BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 86 aan Lukaas van Hout op 13 November 2013

Wandel in die woning van My liefde

Aan al My kinders, waar hulle ookal gevind kan word, skryf hierdie woorde neer vanaf My, EK IS wat EK IS. Sê vir hulle, herinner hulle om altyd en op alle maniere, te wandel in die woning van My liefde. Die tye wat oor julle gaan kom, sal in felheid en barbaarsheid toeneem. Felheid en barbaarsheid, meer as wat reeds gesien is, so erg gaan dit in hierdie tye raak. Vertel hulle, skryf aan hulle hierdie woorde, ja, hierdie woorde van My, julle Vader, julle liefdevolle Vader. Vertel hulle, bly by My in alle dinge. Weet en glo dat wanneer julle poog om hierdie woning in My liefde te betree, dat Ek, EK IS wat EK IS julle reeds onder My vlerk ingetrek het. Oor hierdie liefde en oor hierdie woning moet julle nooit twyfel nie, want Ek het julle belowe dat dit so sal wees. Sal My woord nou vir ewig en altyd bly staan? Het julle nie gesien, gelees of gehoor dat My woord waarheid is en staan tot by die kleinste tittel nie? As julle dan glo wat reeds gebeur het deur die krag van My woord, dan moet julle nou glo dat julle vir ewig by My bly in die woning van My liefde en binne hierdie woning sal Ek, EK IS wat EK IS julle liefhê en vir julle sorg, selfs diegene van julle vir wie die dood sal kom haal. Onthou en hou vas aan My gedurende daardie oomblikke. Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle Vader, Hy wat is, was en sal wees, Skepper van alle dinge, is nou saam met julle en gedurende die laaste oomblikke van hierdie aardse lewe sal Ek saam met julle wees! Soos wat Ek reeds vir julle gesê het, sal Ek persoonlik daar wees om julle aan die ander kant te ontmoet en Ek sal julle in My koninkryk verwelkom. In My koninkryk sal julle altyd by My woon, vir ewig en ewig. Die pyn, beproewinge en die verdrukking van hierdie wêreld sal julle agterlaat wanneer die dood na julle toe kom. Terwyl julle hierdie dinge oorweeg, maak julle harte oop vir My, soos wat julle hierdie dinge in gebed oorweeg en bepeins. Vra My, deur My Heilige Gees, om aan julle My liefde te toon en julle sal dan reeds binne hierdie woonplek van My liefde woon. Dan sal EK IS wat EK IS Myself in hierdie woning aan julle openbaar en binne hierdie woning sal julle geloof in My volkome en voltooi wees. Kom nou in gebed na My en tree binne hierdie woning, want dit is binne hierdie woning van My liefde waar dit My, EK IS wat EK IS genot gee om te deel met almal van hulle wat My woning betree. Dit is ook in hierdie woning waar Ek, EK IS wat EK IS Myself verheug om My kennis, wysheid en geestelike waarhede te deel met almal wat hierdie woning ingaan om saam met My te woon. Hierdie woning is ook My koninkryk, die koninkryk waarvan Ek reeds met julle gespreek het deur die woord van My inwonende koninkryk binne-in julle. Die sleutels tot hierdie koninkryk en hierdie woning is julle liefde, geloof, oortuiging en vertroue in My en julle aanvaarding van My en My liefde vir julle soos wat dit reeds geskryf is. EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205