BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

- Hoofstuk 3 -

Volg die MEESTER van alle siele, JAHSHUA DIE GESALFDE, in absolute gehoorsaamheid. MY GENADE.

1 MY GENADE is 'n addisionele gawe van MY LIEFDE aan al die aardse kinders wat MY DIE MEESTER JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, in absolute gehoorsaamheid volg, WIE in hierdie tyd weer teruggekeer het na die Aarde in die menslike gewaad van MY HART SE OERGRONDPOOL.

2 Vir gehoorsaamheid is Liefde bo alle Liefde, soos hierbo gemeld. Maar wat dit presies beteken, sal net geopenbaar word aan daardie aardse kinders wat gereed is om MY DIE MEESTER sonder die geringste huiwering te volg. Want EK JAHWEH, is DIE MEESTER VAN ALLE SIELE en weet nie net al te goed wat die begin en die einde van die ketting van skuld van elke siel is nie, maar weet ook alleen wat die regte oplossing is vir 'n siel om van die opgehoopte skuld ontslae te raak.

3 Buig dus onder MY HEILIGE WIL en aanvaar wat EK JAHWEH verordineer het vir 'n siel wat bereid is om MY DIE MEESTER te volg; juig inderdaad, sê EK JAHWEH, om die geleentheid te kan hê om in hierdie Genade te deel wat alreeds hier op hierdie Aarde is, in plaas van om deur so baie tussenstadiums te gaan voor MY VADERLIKE HART bereik word: Want absolute gehoorsaamheid en die gloeiendste Liefde is die sleutel tot MY VADERLIKE HART, watter sleutel alleenlik die poort van MY Hemele vir elke siel sal oopmaak!

4 Daar kan en moet nooit enige afwyking van MY verordining wees nie, anders kan julle nie deel hê aan MY GENADE nie, wat aan 'n kind geskenk word insoverre EK JAHWEH sy uiterste erns en poging kan sien om MY ALLEEN HEILIGE WIL te vervul.

5 Hou dit dus in gedagte, kinders van hierdie Aarde, want met MY DIE MEESTER sal slegs "ja" of "nee" doen, daar kan nie 'n "ja-maar", ook nie 'n "ja-miskien" wees nie, maar slegs 'n "óf dit óf die ander", want kan jy jou indink dat EK 'n NUWE JERUSALEM moet bou met twyfelagtige of onwillige aardse kinders? Sekerlik nie!

6 EK JAHWEH het kinders van MY Liefde nodig wat bereid sal wees om vir MY DIE MEESTER, deur die vuur van MY HEILIGE GEES te gaan, om dan te staan as ware pilare van MY LIEFDE, wat selfs die sterkste storm van MY Teenpool nie in staat sal wees om af te breek nie. Die hoekstene van MY NUWE JERUSALEM staan alreeds. Nou berus dit by jou of jy aan die kinders van MY Liefde wil behoort wat wil deelneem aan die bou van hierdie heerlike grenslose stad, waar wedersydse Liefde daardie Liefde is wat EK JAHWEH af na julle toe, na hierdie Aarde gestuur het.

7 Daarom is dit vir julle om te besluit, MY aardse kinders, om ware kinders van JULLE ELOHIM EN MEESTER te word, of om kinders van MY Prins van Duisternis, "Satana" te bly, wat almal van julle alreeds so styf onder haar vlerke hou, dat slegs die mees meedoënlose werk aan julle, tesame met MY GENADE, julle daaruit sal kan bevry!

8 Laat elke siel dus van dag tot dag voortgaan om 'n deeglike selfondersoek te doen met behulp van 'n dagboek wat gehou behoort te word, om jou sodoende te help om volwasse te word en om te sien hoe ver elkeen dit in homself oorkom het wat 'n gruwel voor MY HEILIGE AANGESIG is! Of kan jy moontlik glo dat traagheid, luiheid, onvriendelikheid, nuuskierigheid, verwaandheid, of neerkyk op 'n ander siel, eienskappe is van MY, eienskappe van jou ELOHIM EN MEESTER? Sekerlik nie!

9 Laat elke siel dus bekeer tot wat MY HEILIGE LIEFDE sal beveel en verordineer, want LIEFDE is die meetsnoer waarmee EK JAHWEH elke siel meet om te sien of sy ryp genoeg geword het om 'n tree hoër na MY VADERLIKE HART gelig te word! Het EK JAHWEH nie alreeds tydens MY aardse lewe as JAHSHUA DIE GESALFDE gesê dat EK die louwarm uit MY mond sal spuug nie? - en dit is vandag nog so, en dit sal altyd so bly!

10 Oorkom louheid, wat 'n kenmerk van MY Teenpool is en word werkers van MY HEILIGE GEES, om daardeur MY ware kampioene in hierdie donker wêreld te word, want MY GENADE is waarlik groot, sê EK JAHWEH, onbegryplik groot gedurende hierdie tyd op Aarde deur die terugkeer van

JULLE ELOHIM EN MEESTER

JAHSHUA DIE GESALFDE

DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA!

11 Want sonder MY GENADE, sou die vrye lewe van julle menslike ras al lankal uitgesterf het.

12 Sonder MY GENADE sou julle Aarde van die sterre gewees het sonder siele in menslike kleding.

13 Want MY LIEFDE is 'n deurlopende stroom na julle, mensekinders, maar sal alleen nie genoeg wees om julle op te wek vanuit die dofheid van julle blinde onbesonne lewens tot in die LIG VAN MY HEILIGE GEES nie.

14 Daarom moet MY GENADE die deurlopende stroom van die Liefde van MY HART SE OERGRONDPOOL aanvul en op die regte pad hou om die siele onder julle op te hef wat ontwaak het met die LIG VAN LIEFDE VAN MY HEILIGE GEES om geleidelik hul ware bestemming te herken; want die selfveroorsaakte krag van die Teenpool-magte is so sterk in elke menslike siel, selfs al het sy ontwaak tot die LIG, dat sy nie immuun is teen enige versoeking van die koninkryk van duisternis, of gewaarborg is teen die risiko van 'n insinking nie.

15 Slegs deur MY GENADE, as die nodigste addisionele geskenk van MY LIEFDE, het dit dus moontlik geword om alle lewe te verlos uit die kloue van duisternis.

16 Daarom sou alle lewende dinge sonder MY GENADE 'n prooi vir die mag van die prins van die duisternis geword het;

17 Sonder MY GENADE, sou daar geen verlossing van siele van die duisternis gewees het nie;

18 sonder MY GENADE sou geen ster van verlossing, genoem "Aarde" bestaan nie;

19 Sonder MY GENADE sou daar geen mensdom gewees het wat opgestyg het na 'n hoër vlak van volwassenheid nie;

20 Sonder MY GENADE sou die evolusionêre proses in MY skepping tot stilstand gekom het.

21 Probeer om te verstaan, as julle dit begeer, mensekinders van hierdie Aarde! EK JAHWEH sê uitdruklik "begeer om te verstaan", want die wil van 'n siel wat werklik MY GENADE wil verstaan, is op sigself die eerste swak impuls van lewe in die rigting van 'n hoër bewuswording.Waar hierdie swak impuls van die wil ookal ontbreek, heers die diepste nag steeds in die siel. Ten einde MY LIG in die diepste nag aan te skakel, word nog 'n verdere geskenk benodig deur MY LIEFDE, wat in die volgende hoofstuk uitgespel sal word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205