BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 70 aan Lukaas van Hout op 29 Oktober 2013

Tevergeefs soek die sprinkaan om ons te verslind

By die venster het julle gestaan, die vyande van My volk, by hierdie venster het julle gestaan en die lande na die noorde gesien en anderkant die lande sal julle, die vyande van My kinders, vyande van My volk, vyande van My Dogters van Sion, vyande van My huis van Israel, verdryf word, ja, julle sal verdryf word soos wat voorspel is en met die kragtige hand van My, EK IS wat EK IS, sal julle verdryf word en nie net deur My hand nie, maar deur hulle wat voorberei is vanuit My leërskare en ook vanuit die mens sal julle met 'n kragtige hand van My vergelding weggedryf word en in al hierdie dinge sal julle verdryf word! EK IS wat EK IS het die einde van My geduld bereik en soos wat julle nou dink om My volk weg te dryf vanuit hierdie lande wat Ek, EK IS wat EK IS hulle heen gestuur het vir My beplanning en My doelwitte, so sal Ek, EK IS wat EK IS nou julle eie planne omdraai teen julle en vanuit julle eie volke en nasies, stamme en tale sal Ek, EK IS wat EK IS aan julle My krag toon deur julle eie mense wat 'n groot dwaling en verdeeldheid onder julle sal bring, 'n dwaling en verdeeldheid van groot twis en onmin. In 'n dwaling en verdeeldheid sonder begrip of doel sal julle, die een teen die ander draai en julle sal nou mislei en verstandloos word, en julle sal aangedrewe wees om sprinkane oor die land te word wat alles sal verslind in julle pad, in julle groot dwaling en verdeeld­heid. In daardie dae en in daardie tyd wanneer julle sal draai, die een teenoor die ander, sal My volk kom en hulle sal kom vanwaar Ek hulle ookal sal roep, vandaar sal hulle kom, vanuit alle hoeke van die aarde sal hulle kom om julle te verdryf na daardie lande toe wat Ek, EK IS wat EK IS julle heen sal stuur. Nie meer sal julle woon in die lande wat Ek, EK IS wat EK IS eens aan julle gegee het nie. Dit word geneem in julle vergelding soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku het dat hierdie dinge so sou gebeur. Maar julle het gelag, gespot en My in My aangesig gehoon. Berei voor vir hierdie reis, hierdie reis wat julle gedink het om My volk te vernietig, is nou julle reis en dit sal 'n reis van trane en hartseer wees, want in daardie tyd sal julle arrogansie en hoogmoed verwyder word en julle sal verdryf word en sal in groot getalle vlug en julle sal gedryf word en vlug na die lande en tot by grense, wat verder na die noorde sal wees as wat julle gedink het en hierdie grense sal so wees, dat julle en die wêreld sal weet, Ek, EK IS wat EK IS stel die grense van volke vas. Hulle wat daarna sou streef om hierdie grense, volgens My wil en beloftes aan My volk, te verander, sal hul grense, hulle volke en hulle lande verloor en verdryf word waar ookal Ek, EK IS wat EK IS besluit om hulle heen te verdryf, en Ek sal hulle verdryf in My toorn en vergelding as gevolg van hul uittarting van My, My wette en My volk. EK IS wat EK IS en julle sal weet en julle sal sien en julle sal My en My Naam onthou, EK IS wat EK IS in hierdie wêreld. Hierdie wêreld, My wêreld, wat Ek geskape het vir My volk en vir hulle wat My sal volg en My wil en My wet sal doen, vir hulle het Ek hierdie wêreld gegee. Daar is geen verskoning vir enige van julle nie, want dit is geskrywe in die Skrif, My wil vir hierdie wêreld, deur die beloftes wat Ek, EK IS wat EK IS gemaak aan My volk en hul nageslag. Julle is ook weer en weer gewaar­sku, selfs tot in hierdie huidige tyd was julle gewaarsku. Na daardie tye wanneer julle vanuit hierdie lande weggedryf is wat Ek aan My volk gegee het en vanuit die lande wat Ek, EK IS wat EK IS van julle sal neem en gee aan My volk in My vergelding aan julle, selfs tot aan die einde van die wêreld, sal julle My Naam in vrees en bewing mompel en My onder julle volk verklaar en sê, ons ly as gevolg van ons uittarting van Ek, EK IS wat EK IS, hy wat was, is en vir ewig sal wees. EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205