BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Genade van MY terugkeer

36 Die terugkeer van julle ELOHIM en MEESTER sou nie alleen plaasvind nie, maar saam met 'n hele leër van MY hoogste Hemele. Dit is die afdaling van MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE op hierdie donker Aarde as die LIGSIRKEL VAN DIE GESALFDE, DIE LIGSIRKEL VAN JULLE ELOHIM EN MEESTER, DIE SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE. EK JAHWEH kan hierdie plan op hierdie Aarde deur niemand anders implementeer as deur die EEN WIE MY ROTS van EWIGHEID TOT EWIGHEID is en WIE van MY die sleutels van die Koninkryk van die Hemele ontvang het: PETRUS, WIE tydens MY lewe op Aarde as JAHSHUA DIE GESALFDE, altyd aan MY sy geloop het saam met die EWIGE LIEFDE.

37 Hierdie eerste boek van die NUWE BYBEL is nog nie bedoel om so 'n groot geheim te openbaar nie. Wees daarom vir nou tevrede met hierdie stelling, want inderdaad, sê EK JAHWEH, wat reeds aan julle geopenbaar is, is te groot om ten volle te begryp, maar dit moes gesê word, sodat die verlossende proses vir die hele mensdom en die selfs groter daad van skepping wat daarop sal volg, aan die gang kon kom.

38 Wie ookal die kern van alles begin te verstaan, behoort ook te besef dat diegene wat gereed is om aan MY Heilige Arm te stap in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, deeglik getoets sal moet word vir hul gehoorsaamheid teenoor MY DIE MEESTER, wat alleen sal waarborg dat MY HEILIGE WIL vervul sal word en dat hierdie DAAD VAN GENADE EN REDDING ten volle bereik sal kan word vir die hele mensdom, sodat daar weer LIG op Aarde kan wees en dat hierdie ster se nuwe skeppingstydperk kan begin met Die NUWE JERUSALEM.

39 Daarom kon MY WEDERKOMS na die Aarde nie voortgaan met 'n skielike fllitsende openbare verskyning van MYSELF in MY moeder van weleer MIRIAM nie. 'n Verreikende verlossende daad moes voorafgegaan word in die menslike gewaad van MY Moeder Van Weleer, WIE op die oog af met enige gewone ma ooreenkom, 'n daad waaroor die meeste van julle aardse kinders nie die vaagste benul het nie, tesame met 'n onderrig- en `n proeftydperk vir die menslike siele wat - terwyl hulle van die mees verskillende Hemele en intermediêre fases van die onsigbare koninkryk van siele tussen Hemele en Aarde kom - vir die kern van MY LIGSIRKEL op Aarde en die NUWE JERUSALEM aangewys is.

40 En hierdie proses, wat nog nie voltooi is nie, is beide 'n VERLOSSINGSDAAD en 'n verlossingSdrama vir MY in MY HART SE OERGRONDPOOL van Ewige Liefde, vandaar dat MY MOEDER van weleer, MIRIAM in hierdie tyd van verlossing op Aarde die VERLOSSINGSMOEDER vir alle aardse kinders is.

41 'n Buitengewone GENADE is dus uitgestort op al die ware gekose siele wat, sonder uitsondering, deur verskeie rypwordingsfases en aardse lewens gegaan het tot die huidige een en wat selfs nou, in hul menslike gewaad, belaai is met skuld en verlossingswerklaste, aangesien hulle regstreekse opleiding en leiding ontvang deur MY HEILIGE ARM in MY moeder van weleer, MIRIAM ten einde hulle te bewys as ware dissipels en kampioene van Liefde vir die NUWE JERUSALEM in die beslissende oomblik van MY wêreldwye openbare verskyning onder hierdie blinde mensdom in MY HART SE OERGRONDPOOL van Ewige Liefde, vir sover hulle hierdie GENADE in al haar grootheid kan verstaan.

42 En MY GENADE dek 'n omvattende verskeidenheid van genadegawes vir die hele mensdom.

43 Hierdie NUWE BYBEL behels ook om dié van oor die hele wêreld bymekaar te maak wat in hierdie tyd van Genade op Aarde van MY Hemele af kom, dit wil sê, van MY koninkryk van EWIGE LIEFDE, en van verskeie ander vlakke van geestelike volwassenheid in 'n menslike gewaad om die LIGSIRKEL van Hemele en Aarde vir die redding van die menslike ras te vorm.

