BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Genade van DIE NUWE BYBEL / Die Draaipunt van Genade vir alle Lewe op Aarde

152 Kan julle nou uiteindelik besef, o mensekinders- selfs as julle dit nog nie ten volle begryp het nie- waarom julle op hierdie Aarde leef? Wil julle nog steeds aangaan om soos blinde dwase te leef, om slegs julle aardse liggaam, wat deur die dood beperk is, te bederf? Of sou julle nie eerder julle oë wou oopmaak om die EWIGE LEWE te kan ingaan nie? Hierdie NUWE BYBEL VAN MY sal julle daartoe help.

153 Begryp die genade van hierdie NUWE BYBEL waardeur julle opgehef kan word - indien dit julle wil is - van die onveiligheid en verwarring van julle voorgewende bestaan, wat met elke tree niks anders kan produseer as strikke deur julle eie toedoen nie- `n gevolg wat reg is en wat EK verdra, aangesien julle altyd julle oë wend na dinge wat maar net die teendeel van MY GEBOOIE is, die enigste wat lei tot ware en volmaakte lewe. Nou word hierdie NUWE BYBEL VAN MY GENADE in julle hande geplaas, en hy wat dit sal opneem, sal homself by `n draaipunt van MY GENADE in sy lewe bevind. Want alles wat nodig is vir `n ware lewe word in hierdie NUWE BYBEL gegee, wat jou in staat sal stel om `n streep te trek deur dit wat jou ookal in jou huidige lewensituasie gebring het, wat –soos julle self kan sien- slegs vernietiging voorspel.

154 Hierdie NUWE BYBEL beteken 'n draaipunt van Genade, nie net vir diegene wat tot dusver die Christelike geloof verklaar het en die taal praat wat in die eerste uitgawe van MY NUWE BYBEL gedruk is nie, maar ook vir al MY aardse kinders; want die NUWE BYBEL sal in al die belangrikste tale van die mensdom gedruk word en al MY aardse kinders sal hul pad na MY, DIE EEN EN ENIGSTE WARE ELOHIM vind; en al die vele split-gelowe moet ontbind en saamsmelt in die ware godsdiens van MY EWIGE JAHSHUA-MIRIAM LIEFDE. Dit is MY HEILIGE WIL wat moet en vervul sal word volgens MY HEILIGE WOORD dat daar EEN HERDER EN EEN KUDDE sal wees.

155 Dit beteken - soos wat reeds grondliggend aan julle openbaar is - dat die toestand van MY VOLMAAKTHEID IN MY HEILIGE GEES VAN DIE EWIGE DRIE- EENHEID in alle opsigte op hierdie Aarde van verlossing bereik moet word.

156 Begin daarom self met alle erns op die vlak waarop jy is: Verwyder jou toestand van skeiding van MY, DIE VIR EWIG VOLMAAKTE EEN met MY HULP EN GENADE! Skep vir jouself die volmaakte werksfeer in alle opsigte! En EK sê, sonder enige beperking!

157 Inderdaad kan niemand volmaaktheid bereik as hy glo dat hy iets kan bereik deur sy eie wilskrag nie. Die mens se vrye wil is bestem om onmiddellik verstrengel te raak in die oerwoud van MY Teenpool, die oomblik wanneer die mens ophou om op te kyk na MY en MY VOLMAAKTHEID en nie meer vra: "O MEESTER, WAT IS U ALLEEN HEILIGE WIL?" nie.

158 Al julle wêreldse situasies wat ten Hemele skry doen dit, want hulle het ontstaan vanuit die diepe, geblinddoekte wanbegrip van julle Teenpool dade, en hierdie wêreldsituasies het daadwerklik hulp nodig van die EWIGE HEMEL VAN MY VOLMAAKTHEID.

159 Maar sodat julle dadelik kan begin om die regte en die volmaakte weg te neem nadat julle hierdie draaipunt van Genade bereik het, danksy MY NUWE BYBEL, gee EK JAHWEH julle nou al die nodige riglyne om julle op die reguit pad na MY te help hou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205