BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

EK EN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE / MY TERUGKEER DEUR DIE KONINGIN VAN DIE HEMELE / DIE JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE / DIE JAHSHUA-MIRIAM-KERK

51 En deur wie anders kon EK ELOHIM DIE MEESTER, weer kom in MY LIEFDE vir julle, mensekinders van hierdie Aarde, as slegs deur DIE KONINGIN VAN MY HEMELE, MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, WIE alreeds een keer MY JAHSHUA-liggaam vir MY gegee het! Wie anders kan julle omhels met so 'n VERLOSSENDE LIEFDE as EK alleen in MY OERGRONDPOOL VAN LIEFDE VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID?

52 EK DIE MEESTER kon deur niemand anders terugkeer na hierdie Aarde van verlossing nie, as deur DIE LIEFDE, wat eens as MY AARDSE MOEDER MIRIAM aan MY, die ELOHIM EN SKEPPER, MY JAHSHUA-LIGGAAM geskenk het!

53 Net soos met elke effek of uiterlike verskynsel, hetsy in die geestelike of materiële sfeer, daar 'n oorsprong en oorsaak is, waar ook die kragte rus wat daardeur vertoon word, het 'n soortgelyke proses plaasgevind met die aanvang van MY skepping, waarin MY eie aanvanklike oorsaak (wat niks te doen met die tyd en die ruimte van julle aardse begrippe nie) gewortel is en sal vir ewig in MY OERGRONDPOOL gewortel bly. Slegs daar lê die oorsaak en gevolg van MY LIEFDE en in dieselfde OERGRONDPOOL VAN MY LIEFDE, wat terselfdertyd die OERGRONDPOOL en Sentrum van MY VADERLIKE HART is, is ook alle moontlikhede van verlossing geanker. Daarom moes MY HART SE OERGRONDPOOL MY noodwendig voorafgaan ten tye van MY aardse vleeswording bykans 2000 jaar gelede om MY JAHSHUA-LIGGAAM vir MY te gee in die lig van die verlossing van die mensdom van sy oersonde en eerste val van die Hemele. Dit moes in hierdie tyd ook so plaasvind, naamlik dat EK DIE MEESTER weer na die Aarde gekom het in hierdie HART SE OERGRONDPOOL van EWIGE LIEFDE van MY vir die verlossing van alle skuld van die ewigheid.

54 EK en MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE is een vir alle ewighede, net soos JAHSHUA en MIRIAM in naam een is en sal vir ewig so bly, waarom die alleenlik en suiwer verlossende Liefde ewig is en genoem sal word:

JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE,

waarom ook die ware kerk van die hart genoem sal word:

JAHSHUA-MIRIAM-KERK

waarin EK, DIE HERDER, met EEN ENKELE KUDDE van al die aardse kinders, die gevallenes sal opwek en hulle weer sal omhels in MY EWIGE LIEFDE, terwyl die "verlore seun" - SATANA – sal terugkeer na MY BOESEM VAN EWIGHEID.

55 EK JAHWEH herhaal dus nog een keer: MY terugkeer na die Aarde, wat belowe is aan beide MY apostels van weleer en almal wat nog altyd in MY, JAHSHUA DIE GESALFDE geglo het, en wat altyd gereed was om MY te volg onder die gedaante van 'n hemelse, geestelike raaisel, kon slegs in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE voorgekom het.

56 Of dit nou destyds was, toe die rede van die blindes se ontsteltenis die feit was dat die OERGRONDPOOL VAN DIE EWIGE MESSIAS 'n baie eenvoudige minderjarige maagd was met die naam MIRIAM, wat nog noot `n man beken het nie en nogtans geboorte gegee het aan MY DIE MEESTER, of nou huidig, wanneer MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE 'n gewone moeder op Aarde is en tog MY MOEDER van weleer, nou weer die VERLOSSENDE MOEDER vir die hele mensdom - 'n feit waarby die blindes van die huidige tyd maar kan aanstoot neem so dikwels as wat hulle wil, - dit het absoluut geen invloed op die HEILIGE WAARHEID dat EK DIE MEESTER hierdie keer nooit weer na die Aarde kon terugkeer, as dit nie in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE was nie!