44 Nie 'n gees van MY Hemele nie, nóg 'n siel uit die intermediêre sfere, wat vergestalt is in 'n menslike gewaad gemaak van die growwe materiaal van die gevalle gees, weet enigiets van sy vorige lewe nie, en slegs MY genadige openbaring deur MY MOEDER VAN weleer, kan aan die gekose kind bekendmaak waarvandaan hy gekom het en watter foute, tekortkominge en swakhede in die huidige aardse gewaad weggegooi moet word, oorkom moet word of onderwerp moet word in die lig van toekomstige take, ten einde MY HEILIGE WIL vir die redding van die mensdom te vervul.

45 Aan die ander kant, ignoreer die mensdom grootliks hoe sy redding vanuit blindheid en duisternis voorberei word deur MY GENADE, volgens MY HEILIGE WOORD van weleer, deur te sê dat die weë van die mense nie MY weë is nie.

46 Verskriklik inderdaad, hartverskeurend verskriklik sal die ontwaking dan wees, wanneer die algemene mensdom sal besef hoe verkeerd die weg is wat hulle gevolg het en wat se sonde aanhoudend gepleeg is deur hulle doof te hou vir MY heilige woorde van Liefde EN vermaning, want die Aarde is tot nou toe gespaar van die ontbering van sulke swaarkry wat die kinders van die mensdom van die huidige tyd geneig is om voort te bring in hul blindheid en dwaasheid, deur die mag van hulle vrye wilskrag.

47 Tog sal MY ligsirkel van Hemele en Aarde, soos eens die ark van Noag, met die innigste Genade gereed wees om diegene te aanvaar wat hul foute erken het en goeie wil sal toon, nadat hulle hul doof gehou het vir MY heilige stem om hulle na die NUWE JERUSALEM te lei.

48 EK JAHWEH verhef weereens MY HEILIGE Stem en sê:

49 Laat staan julle verkeerde weë, MY kinders van hierdie Aarde, waar en wie jy ookal is! Al julle weë sal lei tot die mees vreesaanjaende afgrond van die hel, sê EK JAHWEH! As julle dit nie wil herken nie, nie eers op sterkte van hierdie NUWE BYBEL nie, sal julle dit op die harde manier moet leer, en EK JAHWEH sê vir julle: Hierdie harde manier sal vir jou liggaam en siel die ellendigste gevolge met "'n geween en gekners van tande" beteken, wat jou eie maaksel sal wees, nie Myne nie!

50 MY genadige reddende arm is uitgestrek na jou met hierdie NUWE BYBEL deur MY GENADE en deur MY uitstorting van LIEFDE, deur MY WEDERKOMS na die Aarde, en wil nie net almal red wat hierdie heilige woorde hoor nie, maar om hom hoër en hoër te lei tot die absolute geluksaligheid in MY koninkryk van volmaaktheid.

51 EK JAHWEH, het reeds gesê dat MY GENADE 'n wye verskeidenheid van genadegawes vir al MY aardse kinders dek en veral vir diegene wat bereid is om hul menslike swakhede met al hul foute, tekortkominge en swakhede af te skud en om MY heilige wil te volg op MY weë van volmaaktheid.

52 In hierdie verband sal hierdie hele multivolume NUWE BYBEL wemel van verwysings na MY eindelose gawes van Genade en elkeen kan vir hom daaruit aflei en aanvaar, wat sy ware welstand, redding en opgang ookal sal dien.

53 Een ding sal egter uit die staanspoor duidelik wees, naamlik dat elke aardse kind wat verlang om volmaak en 'n ware beeld van Myself te word, gelei sal word aan die heilige arm van MY hART SE OERGRONDPOOL van EWIGE LIEFDE op so 'n wyse, dat ná Hy sy erns bewys het, EK sy weë sal gelykmaak, waardeur in die meeste gevalle die las van skuld wat op hierdie Aarde gebring is, geleidelik sal verminder en op die ou end heeltemal opgelos sal word deur MY GENADE, vir sover die gewillige aardse kind nie sal wankel of struikel in die vervulling van MY heilige wil nie, dus in alle opsigte gehoorsaam aan wat EK DIE MEESTER van alle siele, hom gelas om as die enigste regte ding te doen. So sal die weë van MY vomaaktheid geleidelik die weë van MY gehoorsame kinders word, en hulle lewens sal begin floreer deur  

 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205