BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 53 aan Lukaas Van Hout op 16 Oktober 2013

Die salwing vir die uittog

In die uur van die salwing, wat julle sal moet doen voor die uittog van My volk, beveel Ek, EK IS wat EK IS My volk dat julle My volk sal salf op hierdie manier, - hierdie salfolie van die vrug van die olyfboom en wat suiwer moet wees. Julle moet die olie warm maak en julle moet die duim van julle regterhand in die olie steek, sodat die olie dik op julle duim sal wees. Julle moet dan julle duim op die kroon plaas van die persoon wat gesalf moet word, op die kroon van sy kop moet julle hierdie salwing doen; drie keer moet julle hierdie salwing doen. Tydens hierdie salwing moet julle hierdie woorde spreek;

“Vader in U Naam, Ek IS wat EK IS, salf ons hierdie persoon, hierdie kind van U met hierdie salwing van hierdie verwarmde olyfolie, wat die warmte van U liefde vir ons voorstel. Vader, met 'n magtige hand het U ons voorvaders onder die hand van Farao uitgebring en uit die hand van Farao het U ons voorvaders gebring soos wat U U voorvaders belowe het oor hierdie verlos­sing uit die hand van Farao. Vader, ons salf hierdie kind van U in U Heilige Naam; EK IS wat EK IS, deur die beloftes wat U gemaak het deur ons profete, toe U gespreek het van ons verlos­sing uit hierdie moderne Farao wat ons volk regeer. In U Naam, EK IS wat EK IS, vra ons U en bedank ons U vir ons verlossing en beskerming tydens ons uittog uit die hand van hierdie Farao, na daardie plekke wat U vir ons voorberei het.”

Drie maal moet julle die kruin van hul hoof salf en drie keer moet julle hierdie gebed opsê, voordat julle hul hoof op hul kroon salf. Dit is 'n teken tussen My en julle en My Skeppingsleërmag om julle by te staan gedurende die tyd van die uittog.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205