BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

- Hoofstuk 4 -

Die Sleutel tot die werklike begrip van die Hemelse Waarhede

DIE BARMHARTIGHEID

VAN JOU

ELOHIM EN SKEPPER

VAN HEMELE EN DIE AARDE

EN

SY OFFER

1 MY Barmhartigheid is die grootste Genade wat EK DIE MEESTER, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, kan verleen aan 'n aardse kind wat bereid is om MY in absolute gehoorsaamheid te volg in MY HART SE OERGRONDPOOL MIRIAM gedurende hierdie huidige tyd op Aarde. Want wat sou julle op hierdie ster "Aarde" gewees het, MY kinders, sonder MY barmhartigheid? - EK JAHWEH sê: Die mees skuldigste wesens, gebonde aan geestelike dood, sonder enige hoop op verlossing!

2 Maar EK, die EWIGE HEMELSE VADER, sal nie toelaat dat enige van MY kinders uiterste ondergang ten prooi sal val nie. Herken daarin die groot Barmhartigheid van julle ELOHIM en Skepper, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, wat nie net Homself geoffer het aan die kruis van Golgota vir julle skuld en julle sondes nie, maar Homself weereens offer om die las van julle sondes op hom te neem wat aanhou uitroep na die Hemele in HAAR WIE nie net MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM is nie, maar ook julle MOEDER VAN VERLOSSING, wat beteken dat SY deur HAAR OPOFFERENDE LYDING julle skuld dra en verlos.

3 Maar die ware betekenis hiervan sal slegs aan 'n aardse kind geopenbaar word wanneer hy sy hart tot suiwer LIEFDE verander het, niks anders as die mees brandende, barmhartige JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE nie.

4 Hieruit is die sleutel in julle hande om die deur oop te maak vir 'n ware begrip van die hemelse waarhede, wat nie net 'n werklikheid word vir elke aardse kind wat gereed is om vir MY DIE MEESTER, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, IN MY HART SE OERGRONDPOOL MIRIAM bo alles lief te wees en sy naaste soos homself nie, maar ook om hom na MY Hemele te bring.

5 Moet nie aanstoot neem van mekaar nie, maar verdra mekaar eerder in LIEFDE, wat hoort en moet groei binne 'n hart wat reeds werklik vir MY lief is en in alle harte wat gereed is om MY lief te hê!

6 Hierdie LIEFDE is die grootste krag op Aarde en sal julle beskerm teen die onvermydelike: Die OORDEEL.

7 Meer nog, het EK JAHWEH nie reeds tydens MY aardse lewe gesê dat om ELOHIM lief te hê bo alles en jou naaste soos jouself, die hoogste gebod is nie?

8 Daaruit volg dit dadelik dat almal jou naaste is en jy weet nie wanneer en hoe EK DIE MEESTER jou Liefde en jou geduld sal toets nie; want die oorwinnaar alleen sal die kroon dra!

9 Want dit is nie per toeval dat EK JAHWEH teruggekeer het na hierdie Aarde in MY BARMHARTIGHEID en MY BRANDENDSTE LIEFDE vir julle nie. Verwerp dit nie, sodat vir elke siel oopgemaak kan word:

DIE POORTE VAN DIE HEMELE want LIEFDE moet in elke hart triomfeer!

10 Word daarom:

LIEFDE

die brandendste, genadigste

JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE

net soos EK die MEESTER daardie LIEFDE is

in MY MOEDER VAN WELEER, MIRIAM

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205