BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Hoofstuk 5 -

ELOHIM DIE MEESTER deur die KONINGIN VAN DIE HEMELE oor die Heiligheid van die Huwelik

WARE HUWELIK SOOS WAT DIT GEHEILIG IS VOOR MY

ELOHIM DIE MEESTER

1 Het EK DIE MEESTER, nie al tydens MY lewe in JAHSHUA DIE GESALFDE gesê dat julle een liggaam behoort te wees nie, julle wat volgens die wet trou? Hoe lyk dit egter in werklikheid? Nooit, sê EK DIE MEESTER sal 'n huwelik geregverdig wees voor MY, as dit nie gesluit was terwyl MY seëning afgesmeek is nie, en as die gemeenskaplike lewe saam nie `n aanvang geneem het met die ferme besluit om 'n LEWE VAN LIEFDE te lei volgens MY grootste en sterkste gebod nie: Wees vir MY lief bo alles en jou naaste soos jouself!

2 Maar hoe ver weg was jy eintlik al die tyd? Nie net dat jy nie jou maat in die LIEFDE dra nie, maar nog erger, jy verslaaf jou gade en reduseer 'n vrou tot 'n objek van jou wellustige begeertes, sonder om in die minste om te gee oor die feit dat jy daardeur `n baie groot fout begaan!

3 Want EK DIE MEESTER, het mense die seksuele instink gegee sodat hulle volgens MY HEILIGE WIL kan vermeerder, smekend vir MY Seën, in plaas van om hierdie impuls in die riool van sonde te vermors! Want nooit kan enige huwelik geregverdig wees voor MY, indien dit gesluit word vir die uitsluitlike doel van selfbevrediging nie; Inderdaad nooit, sê EK DIE MEESTER!

4 Want heilig is julle semen/saad, manlike siele, en dit behoort slegs in 'n houer geplaas te word wat bereid is om voor MY DIE MEESTER te kniel, in MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM, en om te bid vir MY HEILIGE SEЁN, sodat julle eenheid in ware suiwer Liefde geseën kan word; want slegs dan kan julle ware kinders van JULLE ELOHIM EN MEESTER wees, wat gereed is om alle sataniese eienskappe wat hierdie daad mag hê, te verlos en te heilig.

5 Daarom is dit MY HEILIGE WIL dat niemand meer in hierdie opsig sal struikel nie, maar dat die ware huwelik op Aarde opgerig sal word soos wat dit behoort te wees, naamlik vir die redding van alles wat geval het; want in geen geval kan Goddelike GENADE funksioneer so lank as wat die kosbaarste ding op Aarde verkwis word nie.

6 Want EK DIE MEESTER sê: Aaklig is die lot van die verontreinigde, deur die wellus van dié wat laer gesink het as diere, wat slegs paar volgens die orde wat EK DIE MEESTER in hulle geplaas het.

7 Ruk julleself dus reg, manlike siele wat gesondig het, en herstel wat julle verloor het deur middel van 'n nuwe LEWE VAN LIEFDE in MY HEILIGE ORDE!

8. Aan julle vroulike siele sê EK DIE MEESTER: Pasop om 'n manlike siel te verlei en te verlok om hom te laat volhard in wat 'n gruwel voor MY HEILIGE AANGESIG is, want die daaropvolgende loon sal verskriklik wees. Want het EK DIE MEESTER nie dikwels gesê dat slegs 'n LEWE VAN LIEFDE julle in MY HEMELE kan bring nie?

9 Wees dus lief vir mekaar, man en vrou, terwyl julle altyd vir MY seën vra, sodat julle hele wese geseën kan word, en julle huwelik geheilig word deur

MY

DIE SKEPPER VAN ALLE DINGE

JAHSHUA DIE GESALFDE

DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA

JULLE HEMELSE VADER

JAHSHUA

10 Ten einde hierdie doel te bereik, luister nou na die volgende:

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205