BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

OORSPRONG EN BETEKENIS VAN DIE HUWELIK

11 MY HEILIGE GEES VAN EWIGE VOLMAAKTHEID, WIE alles geskep het, alles besiel en onderhou, en WIE aanhou skep in die oneindigheid van MY EIE SELF van ewigheid tot ewigheid, is nie tevrede met hierdie permanente skeppingsvermoë tot in die oneindigheid nie; MY HEILIGE GEES wil woon in 'n mees luisterryke woning, wat 'n volmaakte woning beteken deur MY HEILIGE GEES.

12 Binne-in julle, o mensekinders, kinders van MY EIE SELF, wil EK ELOHIM DIE MEESTER woning maak. Hierdie woning binne-in julle behoort uiters pragtig en luisterryk te wees! Dit moet die glans van alle glansrykheid wees! Trouens, kinders van MY Liefde, vir hierdie doel het EK JULLE ELOHIM EN SKEPPER alles wat nodig is in julle geplaas, sodat julle MY woning pragtig kan voorberei binne-in julleself! Hiervoor het EK talle boustene van MY HEILIGE GEES VAN VOLMAAKTHEID in julle geplaas.

13 Maak dit jou nie gelukkig om te verneem dat EK DIE MEESTER dit gedoen het nie? Moet EK nog steeds vra of jy bereid is om 'n woning voor te berei en te werk in jouself vir MY? Waarom huiwer jy om dit te doen? Glo jy MY nie?

14 As julle nie bereid is om MY JULLE SKEPPER te glo nie, sê EK vir julle: Gaan weg van MY en glo in die Prins van die Duisternis wat julle met illusies vir die gek hou tot aan die einde van julle aardse lewe om sy hel op Aarde in stand te hou; tog, na hierdie aardse lewe sal julle moet besef dat julle op die verkeerde pad was. MY BARMHARTIGHEID vir julle blindheid kan dan niks anders vir jou doen nie, maar om jou `n ander lewe op hierdie aarde te gee om jou oë te open.

15 Maar vir julle, MY kinders, wat glo in MY HEILIGE WOORD of begin glo, gaan EK nou alles openbaar wat julle in staat behoort te stel om nie net 'n pragtige woning vir MY te word nie, maar:

'N TEMPEL VIR MY HEILIGE GEES

16 Let op, MY geliefde kinders, wie met MY wil wandel op die HEILIGE WEE VAN JULLE ELOHIM EN HEMELSE VADER VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID, dat aan die begin van hierdie BARMHARTIGE SKEPPING OP AARDE EK dit opgestel het wat julle in staat stel om binne 'n enkele aardse lewe 'n tempel vir MY HEILIGE GEES op te bou:

DIE HUWELIK

17 Soos wat julle reeds uit hierdie NUWE BYBEL geleer het, het almal van julle in MY KONINKRYK VAN DIE HEILIGE GEES julle eie volmaakte aktiwiteitsfeer gehad, wat die vroeëre HEMELSE HUWELIK genoem kan word. In MY LIEFDE vir julle het EK alles maklik, baie maklik gemaak vir julle, sodat julle deur julle heilige vrye wil, vanuit MY GEES 'n EWIGEDURENDE TEMPEL VAN MY HEILIGE GEES kon bou; want in MY Hemele het al die boustene van MY HEILIGE GEES ontbloot gelê, sigbaar vir julle geestelike oë. Julle het begin om julle TEMPEL VAN DIE HEILIGE GEES te bou en 'n hele paar van julle was naby aan voltooiing, maar in plaas daarvan om na MY HEILIGE STEM te luister, het julle geluister na wat besig was om die egoïstiese stem van MY eersgeskape gees Satana te word, wat julle haar hemele belowe het, sonder enige gehoorsaamheid aan MY.

18 EK, JAHWEH het in julle harte weerklink en MY eerste geskape gees in die uiterste vryheid laat doen wat sy graag wou, en julle was ook vry om te doen wat julle ookal behaag het; want die vryheid van elke geskape Gees kom voort vanuit MY, DIE EWIGE VOLMAAKTE EEN; hierdie vrye wil van julle is heilig vir MY en EK sal nooit inbreuk maak daarop nie! Hoe kan 'n hemele ooit volmaak en skitterend wees met net die geringste inbreuk op 'n skepsel se vryheid?

