BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 59 aan Lukaas van Hout op 21 Oktober 2013

Dogter van Sion! Pasop

Dogter van Sion, het Ek jou nie goed versorg nie? Het Ek jou nie getoets deur beproewinge en verdrukkings nie? Het Ek jou nie ieder en elke keer verlos nie en het Ek, EK IS wat EK IS jou nie aangemoedig, liefgehad en geseën nie? Jy hoor My woorde, jy lees My woorde en tog luister jy net gedeeltelik daarna. Lees hierdie woorde, bestudeer hierdie woorde wat Ek reeds aan jou gegee het, want Ek het vele waarhede binne elkeen van hulle weggesteek! Jy hoef nie volumes van woorde van My te kry nie, die woorde wat Ek reeds aan jou gegee het, elkeen van hulle bevat volumes van woorde, kennis, wysheid en waarheid en in die bladsye is daar baie, baie volumes van woorde, kennis, wysheid en waarheid. Soek daarna! Nietemin Dogter van Sion, weet dat jy gedurig voor My oë is, en dat jy geliefd is. Jy was getuie van My woorde waar vertel is van die baie seëninge wat Ek, EK IS wat EK IS, aan jou gegee het en nog steeds besig is om voor te berei vir jou, sommige daarvan is in jou hande gegee en vele meer bly nog oor. Dogter, luister nou baie ernstig na My, want Ek spreek met jou soos `n pa, 'n liefdevolle pa wat in vertroue en liefde met sy dogter spreek om haar te waarsku teen haar minnaars en boodskappers. Wees gewaarsku, My Dogter, teen hierdie minnaars, wees ook gewaarsku teen vals bood­skappers! Hierdie valse minnaars wil jou die hof maak vir boosheid en jy moet hul bedoelings en motiewe uitvind en met alle ywer moet jy hierdie bedoelings en motiewe uitvind, want sommige sal probeer om jou te verraai vir hul eie gewin. Soek na die waarheid en jy sal haar vind en veel skade in verlies en wins vir die mense en jou woonplek van My mense, sal verhoed word. Pasop Dogter, vir die vals boodskappers wat na jou sal kom! Hulle het Ek toegelaat, sodat jy ten volle geestelike onderskeiding van My kan kry, sodat jy hulle sal herken in al hulle gedaantes, in voorbereiding vir die tye wat gaan kom, want in die tye wat gaan kom, moet jou oë ten volle geopen wees met die geestelike onderskeiding wat Ek aan jou gee en wat Ek sal voortgaan om vir jou te gee gedurende die tye wat kom. Hierdie boodskappers sal kom en met die voorkoms van groot en liefdevolle harte, gevul met deernis, sal hulle kom. Binnekant sal hulle soos `n hiëna wees, `n verhongerde hiëna en wil slegs hulle eie honger stil vir selfverheuging en menseverering. Uiterlik blyk hulle My boodskappers te wees en sommige van hulle sal My woorde met groot krag tot julle spreek, met 'n skynbare groot liefde wat so geslepe sal wees in hul bedrog aan jou om hulself as My boodskappers voor te doen. Hierdie dinge moet toegelaat word, soos wat Ek jou vertel het Dogter, om jou 'n berg van geloof, krag en liefde te maak vir My volk in die tye wat kom. Wanneer hierdie boodskappers en minnaars inkom in jou woonplek, verwelkom hulle asof hulle van My is. Sommige sal van My wees, die ander, die valses, sal wees van hulleself en van Satan. Hierdie minnaars is hulle wat hul welvaart wil verhoog deur jou en hulle saam met jou. Sommige van hierdie minnaars is waaragtig en sal jou baie sukses bring, ander is vals, soos wat Ek jou reeds vertel het, en jy moet hard probeer om die waarheid in hulle te soek, alvorens jy in vertroue saam met hulle sal gaan. Die boodskappers wat valslik in My Naam kom, sal hulself openbaar. Hul eie eer sal deur jou gesien word, tog moet jy hulle vir `n tyd laat voortgaan, sodat jy groter waarhede van geestelike onderskeiding kan leer wat hulle valslik in My Naam vir jou sal bring. Sommige van hierdie boodskappers en ja, selfs sommige van die minnaars, sal poog om hulself as leiers te vestig onder julle, as herders of as My mondstuk en sal geslepe poog om diegene te ondermyn wat Ek reeds aan jou gestuur het of diegene aan wie hierdie verantwoordelikhede reeds gegee is. Jy sal hulle ken deur hul selfverering en begeerte om ander te regeer! In al hierdie en ander sake rakende die verantwoordelikhede van jou woning wat jy vir My mense geskep het, sal jy in alle nederigheid en suiwerheid voortgaan om die antwoorde van My te soek, EK IS wat EK IS, en EK IS wat EK IS sal jou wys .

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205