te maak en soos wat Ek deur Moses gedoen het, toe hy met Farao gepraat het, so sal Ek nou aan julle doen en voortgaan om met julle harte te praat, julle, julle onder My Boere wat dink dat hulle waardiger en beter is as dié wat Ek liefdevol en versigtig gekies het om My wil te doen vir My volk. Maar tog sal Ek tot julle harte spreek met die stem van My Heilige Gees, weereens sal Ek met julle harte spreek en poog om julle wakker te maak vir My stem. Ek het My Ramshoring geblaas deur hulle wat ek gekies het, en hierdie Ramshoring is regoor die wêreld geblaas en omdat julle vir My gelag het om My Ramshoring te bespot, so ek sal nou sy klank verhoog en die getalle van diegene verhoog wat sal hoor en antwoord, om aan julle te wys dat Ek, EK IS wat EK IS is en dat Ek spreek soos wat Ek wil, en deur wie Ek ookal gekies het om te spreek, sal ek spreek. In groot getalle sal die geluid van My, ja My Ramshoring, die Ramshoring van EK IS wat EK IS gehoor word regoor die wêreld, so groot en vergroot sal dit nou word! Ek is wat EK IS, Ek sal altyd wees!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205