BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

GOLGOTA-OFFER EN OPSTANDING, die hoogtepunt van MY Barmhartigheid / Ontbinding van die oersonde van alle mensekinders / Die Nuwe Tempel deur die Offer van Verlossing van EWIGE LIEFDE

26 Die derde en hoogste stadium, die HOOGTEPUNT VAN MY BARMHARTIGHEID in die menslike gewaad van MESSIAS EN VERLOSSER, JAHSHUA DIE GESALFDE, moes die bereiking van MY Barmhartigheid wees vir die hele menslike ras. Nie net omdat die gevallenes vrygekoop en verlos is deur MY KRUISIGING van die ou en die oorspronklike skuld van die Val nie, maar omdat die HEILIGE GEES VAN DIE WAARHEID MY aardse kinders keer op keer herinner om MY KONINKRYK VAN EWIGE LEWE EN LIEFDE te herken, sodat die hunkering na die EWIGE KONINKRYK VAN MY HEMELE, te midde van die heersende foute op Aarde, oorweldigend sal word wanneer die duisternis onder die mense steeds groter sal word.

27 Dus deur middel van hierdie derde fase van MY BARMHARTIGHEID, moes MY LIEFDE al die harte en sintuie vul van MY aardse kinders, tot in die verste tye op Aarde, waardeur gewaarborg word dat MY ONDERRIG VAN EWIGE LIEFDE, na MY aardse lewe in JAHSHUA DIE GESALFDE, nooit in die vergetelheid sal raak nie, en dat die KRAG VAN MY HEILIGE GEES weer en weer sal opvlam as 'n ligbaken gedurende die donkerste tye op Aarde.

28 Aan die Kruis op Golgota, het die vloei van MY HEILIGE JAHSHUA-BLOED- wat met MY vleeswording deur die suiwer onskuld van MY HART SE OERGRONDPOOL MIRIAM, al die skuld van die gevalle geeste uit die Hemele opgeneem, en wat gesuiwer was deur MY aardse lewe,- gestort op die grond van julle verlossende ster en sodoende julle oersonde opgelos. Dus is hierdie laaste en hoogste toestand van Barmhartigheid bereik en kon EK DIE MEESTER met die woorde "Dit is volbring!" MY aardse reddende JAHSHUA-LIGGAAM verlaat in die KRAG VAN MY HEILIGE GEES WIE Ewige mag oor lewe en dood het en WIE, in hierdie finale stadium van MY BARMHARTIGHEID vir die mensdom, werklik as die KRAG VAN EWIGE LEWE verskyn.

29 Op daardie tydstip was dit dus moontlik vir MY JAHSHUA-LIGGAAM om op te staan sonder skuld, heeltemal suiwer in MY HEILIGE GEES, dadelik met MY GEES, en dit saam te neem as 'n suiwer houer na MY Hemele; tog het die feit dat EK DIE MEESTER MY aardse liggaam nie voor die derde dag na die kruisiging na MY geroep het om uit die dood op te staan in die GLORIE VAN MY HEILIGE GEES nie, om sodoende terug te keer na MY KONINKRYK VAN DIE EWIGE LEWE na MY inkarnasie en die grootste offer van die EWIGE LIEFDE, het die belofte vervul dat EK DIE MEESTER 'n nuwe tempel in drie dae sou oprig nadat die ou een afgebreek is!

30 Die ou tempel is afgebreek deur die feit dat die oersonde van MY kinders verlos is en die bondgenootskap tussen MY en MY volk Israel, wat geweier het om MY te herken, opgehou het om te bestaan.

31 DIE NUWE TEMPEL is opgerig deur die VERLOSSENDE OFFER VAN EWIGE LIEFDE deur MY DIE MEESTER VAN EWIGE LIEFDE, en almal kan dit deur suiwer Liefde betree, sowel as hy wat in sy eie hart die TEMPEL VAN DIE HEILIGE GEES opgerig het!

32 Dit was werklik onbelangrik of die werklike mure van die ou tempel in Jerusalem wel ineengestort het, want dit was in elk geval net 'n kwessie van tyd en sou kort daarna deur MY HEILIGE WIL plaasvind, net soos wat die bondgenootskap tussen MY DIE MEESTER en MY ongehoorsame en onwillige volk van Israel, ontbind moes word met die verspreiding van hierdie ongelowiges onder al die nasies van hierdie Aarde.

33 DIE NUWE TEMPEL is deur die OFFER VAN LIEFDE verhoog en nooit sou 'n ander tempel soos die ou een weer op Aarde gebou word nie! Maar in hulle nog onverfynde liefde, het die mensdom nie net een nie, maar ontelbare tempels volgens die styl van die ou een opgerig, dit witgekalk van binne en buite in MY HEILIGE NAAM "JAHSHUA" en MY HEILIGE ONDERRIG VAN LIEFDE in nuwe vorms van rigiede godsdienstige beperkings gegiet, en blindelings heeltemal die teenoorgestelde van MY HEILIGE WIL gedoen waarvoor EK, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, doodgebloei is aan die Kruis.

34 Dit het dus onvermydelik geword dat deur MY HEILIGE WIL, MY WARE TEMPEL weer op Aarde verhoog sou word en die ware GEES VAN GOLGOTA en van MY EWIGE LIEFDE, opnuut bekendgemaak en vervul sou word.

35 EK het tot dusver verskeie periodes van blinde menslike geskiedenis laat verloop, sodat alle mense op hierdie Aarde kan besef wat gebeur wanneer MY HEILIGE WIL nie tot in die fynste besonderhede gevolg word nie. Gevolglik moet die mensdom die beker van sy wandade dreineer tot op die droesem, aangesien dit die enigste manier is om hul tot hul sinne te bring!

36 MY HEILIGE OFFER VAN GOLGOTA was onvoldoende om MY aardse kinders te lei - wie oor die algemeen vandag dieselfde is as destyds - op die gereinigde ware HEILIGE WEG VAN LIEFDE. En MY EWIGE LIEFDE ken geen beperking nie, soos wat EK DIE MEESTER reeds gesê het!

37 En EK DIE MEESTER het in MY BARMHARTIGHEID neergebuig deur toe te laat dat die HEILIGE VERLOSSINGSOFFER VAN GOLGOTA opgevolg word deur 'n verdere OFFER VAN MY BARMHARTIGHEID, wat EK DIE MEESTER reeds tydens MY aardse lewe in JAHSHUA DIE GESALFDE beloof het, toe EK vooruit gesien en die groot traagheid en liefdeloosheid van die mens oor die hoof gesien het, naamlik,MY WEDERKOMS na hierdie Aarde.

38 Hierdie NUWE BYBEL VAN MY BARMHARTIGHEID is nie net 'n HEILIGE GETUIENIS van MY direkte en op die man af gesprek met julle, mensekinders van hierdie Aarde, in MY HEILIGE WOORD vir julle verlossing nie, maar ook van wat reeds 'n lewende werklikheid is: DIE WEDERKOMS VAN JULLE ELOHIM EN MEESTER, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, volgens die oeroue belofte.

39 In die eerste hoofstukke van hierdie NUWE BYBEL het julle die basiese vermenigvuldigingstafel gesien wat enigiemand wat begerig is om die HEILIGE POORT VAN DIE HEMELE in te gaan, WAT EK DIE MEESTER op hierdie Aarde van verlossing in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE geplaas het, as 'n beginsel moet bemagtig; en julle sal in die volgende gedeelte die hoër vermenigvuldigingstafel van EWIGE LIEFDE vind wat ten volle bemeester moet word vir julle redding. Luister dus nou!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205