19 So het EK DIE MEESTER toegelaat dat julle absolute vryheid in al julle weë het, gekyk en waargeneem wat julle met hierdie kosbare geskenk van JULLE ELOHIM EN SKEPPER gedoen het; al wat EK gedoen het, was om julle te vermaan, in die sagte onopvallende manier van MY EWIGE SUIWER EN HEMELSE LIEFDE, om nie MY HEILIGE WEЁ te verlaat nie.

20 Of moes EK DIE EWIGE LIEFDE eerder die kinders van MY HEILIGE GEES vermaan het met 'n donderende stem, sodat hulle baat kon vind by al MY majesteit? In so 'n geval sou EK SELF die EWIGE HEILIGE FUNDAMENTELE WET VAN LIEFDE verontagsaam het, as EK DIE MEESTER 'n sterk indruk in MY Hemele wou maak. MY LIEFDE, van oorsprong uit MY EWIGE HART SE OERGRONDPOOL, is waarlik WARE LIEFDE; in MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE bly dit vir ewig ware, suiwerste, heiligste LIEFDE.

21 Julle kan 'n asemtog van hierdie vir ewig suiwer, teer en heilige LIEFDE herken in die oneindige vorme van die Natuur rondom julle; tog kan julle dit die beste herken in die suiwer opregte ervaring van LIEFDE.

22 Daarom moet julle dus weet dat ware LIEFDE nooit met krag en geweld verbind kan word nie; nooit, sê EK DIE MEESTER, selfs nie eers met 'n spoortjie daarvan nie.

23 Hierdie delikate skakerings van die suiwerste LIEFDE van MY HEMELE word rugbaar in die subtiele skakerings van sonop en sononder op julle Aarde, in die wonderlike verskeidenheid van blomme wat op julle ster van verlossing groei en in die eindelose melodieuse vibrasies van al die siele wat sug na redding in beide julle menslike- en dierewêreld, maar ook in die plant- en minerale koninkryke, sonder dat julle daarvan bewus word; tog suiwerste, teerste HEMELSE LIEFDE word baie sterk en heilig weerspieël in die oë van 'n menslike siel wat gevul is met MY HEILIGE GEES en uiteindelik ook in die ligte oomblikke wanneer MY HEILIGE GEES die siele verlig van twee mense wat mekaar liefhet met 'n ware hemelse gloed, om sodoende 'n aanduiding te gee van wat die hiernamaals waarskynlik gaan wees.

24 Sulke fyn skakerings van suiwer LIEFDE gee maar 'n geringe idee van MY HEMELE, wat selde lank duur, aangesien die gevalle gees van MY Hemele, beliggaam in verharde materie, sy tol eis van elke siel, solank as wat hierdie siel nie geheel en al in MY HEILIGE GEES wedergebore is en daardeur vir tyd en ewigheid verlos is van sy onderdanigheid aan die wêreld van materie nie.

25 Vra julleself nou af, kinders van MY Liefde, julle wat wegkwyn in die slawerny van materie, hoe dit kon gebeur het dat julle die wêreld van suiwer gees in MY HEMELE verlaat het, waar julle nie net deur verganklike dinge van suiwer Liefde omring was, en van tyd tot tyd daarmee gevul was nie, maar boonop met die EWIGDURENDE EWIGE LIEFDE VAN VOLMAAKTHEID!

26 Kan julle dit begryp, MY aardse kinders? Kan julle verduidelik hoe julle so blind in MY HEMELE kon word, deur julle rug te draai op die KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE EN VOLMAAKTHEID? Is julle nie verward deur die feit dat julle MY HEMELE vir die hel op Aarde verruil het nie? Wat is die rede, die ware rede daarvoor? Julle sal in staat wees om die antwoord vir julleself te ontdek, maar slegs wanneer julle weer suiwer LIEFDE geword het; tog is dit slegs moontlik deur geheel en al in MY HEILIGE GEES wedergebore te word. Dit is waarom EK DIE MEESTER julle moet kom help om te verstaan.

27 Daarom, luister!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205