BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE NUWE BYBEL

(met die Heilige Name)

 

Boek 1 - DIE LIEFDE

 

INHOUDSOPGAWE

 

Voorwoord MY Anker van Verlossing 5

Hoofstuk 1 KONINGIN VAN DIE HEMELE 27

Hoofstuk 2 Gehoorsaamheid 67

Hoofstuk 3 MY Genade 84

Hoofstuk 4 MY Barmhartigheid 96

Hoofstuk 5 Die Heiligheid van die Huwelik 106

Hoofstuk 6 Die Vergifnis van Sondes 185

Hoofstuk 7 Die Wedergeboorte 207

Hoofstuk 8 Die NUWE JERUSALEM 226

Finale appèl 298

Voltooi 299

Nuwe Bybeltaal skeppings 303

DIE NUWE BYBEL

HEILIG

is Hierdie Boek van Boeke,

DIE NUWE BYBEL, want

elke woord op hierdie bladsye

is

ELOHIM SE HEILIGE WOORD,

DIE STEM VAN DIE MEESTER,

JULLE SKEPPER

VAN EWIGHEID TOT IN EWIGHEID

WIE

julle hierdie

NUWE BYBEL

bied as 'n

ANKER VAN VERLOSSING

vanuit duisternis en angs.

 

Geopenbaar deur

DIE GENADE VAN ELOHIM DIE MEESTER

IN SY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE.

DIE HEILIGE TRILOGIE VAN DIE BYBEL-CORPUS:

Net soos wat die Nuwe Testament die Ou Testament volg, en beide die Bybel tot sover bekend gevorm het, so word deur ELOHIM se Heilige wil die volgende NUWE BYBEL bygevoeg om alles te voltooi en dit vorm dus:

DIE HEILIGE TRILOGIE

Ou Testament - Nuwe Testament - NUWE BYBEL

Inderdaad het die mensdom nog nie daarin geslaag om die nodige volwassenheid te bereik om die direkte weg na ELOHIM te neem nie, nie deur DIE OU TESTAMENT of DIE NUWE TESTAMENT nie, hoewel dit moontlik gemaak is deur die MEESTER se WERK van verlossing in JAHSHUA DIE GESALFDE wat die unieke ware weg geopen het na ELOHIM. Was die nodige volwassenheid bereik, sou die mensdom 'n lewende NUWE BYBEL gevorm het vir alle tye en ewigheid deur in ELOHIM SE EWIGE LIEFDE te lewe en so ELOHIM se EWIG HEILIGE EN VOLMAAKTE WIL vervul het.

Soos wat dinge egter is, is ELOHIM DIE MEESTER gelei om in te gryp in die gebeure van hierdie Aarde met hierdie NUWE BYBEL, nie net om die mensdom te red van die onvermydelike, selfopgelegde ondergang nie, maar ook om hom te lei op die pad na die uiteindelike doel van die Skepping vir alle mense op Aarde, naamlik om ELOHIM SE VOLMAAKTE BEELD te word.

'n Algemene fout

Dit is 'n algemene fout om te glo dat die laaste verse van die Openbaring aan Johannes vir ewig 'n einde gestel het aan die teks van die hele BYBEL. Die waarskuwing daarin vervat om nie iets by hierdie profesie by te voeg nie, is duidelik – en elkeen kan maklik oortuig word dat dit slegs betrekking het op hierdie boek van profesie alleen en nie die hele BYBELTEKS nie. Inderdaad is eerder die teendeel waar, want in Johannes 16:12-13 het JAHSHUA gesê:

"EK het nog baie dinge om aan julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie, maar wanneer die Gees van Waarheid gekom het, sal (die Gees) julle in die hele waarheid lei."

Dit is net so 'n algemene misvatting dat alle openbarings in JAHSHUA DIE GESALFDE vir ewig geëindig het. Nêrens in die Bybel kan so 'n eis gegrond of bewys word nie.

ELOHIM se onpeilbaar EWIGE WYSHEID het geen grense nie! As daar enige beperking in sy skepping was, sou ELOHIM nie ewig of oneindig kon wees nie. ELOHIM SE EWIGE LIEFDE stroom uit in die oneindigheid van die heelal in, net soos wat dit uitstroom deur hierdie NUWE BYBEL na al SY kinders op hierdie Aarde in `n ondenkbare OORVLOED VAN GENADE, waaruit almal sal kan put, die wat hul sal wend tot die mees vurige en genadige Liefde, waardeur hy

SY HEMELE,

DIE KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE,

sal bereik.

DIE HEILIGE Voorwoord van ELOHIM die MEESTER vir DIE NUWE BYBEL

ELOHIM DIE MEESTER SPREEK:

DIE NUWE BYBEL

is

MY GENADE

aan die mensdom

in die maalkolk van MY Teenpool

EN IS MY GENADE

aan elke siel in 'n menslike gewaad

EN IS

MY ONEINDIGE LIEFDE

aan elke mens,

ongeag sy afkoms, geloof, eienskap, rang, en ligging, want alle mense is MY kinders en kom vanuit MY VADERLIKE HART en almal sal hierdie NUWE BYBEL benodig vir hulle redding, verlossing, en hul verheffing tot

MY DIE SKEPPER

VAN HEMELE EN DIE AARDE.

1 LIEFDE

IS DIE GROOTSTE KRAG

IN DIE HEMELE

EN OP DIE AARDE.

2 EK JAHWEH,

giet

DIE LIG VAN ALLE LIGTE

met hierdie

NUWE BYBEL

 

sodat jy, mens van hierdie Aarde en kind van MY LIEFDE, MY GENADE EN MY MEDELYE, julle oë kan oopmaak en besef waarom hierdie NUWE BYBEL so 'n dringende behoefte is as `n

VERDERE DAAD VAN GENADE

van julle

ELOHIM EN HEMELSE VADER,

WIE vir ewig brand met LIEFDE vir julle en julle ook so in LIEFDE onderhou - die mees vurige LIEFDE, spreek EK JAHWEH - terwyl EK skaars een jota of tittel van hierdie LIEFDE ontvang, nie eers van die kinders wat MY liefhet nie, want hulle het MY nie lief soos wat EK liefgehê wil word nie.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205