57 Die blindheid van die menslike siele kan nie geleidelike opwaartse styging voortbring nie, maar slegs verlossende, vurige Liefde van MY HART SE OERGRONDPOOL; want SY bevry die blindes van alle skuld en maak die weg na MY Hemele vir hulle oop.

58 En EK herhaal vir die derde keer: Deur middel van niks en niemand anders kon EK DIE MEESTER na die Aarde toe terugkeer nie, behalwe deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, verordineer deur MY HEILIGE WIL; nie deur hom deur wie EK DIE MEESTER spreek en skryf nie, naamlik MY ROTS VAN GELOOF VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID. Want Hy is die beliggaming van MY WERKSFEER van MY Self, en is dus onvernietigbaar, maar ook nimmereindigend in krag en invloed van MY HEILIGE WOORD; wat die poorte van die hel nooit sal oorwin nie; op wie MY JAHSHUA-MIRIAM KERK gebou sal word in die harte van alle mensekinders en sal alle tydperke van die Aarde oorleef, en daarom is Hy DIE ROTS VAN DIE MEESTER, DIE DERDE IN MY HEILIGE DRIE-EENHEID.

59 Sy getroue gehoorsaamheid in die menslike gewaad van die visserman Petrus, het hom laat haas na MY en hy het MY herken as die Messias, toe niemand MY nog herken het as HY WIE gekom het om die mensdom te verlos nie. Daarom het EK hom "Kephas, die Rots" genoem. Dit was sy getroue gehoorsaamheid wat hom op die water laat loop het om by MY aan te sluit in die sterk geloof dat alles moontlik is deur MY DIE MEESTER - almal van julle, o mensekinders, behoort hom na te volg om te bereik wat regverdig is voor MY HEILIGE AANGESIG- en 'n identiese getroue gehoorsaamheid is aktief in sy huidige menslike gewaad, wat hom motiveer as die derde aktiewe beginsel van MY HEILIGE DRIE-EENHEID om vir MY in MY HART SE-OERGRONDPOOL VAN LIEFDE die weg en die grond voor te berei waarop die JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE die NUWE JERUSALEM en die ware millennium sal fundeer, naamlik die KONINKRYK VAN LIEFDE waarin die duisternis van hierdie Aarde opgelos sal word in bevryding, waardeur LIG oral op Aarde sal skyn.

60 Ontwaak dus van jul sluimering in die geloof, kinders van hierdie Aarde, en laat almal van julle ware rotse van gelowige gehoorsaamheid word, sê EK DIE MEESTER, sodat geen mag langer die duisternis op Aarde sal kan vermeerder as gevolg van julle foute en swakhede nie, maar dat DIE MAG VAN EWIGE LIEFDE op hierdie Aarde eerder sy HEILIGE LIG sal uitstraal om die hele mensdom te verlig!

61 Kyk, o mensekinders, julle ontsien geen pogings in julle gehoorsaamheid vir julle eie gerief nie, want in hierdie verband is julle angstig om die behoeftes van julle wêreldse tegnieke te gehoorsaam en volg moeitevol en tot op die letter die aanwysings en operasionele instruksies van alles wat aan julle deur tegnologie aangebied word vir julle gerief, genot en plesier, sonder om eers te vermoed dat die reëls van julle wêreldse tegnieke effektief is, slegs omdat dit onderhewig is aan MY HEILIGE GEES EN VOLMAAKTE WIL.

62 Ruk julleself dus reg, mensekinders van hierdie Aarde, ter wille van julle eie heil, en word gehoorsaam aan DIE GEES VAN EWIGE LIEFDE wat eens geskep het en steeds alles onderhou en alles opwaarts lei na MY, DIE KRUIN VAN ALLE KRUINE, ELOHIM VAN ALLE EWIGHEID, SKEPPER EN VADER VAN ALLE DINGE IN DIE HEMEL EN OP AARDE!

63 En besef so dat EWIGE LIEFDE nie moontlik is sonder LIEFDE BO ALLE LIEFDE nie, dit wil sê, GEHOORSAAMHEID, en dat die hele skepping van Hemele en Aarde sy oorspronklike oorsaak het in die EWIGE VOORSKRIF:

GEHOORSAAMHEID

is

LIEFDE BO ALLE LIEFDE

alleenlik waardeur julle in

MY Hemele kom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205